Laerskool Lochnerhof - offisiële bladsy

Laerskool Lochnerhof - offisiële bladsy Beste skool denkbaar

🏆 O/13 WCSN HOOPS WENNERS! 🏆Baie geluk aan ons o/13 Netbalspan wat as die WCSN HOOPS Wenners gekroon is! 🏐💙Nadat die spa...
12/09/2026

🏆 O/13 WCSN HOOPS WENNERS! 🏆

Baie geluk aan ons o/13 Netbalspan wat as die WCSN HOOPS Wenners gekroon is! 🏐💙

Nadat die span hul poeluitspele as wenners afgesluit het, het hulle deurgedring na die uitspeelrondes, waar hulle Lutzville in die kwartfinaal, Kenridge in die semifinaal en Bredasdorp in die eindstryd geklop het.

Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is baie trots op elke speler, asook die afrigters en ondersteuners wat deel was van hierdie besondere reis.

Met hierdie oorwinning het die span hul plek by die SASN HOOPS in Boksburg op 25 en 26 September verseker, waar hulle die Wes-Kaap gaan verteenwoordig. 🏐🩵

Baie geluk, O/13’s! Ons is ongelooflik trots op julle! 💙🏆

📚💡 Gr. 7 EBW Markdag! 💡📚Ons Graad 7’s het vandag hul sakevernuf, kreatiwiteit en entrepreneursgees gewys tydens hul EBW ...
11/09/2026

📚💡 Gr. 7 EBW Markdag! 💡📚

Ons Graad 7’s het vandag hul sakevernuf, kreatiwiteit en entrepreneursgees gewys tydens hul EBW Markdag! 🛍️💰

Van oorspronklike produkte en kreatiewe idees tot entoesiastiese verkope – ons leerders het eerstehands ervaar wat dit beteken om ’n klein onderneming te beplan en te bedryf.

Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat met soveel ywer, selfvertroue en inisiatief deelgeneem het. Wat ’n wonderlike geleentheid om kennis in aksie te sien!

10/09/2026
10/09/2026
📚✨ Nasionale Boekweek – ’n Viering van stories, verbeelding en lees! ✨📚Ons het Nasionale Boekweek op ’n besonderse manie...
10/09/2026

📚✨ Nasionale Boekweek – ’n Viering van stories, verbeelding en lees! ✨📚

Ons het Nasionale Boekweek op ’n besonderse manier gevier met twee inspirerende gaste wat ons leerders kom herinner het aan die wonderlike wêreld wat tussen die blaaie van ’n boek wag.

Ons Graad 1–3’s het die voorreg gehad om saam met Helene de Clercq, skrywer en streeksbestuurder van Jonathan Ball Uitgewers se skole- en kinderboekspan, in die wêreld van kinderboeke te duik. Sy het vir ons jong lesers stories voorgelees en hulle op ’n prettige en besondere manier aan die magie van boeke bekendgestel. 📖

Constant van Graan, skrywer en dramaturg, senior lektor in Forensiese Rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit, asook liedjieskrywer en sanger van Pelican State, het ook sy liefde vir stories, woorde en kreatiwiteit met ons gedeel. 🎭🎶📚

Baie dankie aan Helene en Constant dat julle deel was van ons Nasionale Boekweek en ons leerders geïnspireer het om te lees, te droom en hul verbeelding vrye teuels te gee.

🌟 Want ’n boek is nie net ’n storie nie – dit is ’n kaart na ’n wêreld van nuwe idees, avonture en moontlikhede! 🌍📚

09/09/2026

Baie geluk aan twee van ons slimkoppe! Ons is ongelooflik trots op Kayla de Bruyn (Graad 6) en Lienke Prins (Graad 5) wat deurgedring het na die Finale Rondte van die SAMO Wiskunde-uitdaging!

09/09/2026

Baie geluk aan ons ongelooflike Graad 5 Spreekkoor! Laerskool Lochnerhof se harte is sommer vol trots oor hierdie besondere groep wat ’n Cum Laude tydens die Helderberg Eisteddfod behaal het!

🫀 ’n Hart vol geskiedenis! 🫀Ons Graad 7 Breinboelies het gister die Heart of Cape Town Museum besoek en ’n ongelooflike ...
08/09/2026

🫀 ’n Hart vol geskiedenis! 🫀

Ons Graad 7 Breinboelies het gister die Heart of Cape Town Museum besoek en ’n ongelooflike reis terug in tyd beleef. 🏥

Die leerders het meer geleer oor een van die grootste oomblikke in die mediese geskiedenis – die wêreld se eerste suksesvolle hartoorplanting wat in 1967 by Groote Schuur Hospitaal plaasgevind het.

Dit was ’n insiggewende, interessante en onvergeetlike ervaring vir ons Breinboelies!

🧮🌟 Baie geluk aan twee van ons slimkoppe! 🌟🧮Ons is ongelooflik trots op Kayla de Bruyn (Graad 6) en Lienke Prins (Graad ...
08/09/2026

🧮🌟 Baie geluk aan twee van ons slimkoppe! 🌟🧮

Ons is ongelooflik trots op Kayla de Bruyn (Graad 6) en Lienke Prins (Graad 5) wat deurgedring het na die Finale Rondte van die SAMO Wiskunde-uitdaging! 👏

Baie geluk met hierdie uitstekende prestasie! Julle harde werk en deursettingsvermoë het beslis vrugte afgewerp.

Ons wens julle alle sterkte toe vir die finale rondte en weet julle gaan ons trots maak!

Sterkte, Kayla en Lienke – ons staan bankvas agter julle! ✨

Address

Sarel Cilliersstraat
Strand
7140

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 14:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Lochnerhof - offisiële bladsy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Lochnerhof - offisiële bladsy:

Shortcuts

Share

Category