Wellington Erfenis Stigting / Wellington Heritage Foundation

Wellington Erfenis Stigting / Wellington Heritage Foundation Conserving the built heritage of Wellington

DIE BELANGRIKHEID VAN ESTETIESE KOMITEESEstetiese Komitees vervul op verskeie terreine verskillende rolle. Die afwesighe...
08/08/2025

DIE BELANGRIKHEID VAN ESTETIESE KOMITEES
Estetiese Komitees vervul op verskeie terreine verskillende rolle. Die afwesigheid van so ‘n organisasie kan lei tot onoordeelkundige besluite met lewenslange gevolge.

Gedurende 1955 het die destydse Kaapse Provinsiale Paaie Departement subsidies aan munisipaiteite aangebied om die provinsiale paaie wat deur die dorp loop te verbreed. Hoofstraat en Kerkstraat in Wellington is albei provinsiale paaie en die munisipaliteit het die subsidie benut en gebruik om tydelike werk te skep. In hierdie tyd was daar geen Estetiese Komitee om raad te gee nie, en ons pragtige boomryke Hoof- en Kerkstraat, met ‘n ryke geskiedenis, is vir ewig geskend deur die verwydering van die bome. Paarl en Stellenbosch het beide die subsidies geweier en spog vandag nog met hul pragtig historiese strate.

Foto 1 : Voor die verbreding van Kerkstraat met die pragtige Akkerbome wat in 1895 geplant is.

Foto 2: Kerkstraat na die verbreding in 1955-65, met meeste van die pragtige Akkerbome verwyder.

04/04/2025

Die Wellington Erfenis Stigting (WES) bestaan sedert Augustus 2023. Die doel van die Stigting is om die Erfenis van Wellington en omgewing te help bewaar en ook soveel moontlik mense bewus te maak van Wellington se vele pragtige erfenisbronne en ryke geskiedenis.

Die Wellington Erfenis Stigting is geregistreer by Erfenis Wes-Kaap en ons kry ons afgewentelde magte i. t. v. die Wet op Erfenis Hulpbronne, Wet 25 van 1999.

In die aanhef van die spesifieke Wet word gemeenskappe aangemoedig om hulle nalatenskappe te koester en te bewaar vir toekomstige generasies. Dit beklemtoon ook dat ons erfenis uniek en kosbaar is en nie vervang kan word nie. "It educates, it deepens our understanding of society and encourages us to emphasize with the experience of others".

'n Baie belangrike stipulasie van die Wet is "to provide for the protection and management of concervation-worthy places and areas by local authorities; and to provide for matters connected therewith" . Hierdie bepaling plaas ook 'n verantwoordelike oorsigrol op die skouers van die plaaslike munisipaliteit.

Die doel van hierdie Stigting (WES) is ook om die publiek in te lig en hulle kennis van Erfenis te verbreed, terwyl dit 'n waardering vir die natuurlike, kulturele en historiese omgewing probeer skep.

Die Stigting gee advies en lewer kommentaar op alle relevante erfenis-, historiese-, kulturele-, en natuurlike sake wat verwant is aan Wellington, Hermon, Gouda en Saron en sal graag wil help waar iemand advies of raad benodig.

Address

Wellington
Wellington
7655

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wellington Erfenis Stigting / Wellington Heritage Foundation posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share