25/06/2026
Goeie middag ek het redelike navrae gekry oor pryse, en wat bied ons adisioneel aan.
Ons enkel kamer is gesik vir een persoon elke kamer het n wasbak in met warm en koue water, sowel as dubbel ingeboude kaste R2660.
Die dubbelkamer, wat kan dien as slaapkamer vir 2 persone of n sitkamer en aparte slaapkamer vir R3900.
Dit is almal deel badkamers op die vloer.
Dan het ons ook n enkel kamer met sy eie stort en toilet geriewe vir R 3900.00
Ons het ook baie mooi 1kamer woonstelle, net n oopplan sitkamer / kombuis met gas stoof, eie aparte slaapkamer, stort en toiletgeriewe vir R5100.00
"Uncap" WiFi vir R150.00pm
Een bondel wasgoed wat 1 keer per week gewas en droog gemaak word vir slegs R100
Bussie dienste van Maandae tot Donderdae dorp toe, Mall toe en Johan Heyns toe R50.00 gaan aflaai en weer gaan oplaai
Ons het n Winkelkie op die perseel wat klere verkoop vir slegs R5.00 per kledingstuk
Daar is n heerlike groot tuin met braai geriewe.
Hele gebou is holder verlig rondom
24 uur sekuriteit
N Biblioteek
Dinsdae oggende is daar oefeninge in die saal
Donderdae 3uur Bybelstudie
N snoepie met die lekerste eetgoed en koeldranke, wegneem etes ens
Ons kook Maandae, Woensdae en Vrydae die kos word voor 12die oggend in die kamers afgelewer en dit werk ongeveer R750pm uit
En soos voorheen genoem het ons n groot kragopwekker wat dadelik oorskakel indien daar kragonderbrekings is.
Ons is een groot familie wat hou van kuier ons probeer 3 keer per jaar lekker groot funksies hou en heerlike Kersete gratis vir elke inwoner
Indien u enige verdere vrae het kan julle gerug what's up op die nr of vir my n Facebook boodskap stuur.
Hoop om gou van julle te hoor