Laerskool Elarduspark

Laerskool Elarduspark Welkom by Lardies op Facebook! Kontak ons gerus by [email protected]

MINI-HOKKIE WAARDEVOLLE OEFENSESSIE OP DIE ASTRO🏑🌟Ons Mini-Hokkie-maats het gister ’n heerlike oefensessie op die Astro ...
10/06/2026

MINI-HOKKIE WAARDEVOLLE OEFENSESSIE OP DIE ASTRO🏑🌟
Ons Mini-Hokkie-maats het gister ’n heerlike oefensessie op die Astro gehad.

Hierdie oefensessies is die perfekte geleentheid vir ons spelertjies om goeie blootstelling te kry aan die vinnige Astro-oppervlak en te sien hoe die bal anders beweeg as op gras. Dit is wonderlik om te sien hoe ons mini-Lardies hul vaardighede stroomlyn!

#2026

BLOU BULLE SEMI-FINALE🏉💪Drie Lardie-spanne in die stryd! Die opwinding loop hoog tussen ons rugbymanne! Ons is trots op ...
10/06/2026

BLOU BULLE SEMI-FINALE🏉💪
Drie Lardie-spanne in die stryd!
Die opwinding loop hoog tussen ons rugbymanne! Ons is trots op ons rugbyspanne wat deurgedring het na die Blou Bulle Semi-finale wat hierdie Donderdag, 11 Junie te Hoërskool Waterkloof plaasvind.

Ons het nog nie bevestiging of daar ’n regstreekse uitsending van die wedstryde gaan wees nie. Sodra ons meer inligting het sal ons die Lardie gemeenskap dadelik in kennis stel.

Baie sterkte aan al drie hierdie spanne en hul afrigters. Gaan wys vir hulle wat dit beteken om 'n Lardie Legende te wees!

#2026

GAUTENG KAMPIOENSKAPPE, HIER KOM DIE LARDIES! 🏐Díe dogters se harde werk het vrugte afgewerp. Ons is trots om aan te kon...
09/06/2026

GAUTENG KAMPIOENSKAPPE, HIER KOM DIE LARDIES! 🏐
Díe dogters se harde werk het vrugte afgewerp. Ons is trots om aan te kondig dat beide ons o/12A en o/13 A Netbalspanne deurgedring het na die Gauteng Kampioenskappe te Hoërskool EG Jansen hierdie komende naweek.

Hierdie is ’n geweldige prestasie wat getuig van weke se sweet en pure murg op die baan. Gaan voluit vir elke bal en speel as ’n eenheid, ons staan agter julle!

#2026

09/06/2026

WIE HET NOU 'N SKOOLBUS NODIG?
As jy nog nie jou kaartjies gekoop het nie, is dit nou die tyd.
Elke kaartjie wat jy koop ondersteun ons skool se fondsinsameling vir nuwe projekte en fasiliteite en gee jou natuurlik ’n kans op daardie groot prys.

#2026

MANNE AAND 2026, ONS ROEP ALLE LARDIE PA'S🔥Pappas, maak gereed vir ’n aand van goeie samesyn en lekker kuier ten bate va...
09/06/2026

MANNE AAND 2026, ONS ROEP ALLE LARDIE PA'S🔥
Pappas, maak gereed vir ’n aand van goeie samesyn en lekker kuier ten bate van ons mooi blou skool! Dit is tyd vir die jaarlikse Sterrebond Manne-Aand en u wil dit nie misloop nie.

Bring u vriende, geniet die aand saam met mede-Lardie-pa's en ondersteun ons fondsinsameling.
Volg die onderstaande skakel om u bywoning te bevestig:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe3iCfJHPLPWrdi-ugfwR23msJ7zlsWFbMfCTWg2vgKmNox-Q/viewform

Algemene navrae: 0824051289

#2026

SELFVERTROUE NEEM HOM REGUIT NA DIE FINAAL🎤🌟Een van ons eie Lardies het amptelik deurgedring na die Redenaars ATKV-Applo...
08/06/2026

SELFVERTROUE NEEM HOM REGUIT NA DIE FINAAL🎤🌟
Een van ons eie Lardies het amptelik deurgedring na die Redenaars ATKV-Applous Landsfinaal in die addisionele taal kategorie.

Om in ’n addisionele taal op hierdie vlak mee te ding en uit te blink, vra veel meer as net talent. Dit is die resultaat van weke se harde werk en moed. Baie geluk en baie sterkte met die laaste voorbereidings vir die Landsfinaal, ons hele skool wag in spanning om jou te sien skitter!

#2026

ONS 1STE NETBALSPAN IS DEUR NA DIE GAUTENG KAMPIOENSKAPPE🏆Ons 1ste Netbalspan het dit weer reggekry! Na ’n rits strawwe ...
08/06/2026

ONS 1STE NETBALSPAN IS DEUR NA DIE GAUTENG KAMPIOENSKAPPE🏆
Ons 1ste Netbalspan het dit weer reggekry! Na ’n rits strawwe wedstryde teen die beste in die distrik, het die meisies amptelik deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe te Hoërskool EG Jansen wat hierdie komende naweek plaasvind.

Die hele skool staan hierdie naweek agter julle. Gaan voluit en speel julle harte uit!

#2026

GRAAD 3 INSTAPPIE 🪱🦋🕷️Die Graad 3’s het ongelooflike interessante insekte-instappies saam met EduVet en die Corteva Span...
05/06/2026

GRAAD 3 INSTAPPIE 🪱🦋🕷️
Die Graad 3’s het ongelooflike interessante insekte-instappies saam met EduVet en die Corteva Span beleef laasweek. Al die kriewelende kewers en kleurvolle skoenlappers was daar. Ons Lardies was vol nuuskierige vrae.

#2026

BAAN TOE MET LARDIE-TROTSOns 1ste Netbalspan neem vandag deel aan die strawwe Tshwane Netbal-uitspele te Midstream!Die h...
05/06/2026

BAAN TOE MET LARDIE-TROTS
Ons 1ste Netbalspan neem vandag deel aan die strawwe Tshwane Netbal-uitspele te Midstream!

Die hele Laerskool Elarduspark staan bankvas agter julle. Gaan voluit, geniet elke oomblik.

#2026

Address

Alberton Street 548
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27123451031

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Elarduspark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share