Tuine Gemeente

Tuine Gemeente Religious Organization

| Terugkyk Maandag |Gister was 'n besonderse dag by Tuine Gemeente. Ons het die voorreg gehad om Rolandi Mc Geer, ons te...
15/06/2026

| Terugkyk Maandag |

Gister was 'n besonderse dag by Tuine Gemeente. Ons het die voorreg gehad om Rolandi Mc Geer, ons teologiestudent en jeugwerker, se proeferediens te beleef.

In haar boodskap het sy ons herinner dat Jesus ons altyd met genade ontmoet, net soos Hy vir Simon ontmoet het. Te midde van ons skuld, skaamte en tekortkominge nooi Jesus ons steeds om Hom te volg. Sy uitnodiging bly eenvoudig en kragtig:

“Kom saam.”

Mag ons op daardie uitnodiging antwoord en saam met Hom die pad vorentoe te stap.

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:
14/06/2026

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:

Ek mag nie saamgaan nie...mag ek? Rolandi Mc Geer (Proeferediens)

Sondag, 14 Junie, by Tuine Gemeente:Al ons Tuine-Vriende word hartlik uitgenooi na die Proeferediens van Rolandi Mc Geer...
12/06/2026

Sondag, 14 Junie, by Tuine Gemeente:
Al ons Tuine-Vriende word hartlik uitgenooi na die Proeferediens van Rolandi Mc Geer: "Ek mag nie saam gaan nie... mag ek?"

| Dinsdag Gedagte |Waar ons feesvier, al is dit met gebreekte brood en klein laggies, word die wêreld vir ’n oomblik wee...
09/06/2026

| Dinsdag Gedagte |
Waar ons feesvier, al is dit met gebreekte brood en klein laggies, word die wêreld vir ’n oomblik weer soos God dit bedoel het.

| Terugkyk Maandag |Gister het ons by die gemeente die preekreeks Rankplek afgesluit met die geloofsgewoonte van Viering...
08/06/2026

| Terugkyk Maandag |

Gister het ons by die gemeente die preekreeks Rankplek afgesluit met die geloofsgewoonte van Viering. Ds. Johnny het ons daarop gewys dat Jesus se heel eerste wonderwerk tydens ’n bruilofsfees plaasgevind het. Dit behoort vir ons iets te sê oor die belangrike plek wat feesviering in ons lewens behoort in te neem.

Daar was ook baie om by die gemeente te vier — eerstens ds. Johnny se verjaardag, en tweedens die doop van drie baba-dogtertjies. Baie geluk aan al die mammas en pappas met hierdie besondere geleentheid. Mag die Here julle en julle gesinne ryklik seën.

Die aanddiens se preekreeks, Toorwoorde, het ook afgesluit met die woord “asseblief”. Rolandi het met ons gedeel uit die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar wat bid, en hoe die tollenaar se gebed vir ons ’n voorbeeld behoort te wees van ’n “asseblief-houding”. Dit is ’n houding van nederigheid waarin ons besef hoe afhanklik ons van God én van mekaar is. 🙏

Vriende, hier is die skakel na vanaand se byeenkoms:
07/06/2026

Vriende, hier is die skakel na vanaand se byeenkoms:

Toorwoorde - "Asseblief" Rolandi Mc Geer

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:
07/06/2026

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:

Rankplek #7 - Feesviering Ds. Johnny Young

05/06/2026

Jy is genooi! Komende Sondag 09:00 by Tuine en aanlyn.

Sondag, 7 Junie by Tuine Gemeente:Oggenddiens + Doop | 09:00 | Ds Johnny YoungKinderkerk | 09:00Aandbyeenkoms + Juventus...
05/06/2026

Sondag, 7 Junie by Tuine Gemeente:

Oggenddiens + Doop | 09:00 | Ds Johnny Young
Kinderkerk | 09:00

Aandbyeenkoms + Juventus | 17:30

Address

8 Cuckoo Avenue, Safari Gardens
Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 07:30 - 10:30

Telephone

+27145330297

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tuine Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Tuine Gemeente:

Share