Mieder se gedigte

Mieder se gedigte Inspirerende gedigte tot eer van God

10/06/2026

Here, hoe groot is U liefde, vir die mensdom, nog steeds vandag
---
Here, hoe groot is U liefde, vir die mensdom, nog steeds vandag,
U vul steeds, ons harte, met U wonderbare krag,
U gee wysheid, vir hul wat dit van U vra,
Here my God, U is die Een, wat ons dag vir dag, deurdra.
---
Here, U bring ook rustigheid, in ons harte,
U neem weg, al ons pyne en smarte.
U gee vir ons weer, nuwe hoop,
Here, U wil ons, met U Heilige Gees, doop.
---
Here, wie kan sonder U, in die lewe voortbestaan,
U gee genesing, vir ons liggaam en gees, om aan te gaan.
U was ons harte en siele, in die bloed van die Lam,
Here, U is steeds, die Leeu, van die Juda-stam.
---
Here Jesus, U het alreeds, vir ons die dood oorwin,
U gee steeds, geleentheid, om oor te begin.
U het alreeds, al ons sonde vergewe,
Here my God, U skenk vir ons, die ewige lewe.
---
Here, gebruik ons, om U lig, in die duister wêreld, te laat skyn,
U gee aan ons, die outoriteit, U laat die duisternis verdwyn.
U werk deur ons, U moed en krag,
Here, U engele, hou oor U kinders wag.
---
In die Heilige naam, van Jesus.
---
Amen
--
©
Mieder Palm
26/4/2022

09/06/2026

Op U, my Here en my God, sal ek wag
---
Op U, my Here en my God, sal ek wag,
vir die wysheid en insig, vir vandag.
Here, ek is afhanklik, van U leiding,
ek het U, Gees van God, nodig vir my bevryding.
---
Here, sonder U, staan ek alleen,
dankie Vader, dat U my elke dag, kom ondersteun.
Here, maak my vrymoedig, om vir U te werk,
dankie dat U, my deur U Gees, kom versterk.
---
Here, laat die lig van wysheid, ook nou deur my skyn,
sodat die duisternis, van onsekerheid, ook sal verdwyn.
Here, gebruik my tot U eer,
sodat ek, waar ek gaan, saam met ander, U naam vereer.
---
Ek neem elke gedagte, gevange tot U eer
en plaas dit, onder U beheer.
Here, laat my tong, U lof besing,
net aan U alleen, die lof en ere bring.
---
In die Almagtige naam, van Jesus.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
25/4/2022

09/06/2026

O Heer, my God, Almagtige Vader
---
O Heer, my God, Almagtige Vader,
wat ‘n voorreg het ons, om tot U te nader.
Jesus, dankie dat ons weet, U het ook vir ons, gesterf
en ons gered, uit die kloue van die verderf.
---
Here, gee ons die moed, om vir U Naam, op te staan,
gee ons die oortuiging, van ons harte, om die bose magte, tee te gaan.
Maak ons diensbaar, vir U Heilige werk,
maak ons harte, deur die inwoning, van U Heilige Gees, sterk.
---
Here, daar is nie meer tyd, om terug te staan
en die bose magte, toe te laat, om voort te gaan.
Here, ek weet die Geestelike stryd, is onvermydelik,
ons leef op hierdie aarde, maar net tydelik.
---
Here, ek pleit die bloed van Jesus, vir ons beskerming,
dat U, ons families en vriende, sal bedek in U ontferming.
Here, U het alreeds deur Jesus, vir ons oorwinning behaal,
U het alreeds, vir ons die weg bepaal.
---
Here, hier is ek, ek is bereid,
om op te staan, vir U Naam, in die komende stryd.
Om die Geestelike wapens, op te neem, onder U leiding,
in die Geestelike stryd, vir U kinders se bevryding.
---
Here, dankie vir die voorreg, wat ek het,
om met U, te kommunikeer, in my gebed.
Here, U is my toevlug, in my nood,
U voorsien elke dag, my daaglikse brood.
---
In die wonderlike naam van Jesus
---
Amen
---
©
Mieder Palm
24/4/2022

