VF Plus - Swellendam

VF Plus - Swellendam Nuus en openbare inligting van die VF Plus in die Swellendam Munisipaliteit (Swellendam, Barrydale, Suurbraak, Buffeljagsrivier, Malagas en Infanta).

Die Vryheidsfront se beeld
• Ons is onbeskaamd Christelik
• Trots Afrikaans
• Trotse identiteit as Afrikaner (kultuur, onderwys en Christelike waardes)
• Nie rasisties
• As kritiese opposisie wat kundig, eerlik en hardwerkend is
• Streef na ekonomiese welvaart en vooruitgang

Die VF Plus se Amerikaanse sending om met Withuis-amptenare en ander belanghebbendes gesprek te voer, skop vandag af met...
23/06/2025

Die VF Plus se Amerikaanse sending om met Withuis-amptenare en ander belanghebbendes gesprek te voer, skop vandag af met ‘n voorlegging aan die Hudson-instituut in Washington DC.

Die tema van die gesprek is; “’n Afrikaner-perspektief op VSA–Suid-Afrika-verhoudings” en vind plaas vanaf 13:00 tot 14:30 Washington-tyd (19:00 tot 20:30 SA-tyd).

Die Hudson-instituut is ’n invloedryke navorsingsorganisasie wat fokus op openbare beleid, nasionale sekuriteit, ekonomie en internasionale verhoudings.

Die instituut staan ‘n vrye mark en demokrasie voor en poog om strategiese debat te bevorder en oplossings vir globale uitdagings te vind. Hy adviseer beleidmakers en vorm menings deur wêreldwye gesprekvoering.

Op die webblad van die Hudson-instituut word die gesprek aangekondig deur te noem dat die “Afrikaner-gemeenskap van Suid-Afrika” onlangs aansienlike nuusdekking in die Verenigde State ontvang het sedert president Donald Trump aangekondig het dat hy aan Afrikaners vlugtelingstatus sal verleen.

Die inskrywing lui voorts dat hierdie en ander kwessies rakende die Afrikaners belangrike spanningspunte was in die verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika. Dit was die hoofpunte van bespreking tussen pres. Trump en Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa tydens hul onlangse vergadering in die Ovaalkantoor.

“Drie leiers van prominente Suid-Afrikaanse organisasies met sterk Afrikaner-lidmaatskap besoek die VSA om die sleutelkwessies te bespreek wat die verhoudings tussen Washington en Pretoria versteur. Hulle is:

“Dr. Corné Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, ’n sentrum-regse politieke party wat in die Suid-Afrikaanse parlement verteenwoordig is. Die VF Plus is deel van Suid-Afrika se regering van nasionale eenheid (RNE).

“Die party pleit vir minderheidsregte en selfbeskikking vir die Afrikaner etniese minderheid.

“Dr. Theo de Jager is uitvoerende hoof van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI), ’n organisasie wat gesinsboere van alle etniese groepe in Suider-Afrika verteenwoordig. SAAI is ook deel van die Afrikaner Leierskapsnetwerk.

“Mnr. Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van die Nasionale Werknemersvereniging van Suid-Afrika (Neasa), ’n toonaangewende organisasie wat sake-ondernemings in alle sektore verteenwoordig.

“Neasa is aktief gekant teen rasgegronde beleid soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en beskou dit as nadelig vir ondernemings en ekonomiese groei. Neasa is ook ’n lid van die Afrikaner Leierskapsnetwerk.”

Die VF Plus sien Suid-Afrika as ‘n land vol wonderlike mense en baie geleenthede. Daar kan en moet oplossings gevind word om die land weer vooruitstrewend te maak.

Suid-Afrika moet die ekonomiese mag van Afrika wees. Dit word tans nie bereik nie weens mislukte rasgegronde beleid wat teen die Afrikaner en ander minderhede diskrimineer en beleggers verdryf.

Ons is hier met die boodskap dat daar gewerk en gebou moet word om van Suid-Afrika weer ‘n wenland te maak. Dit is hierdie boodskap wat ons hard en duidelik aan die Amerikaners wil oordra.

- Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier

Die VF Plus se Amerikaanse sending om met Withuis-amptenare en ander belanghebbendes gesprek te voer, skop vandag af met ‘n voorlegging aan die

📌 Rapport: Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier op Afrikaner-sending na Withuis
22/06/2025

📌 Rapport: Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier op Afrikaner-sending na Withuis

Nóg ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging is op pad na die VSA – hierdie keer om die Amerikaanse regering te vra om Afrikanerbelange te beskerm, asook om druk uit te oefen vir oplossings oor die Onteieningswet en die voorkoming van plaasaanvalle en -moorde.

Onteieningswet: Nul vergoeding wat verswyg word wys op gevareMediaverklaring uitgereik deur:Dr. Pieter GroenewaldVF Plus...
23/01/2025

Onteieningswet: Nul vergoeding wat verswyg word wys op gevare

Mediaverklaring uitgereik deur:
Dr. Pieter Groenewald
VF Plus-leier
23 Januarie 2025

Die mediaverklaring van die presidensie mislei die mense van Suid-Afrika deur voor te gee die Onteieningswetsontwerp wat vandag onderteken is, is billik. Die wese van die wet behels dat die staat voortaan in sekere gevalle teen “nul” vergoeding mag onteien, wat neerkom op onteiening sonder vergoeding.

Die VF Plus aanvaar dit nie en het hom deurlopend teen die skadelike gevolge van die wet uitgespreek. Die party sal ‘n tweeledige benadering volg om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm:

Die VF Plus sal die grondwetlikheid van die wet in die Grondwethof betwis. Sou dit ongrondwetlik bevind word, sal die VF Plus as lid van die RNE en kabinet alles in die stryd werp om ‘n wysigingswetsontwerp deur die kabinet te voer om die ongrondwetlikheid daarvan te wysig.

Ek het as leier van die VF Plus voorheen en ook verlede week in ‘n skrywe aan die president gevra dat hy die gees en strekking van die RNE en veral een van die pilare daarvan naamlik die grondwetlike waardes moet beskerm deur nie die wet te proklameer voordat die Grondwethof ‘n mening daaroor gegee het nie.

Sy antwoord was dat hy dit nie as ongrondwetlik beskou nie en het hy dit gepromulgeer.

Dit moet onthou word dat hierdie wet reeds voor die 2024-verkiesing deur die parlement gestoomroller is en die VF Plus het hom herhaadelik sterk daarteen uitgespreek.

Die president het nié die RNE gekonsulteer voor ondertekening van die wet nie. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die wet ongrondwetlik is en dat dit Suid-Afrika se ekonomie en stabiliteit ernstig kan benadeel.

Een van die belangrikste hoekstene van ʼn vryemark-ekonomiese stelsel is die reg op private grond- en eiendomsbesit. Hierdie wetsontwerp is niks anders nie as onteiening sonder vergoeding en bring alle eiendomsbesit in die gedrang.

Die wetsontwerp maak dit duidelik dat roerende sowel as onroerende eiendom soos intellektuele eiendomsbesit geraak word.

Almal in Suid-Afrika en in enige demokratiese bestel het die reg om eiendom te besit en die staat het geen reg om dit te onteien sonder vergoeding nie.
Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

Die mediaverklaring van die presidensie mislei die mense van Suid-Afrika deur voor te gee die Onteieningswetsontwerp wat vandag onderteken is, is billik.

❗️Die VF Plus is daarvan oortuig dat die president die Kerstyd, wanneer mense, insluitend politici, hulle fokus van die ...
15/01/2025

❗️Die VF Plus is daarvan oortuig dat die president die Kerstyd, wanneer mense, insluitend politici, hulle fokus van die alledaagse bedrywighede afhaal, misbruik het om druk vanuit sy eie party te verlig. Anders is hyself deur elemente van sy eie party mislei om hierdie besluit te neem.

Die stryd teen die vernietiging van Afrikaanse onderwys gaan voort. Internasionale verdrae en die Suid-Afrikaanse grondwet van 1996 is aan ons kant. Pogings gaan voort om Afrikaanse onderwys in openbare skole te behou. Tog, die staat se onwilligheid sal Afrikaanse onderwys nie kan keer nie.

