Matzikama Munisipaliteit

Matzikama Munisipaliteit Raporteer klagtes by die Call Centre - 027 201 3404 / 081 040 8334

WAARDES
Die gemeenskap is ons inspirasie en ons werksmag is ons krag in ons strewe na gemeenskapsontwikkeling en dienslewering. Daarom heg ons waarde aan:
• Werkstrots
• Uitnemende Diens
• Integriteit
• Lojaliteit
• Verantwoordbaarheid

⚠️ VULLISVERWYDERING VIR BESIGHEDE – VREDENDAL- NOORD EN SUID ⚠️Neem asseblief kennis van die volgende reëlings rakende ...
14/05/2026

⚠️ VULLISVERWYDERING VIR BESIGHEDE – VREDENDAL- NOORD EN SUID ⚠️

Neem asseblief kennis van die volgende reëlings rakende vullisverwydering vir besighede:

🟢 Vredendal-Noord:
Vullisverwydering vir besighede sal soos normaal voortgaan.

🟠 Vredendal-Suid:
Besighede word versoek om op bystand te wees. Dit is tans onseker of vulluserwydering sal voortgaan weens die huidige omstandighede.

Die Munisipaliteit sal verdere opdaterings kommunikeer sodra meer inligting beskikbaar is.

Dankie vir u samewerking en begrip.

14/05/2026
VREDENDAL-SUID KRAG UPDATE14 MEI 2026 - 18:40Neem asseblief kennis dat inwoners in Van Riebeeck-, Grens- en Noordstraat ...
14/05/2026

VREDENDAL-SUID KRAG UPDATE
14 MEI 2026 - 18:40
Neem asseblief kennis dat inwoners in Van Riebeeck-, Grens- en Noordstraat versoek word om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

Die kragbreker slaan tans af weens oorbelasting. Inwoners word dringend versoek om slegs noodsaaklike elektriese toestelle vir eers te gebruik om verdere kragonderbrekings te voorkom.

Matzikama Munisipaliteit wil ook ’n opregte woord van dank rig aan die inwoners van Vredendal-Suid vir hul geduld, begrip en samewerking gedurende hierdie uitdagende tyd. Die kragtoevoer in Vredendal-Suid behoort nou herstel te wees.

VREDENDAL SOUTH POWER UPDATE
14 MAY 2026 - 18:40
Please note that residents in Van Riebeeck, Grens and Noord Streets are requested to use electricity sparingly.

The breaker is currently tripping due to overloading. Residents are urgently requested to use only essential electrical appliances for the time being to help prevent further power interruptions.

Matzikama Municipality would also like to extend a sincere word of thanks to the residents of Vredendal-South for their patience, understanding and cooperation during this challenging time. The electricity supply in Vredendal-South should now be restored.

KRAGONDERBREKING - VAN RIEBEECKLAAN, VREDENDAL Neem asseblief kennis van 'n kragonderbreking in Van Riebeeck Laan Vreden...
14/05/2026

KRAGONDERBREKING - VAN RIEBEECKLAAN, VREDENDAL

Neem asseblief kennis van 'n kragonderbreking in Van Riebeeck Laan Vredendal vir dringende herstelwerk wat gaan. Onderbreking van ongeveer 'n uur word verwag.

INLIGTINGS KENNISGEWING  / INFORMATION NOTICEALGEMENE NAVRAE: GRONDGEBRUIK EN BOUWERKE14 Mei 2026 - 15:35Algemene navrae...
14/05/2026

INLIGTINGS KENNISGEWING / INFORMATION NOTICE
ALGEMENE NAVRAE: GRONDGEBRUIK EN BOUWERKE
14 Mei 2026 - 15:35
Algemene navrae en versoeke om hulp gedurende kantoorure kan by die volgende punte gerig word omdat die Stadsbeplanning- en Boubeheer-kantore by die Vredendal-Suid Munisipale Kantore nie toeganklik of beman is nie:
• Vredendal-Suid - “Call Centre” – navrae sal geregistreer en aan die betrokke amptenare deurgegee word
• Me Minnaar - Vredendal-Noord Gemeenskapsaal
• Mnr Hanekom - Vanrhynsdorp Munisipale Kantore Suid
• Me Burden - Lutzville Biblioteek
• Mnr Hlobo - Lutzville Biblioteek
Hierdie tydelike reëling word inplek geplaas aangesien die betrokke amptenare nie in Vredendal-Suid woonagtig is nie.
Neem asseblief kennis dat volledige inligting moontlik nie by die tydelike dienspunte beskikbaar sal wees nie. U navraag sal egter aangeteken word, waarna die nodige besonderhede so spoedig moontlik aan u verskaf sal word.

𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆: 𝐕𝐄𝐑𝐋𝐄𝐍𝐆𝐈𝐍𝐆 𝐕𝐀𝐍 𝐆𝐄𝐋𝐃𝐈𝐆𝐇𝐄𝐈𝐃𝐒𝐏𝐄𝐑𝐈𝐎𝐃𝐄 𝐄𝐍 𝐒𝐋𝐔𝐈𝐓𝐈𝐍𝐆𝐒𝐃𝐀𝐓𝐔𝐌 𝐕𝐀𝐍 𝐓𝐄𝐍𝐃𝐄𝐑𝐒 𝟏𝟒 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟔 - 𝟏𝟓:𝟎𝟎Neem asseblief kennis d...
14/05/2026

𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆: 𝐕𝐄𝐑𝐋𝐄𝐍𝐆𝐈𝐍𝐆 𝐕𝐀𝐍 𝐆𝐄𝐋𝐃𝐈𝐆𝐇𝐄𝐈𝐃𝐒𝐏𝐄𝐑𝐈𝐎𝐃𝐄 𝐄𝐍 𝐒𝐋𝐔𝐈𝐓𝐈𝐍𝐆𝐒𝐃𝐀𝐓𝐔𝐌 𝐕𝐀𝐍 𝐓𝐄𝐍𝐃𝐄𝐑𝐒
𝟏𝟒 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟔 - 𝟏𝟓:𝟎𝟎
Neem asseblief kennis dat die tenderaanbod se geldigheidstydperk van 30 dae vir 𝐓𝐞𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐓𝟏𝟔-𝟐𝟎𝟐𝟓-𝟐𝟎𝟐𝟔, 𝐓𝟏𝟕-𝟐𝟎𝟐𝟓-𝟐𝟎𝟐𝟔 𝐚𝐧𝐝 𝐓𝟏𝟖-𝟐𝟎𝟐𝟓-𝟐𝟎𝟐𝟔 op 18 Mei 2026 sou verstryk het.
Weens ernstige oorstromings in die Wes-Kaap is koeriermaatskappye en bieërs tans nie in staat om die munisipaliteit te bereik vir die indiening van tenderdokumente nie.
𝐃𝐢𝐞 𝐬𝐥𝐮𝐢𝐭𝐢𝐧𝐠𝐬𝐝𝐚𝐭𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐫 𝐛𝐨𝐠𝐞𝐧𝐨𝐞𝐦𝐝𝐞 𝐭𝐞𝐧𝐝𝐞𝐫𝐬 𝐰𝐨𝐫𝐝 𝐝𝐞𝐫𝐡𝐚𝐥𝐰𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐥𝐞𝐧𝐠 𝐭𝐨𝐭: 📅 𝟐𝟐 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟔
Vir verdere inligting kontak asseblief vir Mev. H Meyer / Mnr. M Koenana / Me. M Luke per e-pos by [email protected]
, [email protected] en [email protected]
Die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief en waardeer u begrip gedurende hierdie tydperk.

