Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad

Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad Laerskool Pretoria-Oos is 'n klein Afrikaanse skool in die hartjie van Pretoria. Osies het een goue reël en dit is RESPEK.

Ons klasse is relatief klein danksy die feit dat daar heelwat meer addisionele personeel deur die ouers aangestel word as personeel wat hier Departmentele poste het wat dus beteken dat elke kind meer persoonlike aandag kan geniet. Ons spog met 'n span toegewyde en liefdevolle opvoeders wat regtig
bereid is om die spreekwoordelike "ekstra myl" vir die leerlinge te loop
en ons slaag goed daarin om elke Osie daagliks met 'n glimlag huis
toe te kan stuur. Alhoewel ons baie trots is op al ons leerlinge se prestasies in die verlede en ook tans op die gebied van akademie, sport en kultuur, plaas ons 'n hoër premie op dié van deelname en die genot daarvan. Die maats weet dat respek in die eerste plek by jouself begin in alles wat jy doen en ook wat jy sê. Laerskool Pretoria-Oos is 'n skool waar kinders nog spontaan kind kan wees en kaalvoet kan speel sonder die oormatige druk om te moet presteer ter wille van prestasie.

17/09/2026

🎭✨ KAARTJIEVERKOPE IS NOU OOP! ✨🎭

KULTUURAAND 2026 🌟

Kom beleef ’n onvergeetlike aand propvol talent, musiek, dans en kultuur! 🎶💃🎤

📅 Maandag, 21 September 2026
🕕 18:00
📍 Doxa Deo Brooklyn
🎟️ Kaartjies: R80 per persoon

🎫 Kaartjies is nou beskikbaar!
👉 https://store.sticitt.co.za/Osieland

Kom ondersteun ons talentvolle leerders! 🌟

Moenie hierdie spesiale aand misloop nie! 💫

16/09/2026

🔧⚡ TEGNOLOGIE IN AKSIE! 🏗️

Ons graad 7's het onlangs hul kreatiwiteit, kennis en probleemoplossingsvaardighede ingespan om huiskrane te bou as deel van hul Tegnologie Mini-PAT! 👷‍♀️👷‍♂️

Maar hierdie is nie sommer net gewone krane nie… 🤩
Die krane funksioneer met elektromagnete wat gebruik word om staal te lig en te verskuif. 🧲⚙️

Van ’n ontwerp op papier tot ’n werkende model – ons leerders het eerstehands ervaar hoe wetenskap, tegnologie en kreatiwiteit saamwerk om ’n probleem op te los.

👏 Ons is ongelooflik trots op elke leerder se harde werk, deursettingsvermoë en innoverende denke!

OSIE-KRIEKET -  O/10's deur na semi-finaal!Ons O/10's het gister teen Laerskool Wonderboom krieket gespeel. Die OSIES he...
16/09/2026

OSIE-KRIEKET - O/10's deur na semi-finaal!

Ons O/10's het gister teen Laerskool Wonderboom krieket gespeel. Die OSIES het as wenners uit die stryd getree.

Baie geluk en sterkte met die semi's!

OSIE-ATLETIEK - Kyk net hoe spoggerig lyk ons verspringput se aanloop!Ons is baie opgewonde oor ons verspringput se aanl...
15/09/2026

OSIE-ATLETIEK - Kyk net hoe spoggerig lyk ons verspringput se aanloop!

Ons is baie opgewonde oor ons verspringput se aanloop wat opgeknap is. Net betyds vir die atletiekseisoen wat in Oktober begin.
Osies gaan vorentoe!

OSIE-KRIEKET - ONS IS LIGAWENNERS!Baie geluk aan ons O/11's wat as ligawenners uit die stryd getree het. Julle is ysters...
15/09/2026

OSIE-KRIEKET - ONS IS LIGAWENNERS!

Baie geluk aan ons O/11's wat as ligawenners uit die stryd getree het. Julle is ysters!

Beide ons O/11's en O/10's is deur na die uitspele. Baie geluk en sterkte!
Ons OSIES staan agter julle!

OSIE-BERGFIETS - Finaal, hier kom ons!Julle maak ons trots! Sterkte vir die groot FINAAL!
14/09/2026

OSIE-BERGFIETS - Finaal, hier kom ons!

Julle maak ons trots! Sterkte vir die groot FINAAL!

OSIE-TENNIS - St. Benedict's tennistoernooi Baie geluk aan ons tennis Oop A seuns (Connor McIntyre, Alexander Strydom, S...
14/09/2026

OSIE-TENNIS - St. Benedict's tennistoernooi

Baie geluk aan ons tennis Oop A seuns (Connor McIntyre, Alexander Strydom, Siya Swanepoel en Luan Theron) wat Saterdag, 12 September aan die jaarlikse St. Benedict's tennistoernooi deelgeneem het.
Elke seun het vyf wedstryde gespeel wat uit 9 potte bestaan het. Dit was 'n lang, warm middag, met sterk opponente, maar die seuns het goed vasgebyt om sodoende 'n algehele 2de plek van agt skole behaal. Ons is trots!

North Gauteng Senior Science Fair 2026Sterkte aan die volgende Osies wat vanmiddag aan die North Gauteng Senior Science ...
11/09/2026

North Gauteng Senior Science Fair 2026

Sterkte aan die volgende Osies wat vanmiddag aan die North Gauteng Senior Science Fair by Hoërskool Waterkloof deelneem:

Abigail Olivier & Raleen de Meillon
- Die invloed van temperatuur op die uitbroei van 'n hoendereier.

Milan Busch
- The Stain Game

Madison Swarts & Mila O'Briain
- Wanneer die lewe jou suurlemoene gee, maak Elektrisiteit!

Francis du Plessis & Ruben Louis Oosthuysen
- Can magnets make our roads safer?

Ouers en maats is welkom om Saterdag (09:00-12:00) die take by Hoërskool Waterkloof te besigtig.

Address

209 Roper Street
Pretoria
0083

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad:

Shortcuts

Share

Category