08/06/2026

Here, vandag wil ek net vir U, kom dankie sê
---
Here, vandag wil ek net vir U, kom dankie sê,
vir al U liefde, wat U in my lewe kom belê.
Here baie dankie, dat ek mag lewe
en na U volmaakte liefde, mag strewe.
---
Here baie dankie, dat ek mag sien,
alles waarmee U my seën, wat ek glad nie eers verdien.
Here dankie, dat ek ore het om te hoor,
daar is so baie mense, wat dit verloor.
---
Here dankie, dat ek ‘n neus het om te ruik,
soveel mense, kan nie meer hulle neuse gebruik.
Here dankie, vir my mond, waarmee ek kan proe en praat,
‘n verstand en ore, om te luister na U goeie raad.
---
Here, dankie dat ek U aanraking, mag voel,
as U Heilige Gees, oor my lewe spoel.
Here, leer my om al my sintuie, so te gebruik,
dat ek met al my sintuie, tot U eer, ander mag bereik.
---
Here, dankie dat ek mag opstaan, elke dag
en in nederige eerbied, op U seëninge wag.
Here, dankie vir U tyd, wat U aan my spandeer,
Dankie vir die wysheid, wat U vir my aanleer.
---
Here, gebruik my, in U Koninkryk vandag,
laat U Gees, deur my werk met krag.
Sodat ander, U eer mag bring
en U groot ontferming, mag besing.
---
In die kosbare naam, van Jesus
---
Amen
---
©
Mieder Palm
23/4/2022

08/06/2026

Here, maak my vandag, rustig in my hart
---
Here, maak my vandag, rustig in my hart,
maak my teëstanders, asseblief verward.
Dankie Vader, dat U vir my voorsien,
ver bo, wat ek verwag, of mag verdien.
---
Here, gee my wysheid, sodat ek mag verstaan,
wat in hierdie bose wêreld, om my aangaan.
Dankie Here, dat ek voor U, mag neerbuig
en van U liefde, elke dag mag getuig.
---
Here, dankie dat ek, op U alleen mag vertrou,
dat ek my geloof, in U liefde mag behou.
Jesus, dankie vir U bloed, vir my gestort.
vir U vergifnis en beskerming, wat my omgord.
---
Here, trek U, ‘n laer van Engele, om ons saam,
sodat die aanvallers, van die bose, hulle sal beskaam.
Dankie vir U genade, ook vir my,
waardeur ons, oorwinning oor die bose, mag verkry.
---
Here, open ons geestelike oë, sodat ons kan sien,
hoe U, in U groot liefde, vir ons voorsien.
Here, ons wil U lof, vandag besing,
Ons wil vir U, al die lof en die eer, ook bring.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
22/4/2022

07/06/2026

Hou op, om ander te blameer
---
Hou op, om ander te blameer,
vir al jou pyn en jou hartseer.
Begin vandag, jouself te ondersoek
en hou nie, van ander se foute boek.
---
Dan sal jy, werklikwaar besef,
jy is nie, bo ander ooit verhef.
Elkeen is verantwoordelik, vir sy eie pad,
die pad wat jy, in die lewe nou ook vat.
---
Hou op, om ander te verwyt,
vir jou eie haat en nyt.
Kry dan nou, rigting in jou lewe
en begin, om na beter dinge, in die lewe te strewe.
---
Jy o mens, is verantwoordelik, vir jou eie besluite,
niemand wil luister, na al jou verwyte.
Vergewe jouself, waar jy oortree,
vra vir God, om jou te help daarmee.
---
Laat die Here toe, om jou te lei
en jou van jou gevangenskap, te bevry.
Te lank het jy, van ander alles verwag,
kom en doen, jou eie werk, vir ‘n slag.
---
Vra die Vader, om jou te leer,
om jou humeur, te beheer.
Jy maak almal, om jou ongelukkig,
want jy is altyd, baie op rukkerig.
---
Amen
----
©
Mieder Palm
21/4/2022

06/06/2026

Het jy al vandag, met jou God gepraat
---
Het jy al vandag, met jou God gepraat,
het jy al, vir die Meester gevra, vir Sy wyse raad.
Besef jy, dat die Here jou vandag, wil seën,
dat Hy, Sy Gees op jou wil laat reën.
---
Wil jy nie vandag, jou hart vir Jesus oopmaak,
wil jy nie vandag, jou saak met Jesus regmaak.
Die Here wil jou, in Sy groot liefde nader trek,
Hy weet, van al jou pyn en jou gebrek.
---
Kom en buig nou, voor Sy aangesig,
kom en smeek, dat die Vader, jou voete rig.
Om al die eer, aan Hom, op te dra
en die Leiding, van die ewige Koning, te kom vra.
---
Bely jou sonde, in hierdie dag,
bely jou oortredinge, moet nie langer wag.
Wie weet, wat more gaan gebeur,
wil jy jou nie, aan God se waarskuwings, nou begin steur.
---
Die Meester roep jou, tot verantwoordelikheid,
die Here roep jou op, vir die groot stryd.
Ons is alreeds, in die pylvak, van die lewe,
wil jy nie jou teëstander, in hierdie tyd vergewe.
---
Jesus, het jou met Sy bloed, aan die kruis skoongewas,
Jesus, gee jou krag, om nie in die duisternis, rond te tas.
Hy het gekom, om vir jou en my te red,
kom ons buig dan nou, neer in gebed.
---
In die wonderlike naam, van Jesus.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
20/4/2022