𝐍𝐎𝐓𝐈𝐂𝐄: 𝐄𝐗𝐓𝐄𝐍𝐒𝐈𝐎𝐍 𝐎𝐅 𝐕𝐀𝐋𝐈𝐃𝐈𝐓𝐘 𝐏𝐄𝐑𝐈𝐎𝐃 𝐀𝐍𝐃 𝐂𝐋𝐎𝐒𝐈𝐍𝐆 𝐃𝐀𝐓𝐄 𝐎𝐅 𝐓𝐄𝐍𝐃𝐄𝐑𝐒
𝟏𝟒 𝐌𝐚𝐲 𝟐𝟎𝟐𝟔 - 𝟏𝟓:𝟎𝟎
Please take note that the tender offer validity period of 30 days for 𝐓𝐞𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐓𝟏𝟔-𝟐𝟎𝟐𝟓-𝟐𝟎𝟐𝟔, 𝐓𝟏𝟕-𝟐𝟎𝟐𝟓-𝟐𝟎𝟐𝟔 𝐚𝐧𝐝 𝐓𝟏𝟖-𝟐𝟎𝟐𝟓-𝟐𝟎𝟐𝟔 would have expired on 18 May 2026.
Due to severe flooding in the Western Cape, courier companies and bidders are currently unable to reach the municipality for the submission of tender documents.
𝐓𝐡𝐞𝐫𝐞𝐟𝐨𝐫𝐞, 𝐭𝐡𝐞 𝐜𝐥𝐨𝐬𝐢𝐧𝐠 𝐝𝐚𝐭𝐞 𝐟𝐨𝐫 𝐭𝐡𝐞 𝐚𝐛𝐨𝐯𝐞-𝐦𝐞𝐧𝐭𝐢𝐨𝐧𝐞𝐝 𝐭𝐞𝐧𝐝𝐞𝐫𝐬 𝐡𝐚𝐬 𝐛𝐞𝐞𝐧 𝐞𝐱𝐭𝐞𝐧𝐝𝐞𝐝 𝐭𝐨:📅 𝟐𝟐 𝐌𝐚𝐲 𝟐𝟎𝟐𝟔
For more information, please contact Mrs H Meyer / Mr M Koenana / Ms M Luke via email at [email protected], [email protected] and [email protected]
The municipality apologises for any inconvenience caused and appreciates your understanding during this period.

🚨 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆: 𝐈𝐍𝐃𝐈𝐄𝐍𝐈𝐍𝐆 𝐕𝐀𝐍 𝐓𝐄𝐍𝐃𝐄𝐑𝐒🚨📅𝟏𝟒 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟔 - 𝟏𝟒:𝟒𝟓Neem asseblief kennis dat, weens die sluiting van alle roetes ...
14/05/2026

🚨 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆: 𝐈𝐍𝐃𝐈𝐄𝐍𝐈𝐍𝐆 𝐕𝐀𝐍 𝐓𝐄𝐍𝐃𝐄𝐑𝐒🚨
📅𝟏𝟒 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟔 - 𝟏𝟒:𝟒𝟓
Neem asseblief kennis dat, weens die sluiting van alle roetes na Vredendal, FQ- en tenderdokumente tydelik ingedien moet word in die tenderboks wat by die Thusong-sentrum, A.A.S. Le Fleurstraat, Vredendal-Noord geplaas is.
🕗 𝐁𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐫𝐞 𝐭𝐲𝐞:
Maandae – Donderdae: 08:00 – 17:00
Vrydae: 08:00 – 14:30
Alle inhandigings moet asseblief gedurende bogenoemde tye gemaak word totdat verdere kennisgewing gegee word.

🚨𝐍𝐎𝐓𝐈𝐂𝐄: 𝐒𝐔𝐁𝐌𝐈𝐒𝐒𝐈𝐎𝐍 𝐎𝐅 𝐓𝐄𝐍𝐃𝐄𝐑𝐒 🚨
📅𝟏𝟒 𝐌𝐚𝐲 𝟐𝟎𝟐𝟔 - 𝟏𝟒:𝟒𝟓
Please take note that, due to the closure of all routes to Vredendal, FQ and tender documents must temporarily be submitted in the tender box placed at the Thusong Centre, A.A.S. Le Fleur Street, Vredendal North.
🕗 𝐀𝐯𝐚𝐢𝐥𝐚𝐛𝐥𝐞 𝐭𝐢𝐦𝐞𝐬:
Mondays – Thursdays: 08:00 – 17:00
Fridays: 08:00 – 14:30
All submissions must please be made during the above-mentioned times until further notice.

