Simbruner Primary

Simbruner Primary Primary school, Upington

Simbruner Primary dump...A bit of throwbacks aswell
18/06/2026

Simbruner Primary dump...

A bit of throwbacks aswell

Die skoolgemeenskap van Laerskool Simbruner wens mnr. G.B. van Kradenburg alle sterkte toe vir môre, 17 Junie, wanneer h...
16/06/2026

Die skoolgemeenskap van Laerskool Simbruner wens mnr. G.B. van Kradenburg alle sterkte toe vir môre, 17 Junie, wanneer hy ons skool in Johannesburg verteenwoordig tydens die National School of Excellence Awards in die kategorie Maintenance.
Hierdie benoeming is die resultaat van die gesamentlike harde werk, toewyding en samewerking van ons personeel, leerders, ouers en beheerliggaam. Mnr. Van Kradenburg tree as verteenwoordiger van Laerskool Simbruner op, en ons is trots dat die werk wat by ons skool verrig word op nasionale vlak erkenning ontvang.
Ons wens hom 'n veilige reis, 'n aangename ervaring en alle voorspoed toe. Mag hy met trots die Simbruner-vaandel dra en die erkenning geniet wat hierdie besondere prestasie verdien.
Van die hele Simbruner-skoolgemeenskap: Sterkte, mnr. Van Kradenburg. Maak ons trots! 🏆🌟

Laerskool Simbruner brei dienslewering uit met nuwe bakkieLaerskool Simbruner is trots om die aankoop van ’n nuwe bakkie...
16/06/2026

Laerskool Simbruner brei dienslewering uit met nuwe bakkie
Laerskool Simbruner is trots om die aankoop van ’n nuwe bakkie aan te kondig. Die voertuig sal aangewend word vir die vervoer van aankope vir die Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSNP), herstel- en onderhoudswerke, asook die ondersteuning van die snoepie en fondsinsamelingsprojekte.
Hierdie waardevolle toevoeging sal logistieke uitdagings verminder, doeltreffendheid verbeter en onnodige frustrasies en vertragings uitskakel. Dit stel die skool in staat om sy daaglikse bedrywighede meer effektief te bestuur en beter diens aan ons leerders te lewer.
Ons spreek ons opregte dank uit teenoor elke ouer, leerder, SBL-lid en personeellid wie se harde werk, ondersteuning en toewyding gehelp het om hierdie droom te verwesenlik. Hierdie prestasie getuig van wat moontlik is wanneer ’n skoolgemeenskap saamwerk vir die voordeel van sy kinders.
Saam bou ons aan ’n sterker en beter Simbruner.

Baie geluk aan ons ongelooflike netbalspan met hul uitstekende prestasie by die Provinsiale uitspele!Julle het met trots...
16/06/2026

Baie geluk aan ons ongelooflike netbalspan met hul uitstekende prestasie by die Provinsiale uitspele!

Julle het met trots as 2de beste in die provinsie geëindig — ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk. 💙💛

Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alles van die beste toe terwyl julle ons skool en provinsie gaan verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe in Middelburg op 24–25 Julie 2026.

Hou aan glo, hou aan werk en hou aan skitter. Die hele Simbruner-familie staan agter julle! 🌟🏐

Ons netbal spanne is regtig nie van die lig nie...Simmies Bo!!!!
14/06/2026

Ons netbal spanne is regtig nie van die lig nie...

Simmies Bo!!!!

Our hearts go out to Kathu Primary and the community 🙏
14/06/2026

Our hearts go out to Kathu Primary and the community 🙏

Goeie dag ouers en gemeenskap... Die funfair is nog vandag ook oop vanaf 12 uur die middag... So bring die gesin en kom ...
07/06/2026

Goeie dag ouers en gemeenskap... Die funfair is nog vandag ook oop vanaf 12 uur die middag... So bring die gesin en kom geniet die laaste dag.

Ons wil net vir Pieter Jaarts bedank vir sy pragtig foto's wat hy met sy Drone geneem het gister aand. Nee wat Pieter mag maar hoor... 👌

Ons is vanoggend bitter trots op ons netbal spanne wie skoonskip gemaak het gister met hul ligawedstryde.Simbruner het A...
27/05/2026

Ons is vanoggend bitter trots op ons netbal spanne wie skoonskip gemaak het gister met hul ligawedstryde.

Simbruner het AL hul wedstryde gister gewen en is oppad om deel te neem aan die provinsiale wedstryde.

Baie geluk julle... Julle is ysters.

Hartlik geluk aan hulle Afrigters wat ons insit kry ons uit!

About Saturday... Simbruner Primary Grade R sports day
26/05/2026

About Saturday... Simbruner Primary Grade R sports day

26/05/2026

African day

Address

Frans Van Rooi Street
Upington
8801

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27543390825

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Simbruner Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Simbruner Primary:

Share