VLV Vanrhynsdorp

VLV Vanrhynsdorp Kunste en Handvlyt, Gesondheid, Opvoeding en Kultuur, Leefstyl, Openbare Sake en Landbou en Tuinbou.

09/09/2024
25/04/2024

Die oomblik wanneer jy 'n huishulp aanstel in Suid-Afrika, al is dit net een keer per week, word jy na regte, ‘n huishoudelike werkgewer met spesifieke wetlike verpligtinge.

15/03/2024

Kyk net hier! Die herfs-uitgawe, propvol wonderlike idees, in van môre af beskikbaar.

Vanrhynsdorp VLV VergaderingOnderwys en Kultuur: Daleen van der Hoven24 Januarie 2024N Heerlike samekoms van ou gesiggie...
19/02/2024

Vanrhynsdorp VLV Vergadering
Onderwys en Kultuur: Daleen van der Hoven
24 Januarie 2024
N Heerlike samekoms van ou gesiggies en ook nuwe lede en besoekers was gehou 10h die oggend in die NG Kerksaal. Loadshedding het ons so bietjie laat sweet aftap, maar die heerlike vars vrugte, yskoue ystee en soet koek het almal laat vergeet van die sweet.
Chenell Roux was ons gasspreker. Sy is werksaam by die Neuro Diversity Centre se Matzikama Tak. Sy het meer vertel oor ADHD. Dit was insiggewend. Daarna het Amanda Beets (Leefstyl) meer gedeel oor gesonde kosblik idees.
Daar is ook vye, vars yodels, beskuit, chutney, konfyt, resepteboeke en klein handgemaakte kaartjies verkoop by die marktafel.
Ons het n wonderlike groot prys ontvang vanaf Vanrhynsdorp Apteek wat te wen is in ons kwartaallikse lootjie verkope. Ons vergaderings groei by die dag en ons is baie dankbaar vir nuwe belangstelling en besoeke.

Volgende vergadering: 22 Feb 10h

Ons nooi graag alle belangstellendes en verwelkom jul met ope arms vir 2024!Ons sien uit na n heerlike jaar se saam kuie...
05/12/2023

Ons nooi graag alle belangstellendes en verwelkom jul met ope arms vir 2024!
Ons sien uit na n heerlike jaar se saam kuier, leer en groei!

Die eerste vergadering is op 25/01/2024 en almal is welkom om saam te kom kuier.
10:00h in Vanrhynsdorp NG Kerksaal. Die sameroeper is Daleen van der Hoven vir Opvoedkunde en Kultuur. Daar gaan n heerlike marktafel ook wees met verskillende lekkernye, mooigoed en vars blomme.
Koste is R220 per jaar en volle bedrag moet betaal word teen einde Februarie 2024.

Wat sluit jou ledegeld in?
Wel, eerstens die geleentheid om saam met ander dames te kuier wat opgewonde is oor funksies, blomme, kosmaak, bak en brou, gesondheid en meeste van als om kennis te deel en te verbreed.

Die VLV behandel sekere portefeuljes en elke maand kry ñ sameroeper ñ b***t vir ñ lekker vergadering waar ons by mekaar leer, kuier en groei. Daarmee saam het ons ook lekker projekte en werkswinkels deur die loop van die jaar.

Portefeuljes en Sameroepers:
Voorsitter: Ina Wiese
Onder voorsitter: Chrisilda Steenkamp
Sekretaresse: Daleen van der Hoven

Opvoedkunde & Kultuur- Daleen van der Hoven
Landbou & Tuinbou - Ina Wiese
Leefstyl - Amanda Beets
Kunste & Handvlyt - Chrisilda Steenkamp
Gesondheid - Spokie Maddox
Openbare sake - Yolanda Holtzhausen

Vandag, 12 Oktober hou Vanrhynsdorp VLV hul eerste vergadering na verkiesing van nuwe bestuur.Ons sien uit daarna om al ...
12/10/2023

Vandag, 12 Oktober hou Vanrhynsdorp VLV hul eerste vergadering na verkiesing van nuwe bestuur.
Ons sien uit daarna om al ons lede te verwelkom.
Hierdir vergadering sal handel oor ons beplanning vir die jaar mbt vergaderings, fondsinsamelings, gemeenskap betrokkenheid, ensomeer.

11/10/2023

Sit die ketel aan, skink n koppie tee, sit agteroor en lees lekker saam aan die Mei 2023 uitgawe van Huis & Haard.
🫖☕📖

Address

Vanrhynsdorp
8170

Telephone

+27829685581

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLV Vanrhynsdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category