06/06/2026

Here, dankie dat ons, dit mag weet
----
Here, dankie dat ons, dit mag weet,
dat U o Vader, ons nooit sal vergeet.
U beskerm ons, elke dag,
U gee ons, elke dag, weer nuwe krag.
---
Leer my Heer, om in alles, net op U te vertrou,
help my, om my fondament, op Jesus te bou.
Dankie Here, dat U my, elke dag ook seën,
dankie dat U, my ook in my dagtaak, ondersteun.
---
Here, gebruik my, as ‘n instrument, in U hand,
gee my, die nodige wysheid en verstand.
Dat ek, in alles wat ek vandag sal doen en sê,
U eer, sal soek en in U Koninkryk, mag belê.
---
Here, ek wil voor die wêreld, U eer besing,
U dank vir die genade, wat U vir ons bring.
Here, laat my toe, om vir ander, in die deur te staan,
sodat hulle, met hul pyn en nood, na U toe mag gaan.
---
Here, ek wil bid, vir genesing vir my volk en nasie,
vir vergifnis, in U genade grasie.
Here, gee ons asseblief die krag, om aan te gaan,
om deur U groot genade, voor U troon te mag staan.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
19/4/2022

05/06/2026

Tyd
---
Hoeveel tyd, het jy in die lewe oor,
hoeveel tyd, het jy nou alreeds verloor.
Wanneer sal jy, o mens dan nou besin,
jou lewe, aan God oorgee en oor begin.
---
Wanneer sal jy, jou verlorenheid besef,
of wil jy wag, tot die ergste hartseer, jou ook tref.
Kom by die kruispad, van die lewe
en begin, om na Jesus se liefde, te strewe.
---
Vergeet, van jou kortsigtige eer
en besef, dat die Here ons God, is steeds in beheer.
Hy hou die lewe en dood, in Sy hand,
of het jy alreeds, jou eersgeboorte reg verpand.
---
Daar is nie meer tyd, vir eindelose struweling,
dit is daardie dinge, wat net hartseer bring.
Kom terug by die belangrikste dinge, in die lewe,
begin om na die liefde, van Jesus te strewe.
---
Moenie dat die tyd, vir jou uitloop,
moenie jou siel, vir ‘n pot Lensiesop, verkoop.
Kom dan nou dringend terug, by die Lewende God,
kom en onderwerp jou, aan Sy liefdes gebod.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
18/4/2022

05/06/2026

Here hoe kan ek die liefde van ‘n dier beskryf
---
Here hoe kan ek die liefde van ‘n dier beskryf
Hul bewys hul liefde met hul hele lyf
Hulle is altyd opgewonde om sy meester te sien
Hul waai hul stertjies om hul meester te dien
---
Hulle blaf en spring op en af
En raak soms sommer vreeslik laf
Hulle hardloop nader om jou te kom groet
Hulle is uitgelate om hul liefde te ontmoet
---
Hul sal volg waar die meester hul lei
Hulle wil net naby aan jou bly
Al raak jy as mens ongeduldig oor hul gedrag
Sal hulle steeds elke dag vir jou inwag
---
Here hoeveel kan ons van ons diertjies leer
Al maak ons hulle met ons optrede seer
Hulle soek net baie liefde en aandag elke dag
Hulle sal ons waarsku en beskerm dag en nag
---
Here hulle leer my van U liefde wat U onvoorwaardelik gee
Die beskerming wat ons vind op al ons weë
Here U Vergewe al ons sonde dag vir dag
Dit maak my as mens so opgewonde, U gee my nuwe krag
---
Amen
---
©
Mieder Palm
16/4/2022

Address

Zeerust
2865

Telephone

0760919711

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mieder se gedigte posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share