Sandveld Guest Farm

Sandveld Guest Farm Dit is hoogtyd vir 'n kuier op die plaas! Gerieflike, toegeruste, selfsorg plaashuis vir 7 mense. Kindervriendelik, Baie om te doen en te beleef! Baie veilig.

Ruim, moderne 4 slaapkamer huis met slaapplek vir 7 persone, toegeruste kombuis, ruim woonvertrek en buitestoep vir gesellige saamkuiers, 2 badkamers. Lieflike uitsigte . Bring gerus u eie quadfiets of veldfiets aangesien die uitgestrekte vlaktes, oneindige sandheuwels die ideale speelplek daarvoor is. Alle basiese geriewe asook beddegoed, lugversorging en braaihout vir die eerste aand. Bring sleg

s eie handdoeke. Wat ons alles bied:
- Groot buitebraai
- Kilometers se stap ruimtes
- Pragtige veldblomme
- Natuurlike wildlewe (duikers, steenbokkies, volstruise, hase, jakkalse, skilpaaie, ens)
- Veilige omgewing vir die kinders
- Mak plaasdiere reg voor die huis wat die kinders kan vryf en voer
- Jungle Gym, swaaie, sandput, klimbome vir die avontuurlustige kind
- Televisie met 3 basiese kanale (geen DSTV)
- DVD speler met baie beskikbare DVD's vir kinders en volwassenes
- Goeie selfoon ontvangs
- Internet toegang teen koste

Address

R365
Redelinghuys
8105

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sandveld Guest Farm posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Sandveld Guest Farm:

Share