Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies

Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies Amptelike Facebook-blad van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

AFFIE-DEBAT'n Volle vyf Affie-debatspanne sal op 3 Augustus aan die ATKV-depatskompetisie se nasionale finaal by Klein K...
10/06/2026

AFFIE-DEBAT

'n Volle vyf Affie-debatspanne sal op 3 Augustus aan die ATKV-depatskompetisie se nasionale finaal by Klein Kariba deelneem.

Baie geluk aan die twee junior spanne van Hardus Ferreira, Reuben Loubser en Hendrik Botes asook Peter Ferreira, Lihan Botha en Divan van der Westhuizen.

In die senior afdeling sal drie Affie-spanne die skool verteenwoordig, naamlik James Roets en Paul Ralph Smit, Bjorn Pendlebury en Juandré Ge**er asook Emil Els en Christopher Janse van Vuuren.

Sterkte met julle voorbereiding!

fairtree_group

AFFIE-ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFODDie Konsertorkes, Strykorkes en die Swing Ensemble het almal puik presteer by die Pr...
08/06/2026

AFFIE-ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Die Konsertorkes, Strykorkes en die Swing Ensemble het almal puik presteer by die Pretoria Eisteddfod. Al drie orkeste ontvang 'n A++ en word as kategoriewenners van die onderskeie afdelings aangewys. Die Swing Ensemble word as die algehele wenners van die Orkeste-afdeling aangewys.

Baie geluk aan die volgende individuele prestasies:

Vokaal
Terence Beattie (gr. 10)
Hoogste gemiddeld Gr. 8-10
Mimi Coertse toekenning (beoordelaarskeuse vir die leerder met baie potensiaal)

Martinus van Rooyen (gr. 11)
Beste Musiekblyspel
Hoogste gemiddeld (seuns)
Beste Engelse lied
Beste Kunslied
Beste ensemble
Algehele wenner
Sanger van die jaar

Hout- en Koperblasers:
Morné Erlank (gr. 10)
Algehele Wenner van die Koperblaasafdeling

Juanco van Zyl (gr. 10)
Beste Bladlees (Gr. 1 - 3)

Ben Cilliers (gr. 12)
Beste Onbegeleide Studie
Beste gemengde ensemble (saam met Morné Greyling - viool)

Lodewikus Prinsloo (gr. 12)
Beste Koperblasers
Beste Franse Horing

Gustav Bouwer (gr. 11)
Beste Tromboon

Janrich de Necker (gr. 12)
Beste Tuba

Julius Eybers (gr. 12)
Beste Trompet

AHS Saxofoonkwartet
Beste Houtblaasensemble

Perkussie
Reuben Wolfaardt (gr. 9)
Beste Uitvoering
Beste Studie
Beste Perkussie Uitvoering
Beste Junior Hoërskool Leerling

Reinhardt Snyman (gr. 11)
Beste Snaartrom Uitvoering
Algehele Wenner van die Perkussie afdeling

AHS Drumline
Beste Ritmiese Ensemble: Hoërskool

Baie geluk, manne!

fairtree_group

AFFIE-MUURBALLodewyk de Clercq (gr. 8) is by die 2026 Northerns o.15 A-Muurbalspan ingesluit. Hierdie span neem deel aan...
08/06/2026

AFFIE-MUURBAL

Lodewyk de Clercq (gr. 8) is by die 2026 Northerns o.15 A-Muurbalspan ingesluit. Hierdie span neem deel aan die Interprovinsiale Toernooi wat van 27 Junie tot 1 Julie 2026 plaasvind.

Baie geluk, Lodewyk!

AFFIE-REDENAARSNie minder nie as vier Affie-gladdebekke het na die ATKV-redenaarskompetisie se nasionale finaal, wat op ...
08/06/2026

AFFIE-REDENAARS

Nie minder nie as vier Affie-gladdebekke het na die ATKV-redenaarskompetisie se nasionale finaal, wat op 4 Augustus plaasvind, deurgedring.

Baie geluk aan Samuel Robertson (gr. 9), Ofentse Serote (gr. 9), Harrison Nass (gr. 9) en Werner Victor (gr. 12).

AFFIE-HOKKIEUitslae van die wedstryde teen Menlopark:1stes wen, 2-02des gelykop, 2-216A wen, 3-016B wen, 2-014A verloor,...
08/06/2026

AFFIE-HOKKIE

Uitslae van die wedstryde teen Menlopark:

1stes wen, 2-0
2des gelykop, 2-2

16A wen, 3-0
16B wen, 2-0

14A verloor, 0-1
14B wen, 3-0

Mooi skoot, manne!

AFGRI
Renault South Africa
arrienel_pharmacies

AFFIEKOOR DEUR NA APPLOUS-FINAALBaie geluk aan die Rooidasse wat na die landswye finaal van die ATKV-Applous Nasionale K...
03/06/2026

AFFIEKOOR DEUR NA APPLOUS-FINAAL

Baie geluk aan die Rooidasse wat na die landswye finaal van die ATKV-Applous Nasionale Koorkompetisie deurgedring het

Die finaal vind op Saterdag, 1 Augustus, in Kaapstad plaas.

Sterkte met jul voorbereiding!

fairtree_group

AFFIE-GHOLFDAGTeken solank die datum aan vir die 2026 Affie-gholfdag. Besprekings open 22 Julie.
02/06/2026

AFFIE-GHOLFDAG

Teken solank die datum aan vir die 2026 Affie-gholfdag. Besprekings open 22 Julie.

AFFIE-HOKKIEHiermee die bepalings vir die naweek se wedstryde teen Die Hoërskool Menlopark:AFGRIRenault South Africaarri...
02/06/2026

AFFIE-HOKKIE

Hiermee die bepalings vir die naweek se wedstryde teen Die Hoërskool Menlopark:

AFGRI
Renault South Africa
arrienel_pharmacies

AFFIE EN OUD-AFFIE IN SA O.19 TOERGROEPBaie geluk aan Vihan Pretorius (matriek) en Jorich van Schalkwyk (2025), wat inge...
01/06/2026

AFFIE EN OUD-AFFIE IN SA O.19 TOERGROEP

Baie geluk aan Vihan Pretorius (matriek) en Jorich van Schalkwyk (2025), wat ingesluit is in die groep van vyftien o.19-spelers wat eersdaags na Engeland toer.

Die SA o.19- en Engeland o.19-span speel tussen 30 Junie en 20 Julie drie 50-beurtwedstryde en twee vierdaagse wedstryde teen mekaar.

Baie sterkte, manne!

AFFIE-SKAAKTshwane-Suid (D4) Distriksfinaal: Individuele SkaakkampioenskapDie Tshwane-Suid distriksfinaal vir individuel...
01/06/2026

AFFIE-SKAAK

Tshwane-Suid (D4) Distriksfinaal: Individuele Skaakkampioenskap

Die Tshwane-Suid distriksfinaal vir individuele spelers is Saterdag oor 5 rondtes by Cornwall Hill College beslis. Vyf Affie-spelers het gekwalifiseer om deel te neem.
Twee spelers behaal podiumplekke:
Michael Bain, 1ste plek (o.15) en
Alexander Feuth, 3de plek (o.17)

Hierdie twee spelers dring deur na die Gauteng-uitspeelwedstryde, wat later in die jaar plaasvind.

Baie geluk, manne!

Address

Lynnwoodweg 1
Pretoria
0002

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category