Huis Hugenoot - Amptelike Blad

Huis Hugenoot - Amptelike Blad The Home away from Home Die huis waar 120 seuns en dogters veilig en gelukkig op die skoolterrein kan woon en hul aktiwiteite beoefen. perdry.

Die voordeur van die koshuis is 80 meter vanaf die skool se voordeur en langs ‘n 25 meter swembad wat leer-ders die geleentheid gee om aan alle skool- en ontspanningsaktiwiteite deel te neem. Ons beskik oor ‘n ontspanningslokaal en twee platskerm TV’s met DSTV sowel as ‘n lokaal waar “pool” en tafeltennis gespeel word. Die studiesaal is toegerus met lugreëling en daar is vier rekenaars met interne

ttoegang. Al ons badkamers is onlangs gemoderniseer en ontlok baie komplimente van almal wat in die koshuis tuisgaan. Ons kinders kom van so ver as Namibië, die Noord-Kaap die Wes-Kaapse platteland en die noordelike voorstede. Ons is dankbaar om kinders te hê wat ‘n groot rol in alle aspekte van die skoollewe speel. Ons streng keuringsproses vir koshuistoegang verseker dat ons goedgemanierde leerders het wat in elke faset van die skoolprogram ‘n groot bydrae maak. Leerders het, met toestemming van ouers, ook die geleentheid om aan aktiwiteite buite die skool deel te neem, bv. Leerders wat kuns as vak neem word deur die skool teen betaling na die kunssentrum in die Paarl vervoer. Leerders wat ander spesiale vervoerbehoeftes het, word op ‘n ad hoc-basis hanteer. Paarl Rock-toere het ‘n busdiens wat Noord-Kaap- leerders op uitnaweke by die koshuis op- en aflaai. Ons poog om ‘n huislike atmosfeer te skep, veral vir die leerders van ver wat oor naweke inbly. Hulle word gereeld Sondae op uitstappies geneem en ons probeer so dikwels as moontlik naweke vleis braai. Ons streef na ‘n balans tussen ferm, opbouende dissipline en ‘n lekker ontspanne atmosfeer. Ons wil graag ‘n oop kommunikasiekanaal tussen koshuis en ouerhuis skep, en die koshuismoeder is te alle tye beskikbaar.

13/09/2021
10/06/2021
06/03/2021
Graad 8's en Matrieks se bergklimtradisie is steeds 'n hoogtepunt!
18/01/2020

Graad 8's en Matrieks se bergklimtradisie is steeds 'n hoogtepunt!

24/04/2019

Ons musiekblyspel, Annie, open oor 6 dae! Spring gou om jou kaartjies te koop. Daar is ook nog tafels beskikbaar vir die Gala-aand op 3 Mei. Kontak 021-873-2111 of kom koop by die Hoërskool.

13/01/2019

Address

Hugenote Hoërskool, Blouvleiweg
Wellington
7654

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Hugenoot - Amptelike Blad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Huis Hugenoot - Amptelike Blad:

Share