Intermediêre Skool Vooruitsig

Intermediêre Skool Vooruitsig LEUSE: Mik hoog en steeds hoër.

13/06/2026
13/06/2026

Kort vertoning waar leerders herwinningsmateriaal gebruik het om klere te maak. 👗🥻👚

Vooruitsig begin herwinningsprojekIntermediêre Skool Vooruitsig is met trots as 'n pilotskool gekies waar 'n herwinnings...
12/06/2026

Vooruitsig begin herwinningsprojek

Intermediêre Skool Vooruitsig is met trots as 'n pilotskool gekies waar 'n herwinningsprojek van stapel gestuur word. Vandag is 'n bewusmakingsessie met die Grondslagfase gehou om leerders bewus te maak van die belangrikheid van herwinning en omgewingsbewaring.

Polyco het herwinningsdromme aan die skool geskenk waarin leerders, opvoeders en werkers hul afval volgens die verskillende kategorieë moet sorteer en weggooi. Deur hierdie inisiatief verbind ons ons daartoe om getrou te bly aan ons belofte om ons terrein en die Aarde te beskerm om 'n skoner en gesonder omgewing vir toekomstige geslagte te help skep.

Hierdie projek is in samewerking met die Departement van Openbare Werke,Departement van Landbou en die Dawid Kruiper Munisipaliteit van stapel gestuur.

Tydens die sessie het die Grondslagfase leerders geleer wat herwinning behels, waarom dit belangrik is en hoe elkeen 'n positiewe bydrae tot die bewaring van die omgewing kan lewer.

Ons sien daarna uit om hierdie projek suksesvol te implementeer en 'n kultuur van verantwoordelike afvalbestuur by die skool te vestig.

Vandag het ons met trots ons Afrika klere aangetrek en saam ons kultuur, eenheid en erfenis gevier. Kleure, patrone en g...
25/05/2026

Vandag het ons met trots ons Afrika klere aangetrek en saam ons kultuur, eenheid en erfenis gevier.

Kleure, patrone en glimlagte het die skool laat straal.

Trots op ons Afrika wortels, trots op wie ons is.

Afrika dag viering , Maandag 25 Mei 2026
24/05/2026

Afrika dag viering , Maandag 25 Mei 2026

Moedersdag bederf van manspersoneelBaie dankie aan ons manspersoneel dat julle ons so spesiaal laat voel het. Dankie vir...
11/05/2026

Moedersdag bederf van manspersoneel

Baie dankie aan ons manspersoneel dat julle ons so spesiaal laat voel het.

Dankie vir die omgee, ons waardeer dit regtig.

Moedersdag funksie
11/05/2026

Moedersdag funksie

11/05/2026

Gr 4-6 Moedersdag item

Address

Vooruitsigstraat 84/110
Upington
8801

Opening Hours

Monday 06:50 - 14:00
Tuesday 06:50 - 14:00
Wednesday 06:50 - 14:00
Thursday 06:50 - 14:00
Friday 06:50 - 14:00

Telephone

0543390715

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Intermediêre Skool Vooruitsig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share