⚠️𝐃𝐑𝐈𝐍𝐆𝐄𝐍𝐃𝐄 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆 / 𝐔𝐑𝐆𝐄𝐍𝐓 𝐍𝐎𝐓𝐈𝐂𝐄 ⚠️
14/05/2026

⚠️𝐃𝐑𝐈𝐍𝐆𝐄𝐍𝐃𝐄 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆 / 𝐔𝐑𝐆𝐄𝐍𝐓 𝐍𝐎𝐓𝐈𝐂𝐄 ⚠️

⚠️ 𝐌𝐀𝐓𝐙𝐈𝐊𝐀𝐌𝐀 𝐏𝐀𝐃𝐒𝐋𝐔𝐈𝐓𝐈𝐍𝐆𝐒 – SITUASIEVERSLAG ⚠️📅 14 Mei 2026 – 12:30⚠️ BAIE BELANGRIK:Alhoewel sommige roetes tans oop is...
14/05/2026

⚠️ 𝐌𝐀𝐓𝐙𝐈𝐊𝐀𝐌𝐀 𝐏𝐀𝐃𝐒𝐋𝐔𝐈𝐓𝐈𝐍𝐆𝐒 – SITUASIEVERSLAG ⚠️
📅 14 Mei 2026 – 12:30

⚠️ BAIE BELANGRIK:

Alhoewel sommige roetes tans oop is na Vredendal, is daar GEEN toegang vanaf Vredendal dorp na Vredendal-Noord nie. Die Vredendal Brug bly volledig gesluit en geen voetgangers of voertuie mag die brug gebruik of probeer oorsteek nie. Padgebruikers word dringend versoek om nie na die brug te beweeg of alternatiewe oorsteekpunte te probeer gebruik nie.

Neem asseblief kennis van die volgende pad en brug sluitings weens oorstromings en onveilige toestande:

🚧 Brûe

❌ Vredendal Brug – Gesluit vir alle voetgangers en verkeer. Geen persone of voertuie word toegelaat totdat die substruktuur vir strukturele integriteit geïnspekteer is nie. Hierdie inspeksie kan eers plaasvind sodra die watervlak voldoende gedaal het.

❌ Klawer Brug – Die brug het ernstige skade opgedoen en omvangryke herstelwerk sal benodig word voordat dit weer veilig vir gebruik verklaar kan word.

🚫 Die volgende paaie bly gesluit:

* MR547 Sishenbrugpad vanaf Vredendal tot in Lutzville
* MR548 – KWV/Kleinrivierpad tussen Vredendal en Klawer
* JFD / Kleinrivier Plaaspad
* R363 / MR547 tussen Klawer en Vredendal (Idma Kapel)
* MR547 Klawerbrug oor die Olifantsrivier
* DR2217 – Urionskraalpad (Vanrhynsdorp-area)
* R546 Lutzville Laagwaterbrug
* R27 Vredendalbrug by die Polisiestasie
* Doringrivier grondpad (brugpad)
* Koekenaap pad

⚠️ Die volgende paaie is oop met beperkte toegang tot sekere areas:

* Lutzville na Vredendal via Holrivierpad
* Vanrhynsdorp na Vredendal (slegs tot voor die brug – die brug is gesluit)
*Vredendal R363 – vanaf Maskam Mall na Lambertsbaai aansluiting – res van R363 vanaf Lambertsbaai aansluiting tot by Klawer bly gesluit. Motoriste word versoek om uiters versigtig te ry op die Lambertsbaai grondpad. Die pad het onlangs heelwat reën ontvang.

🙏 Hou asseblief aan om die amptelike kommunikasieplatforms van Matzikama Municipality te monitor vir verdere opdaterings en veiligheidsinligting.

⚠️ KRAG UPDATE: VLOEDSKADE📅14 Mei 2026 - 12:00Neem asseblief kennis dat verskeie gebiede steeds sonder krag is as gevolg...
14/05/2026