Die VF Plus se afspraak met die toekoms staan.

📌 Volg die skakel vir meer inligting:

Die Uitvoerende Dagbestuur van die VF Plus het kennis geneem van die optrede van pres. Cyril Ramaphosa en die minister van basiese onderwys, me. Siviwe

11/01/2025
Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die familie van die vyfjarige Ameer Abrahams wat gister (8 Januarie) deur...
09/01/2025

Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die familie van die vyfjarige Ameer Abrahams wat gister (8 Januarie) deur ʼn dwaalkoeël in Manenberg in die Kaapse metro gedood is.

Dié voorval is ʼn hartseer herinnering aan die “doodstrik” van nimmereindigende bendegeweld waarin so baie gemeenskappe van dag tot dag leef.

In Suid-Afrika is die sterfte van jeugdiges onder die ouderdom van 17 jaar besig om onrusbarend toe te neem. Luidens die jongste polisiestatistiek is 314 persone in hierdie ouderdomsgroep tussen April 2024 en Junie 2024 vermoor.

Die VF Plus doen ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe om ʼn einde te bring aan bendebedrywighede en die maksimum vonnis op te lê aan oortreders wat vir die dood van veral onskuldige kinders verantwoordelik is.

Die reg op alle mense se lewe word ingevolge artikel 11 van die Grondwet beskerm terwyl die volle artikel 28 breedvoerig die regte van kinders behandel.

Die VF Plus bedank die polisie wat drie verdagtes in hegtenis geneem het asook die personeel van die Rooikruis-kinderhospitaal wat hul bes probeer het om klein Ameer se lewe te red.

- Grant Marais, VF Plus-LPW: Wes-Kaapse parlement

Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die familie van die vyfjarige Ameer Abrahams wat gister (8 Januarie) deur ʼn dwaalkoeël in Manenberg in die

Facebook vriende, ons het asseblief elkeen se hulp nodig. Daar is huidiglik hierdie "scam" wat kort kort verander en oor...
08/01/2025

Facebook vriende, ons het asseblief elkeen se hulp nodig. Daar is huidiglik hierdie "scam" wat kort kort verander en oor en oor geaktiveer en versprei word op. Die oplossing is gekompliseerd en kommunikasie met Facebook ook.
Ons sosiale media span en HK is hiermee besig.
Intussen wil ons vra dat almal wat op Facebook is en van hierdie plasings teëkom asseblief die volgende doen: 🙌🏻
Wanneer u so ń plasing sien, klik op die kolletjies regs bo onmiddelik en rapporteer aan Facebook, elke keer wat u dit sien groot asb 👏🏻.
Dit gaan ń lang proses wees, want hulle bly die samestelling verander.
Versprei asb na u vriende en kontakte om te help. (Ook die foto)
Baie dankie 👏🏻

🎉 The FF Plus wishes you a blessed 2025! May we tackle this year’s challenges with renewed courage and hope 🙌———————🎉 Di...
01/01/2025

🎉 The FF Plus wishes you a blessed 2025! May we tackle this year’s challenges with renewed courage and hope 🙌

———————

🎉 Die VF Plus wens jou ’n geseënde 2025 toe! Mag ons hierdie jaar se uitdagings met hernude moed en hoop aanpak! 🙌

Vandag vier ons Geloftedag! 🙏Hier staan ons voor die Heilige Godvan hemel en aardeom ’n gelofte aan Hom te doen, dat,as ...
16/12/2024

Vandag vier ons Geloftedag! 🙏

Hier staan ons voor die Heilige God
van hemel en aarde
om ’n gelofte aan Hom te doen, dat,
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en die datum
elke jaar as ’n dankdag
soos ’n Sabbat sal deurbring;
en dat ons ’n huis tot Sy eer
sal oprig waar dit Hom behaag,
en dat ons aan ons kinders sal sê
dat hul met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis
ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy naam
sal verheerlik word
deur die roem en die eer
van oorwinning aan Hom te gee.

Address

Swellendam
6740

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VF Plus - Swellendam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share