⚠️ KRAG UPDATE: VLOEDSKADE
📅14 Mei 2026 - 12:00
Neem asseblief kennis dat verskeie gebiede steeds sonder krag is as gevolg van vloedwater wat elektriese infrastruktuur ernstig beïnvloed het. Die elektriese span werk onverpoos om die situasie te monitor en herstelwerk te doen waar dit veilig en bereikbaar is. Slegs infrastruktuur wat tans binne bereik en veilig toeganklik is, kan op hierdie stadium geassesseer en herstel word.
Die volgende gebiede in Vredendal-Suid word geraak: SAPD, Shoprite, KFC, Hoërskool Vredendal Koshuis, asook plase agter die koshuis. Strate wat geraak word sluit in Waterkantstraat, Van Riebeeckstraat en Grensstraat.
Ongelukkig kan geen geskatte hersteltyd tans voorsien word nie aangesien die betrokke transformator steeds onder water is en nie toeganklik is vir volledige assessering nie.
Neem asseblief verder kennis dat Kliprand se kragtoevoer steeds af is en dat Lutzville en Koekenaap ook sonder krag is tot verdere kennisgewing.
Die veiligheid van inwoners en tegniese personeel bly die hoogste prioriteit, en alle herstelwerk sal voortgaan sodra toestande dit veilig toelaat.

⚠️ POWER UPDATE: FLOOD DAMAGE
📅 14 May 2026 – 12:00
Please note that several areas are still without electricity due to floodwaters severely affecting electrical infrastructure. The electrical team is working tirelessly to monitor the situation and carry out repairs where it is safe and accessible to do so. Only infrastructure that is currently within reach and safely accessible can be assessed and repaired at this stage.
The following areas in Vredendal-South are affected: SAPD, Shoprite, KFC, Vredendal High School Hostel, as well as farms behind the hostel. Streets affected include Waterkant Street, Van Riebeeck Street and Grens Street.
Unfortunately, no estimated restoration time can currently be provided as the affected transformer remains underwater and is not accessible for a full assessment.
Please further note that Kliprand’s electricity supply is still off, and Lutzville and Ebenhaeser is also without power until further notice.
The safety of residents and technical personnel remains the highest priority, and all repair work will continue as soon as conditions allow it to be done safely.

⚠️ 𝐌𝐀𝐓𝐙𝐈𝐊𝐀𝐌𝐀 𝐑𝐎𝐀𝐃 𝐂𝐋𝐎𝐒𝐔𝐑𝐄𝐒 – SITUATIONAL UPDATE ⚠️📅 14 May 2026 – 10:00⚠️ VERY IMPORTANT:Although some routes are curren...
14/05/2026

⚠️ 𝐌𝐀𝐓𝐙𝐈𝐊𝐀𝐌𝐀 𝐑𝐎𝐀𝐃 𝐂𝐋𝐎𝐒𝐔𝐑𝐄𝐒 – SITUATIONAL UPDATE ⚠️
📅 14 May 2026 – 10:00

⚠️ VERY IMPORTANT:

Although some routes are currently open to Vredendal, there is NO access from Vredendal town to Vredendal North. The Vredendal Bridge remains fully closed and no pedestrians or vehicles may use or attempt to cross the bridge. Road users are urgently requested not to proceed to the bridge or attempt to use alternative crossing points.

Please take note of the following road and bridge closures due to flooding and unsafe conditions:

🚧 Bridges

❌ Vredendal Bridge – Closed to all pedestrians and traffic. No persons or vehicles will be allowed until the substructure has been inspected for structural integrity. This inspection can only take place once the water level has receded sufficiently.

❌ Klawer Bridge – The bridge has sustained serious damage and extensive repairs will be required before it can be declared safe for use again.

🚫 The following roads remain closed:

• MR547 Sishen Bridge Road from Vredendal to Lutzville
• MR548 – KWV/Kleinrivier Road between Vredendal and Klawer
• JFD / Kleinrivier Farm Road
• R363 / MR547 between Klawer and Vredendal (Idma Chapel/Draaihoek/Spruitdrift)
• MR547 Klawer Bridge over the Olifants River
• DR2217 – Urionskraal Road (Vanrhynsdorp area)
• R546 Lutzville Low Water Bridge
• R27 Vredendal Bridge at the Police Station
• Doring River gravel road (bridge road)
• Koekenaap Road

⚠️ The following roads are open with limited access to certain areas:

• Lutzville to Vredendal via Holrivier Road
• Vanrhynsdorp to Vredendal (only up to the bridge – the bridge remains closed)

🙏 Please continue to monitor the official communication platforms of Matzikama Municipality for further updates and safety information.

Address

Vredendal
8160

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Matzikama Munisipaliteit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Matzikama Munisipaliteit:

Share