09/06/2026
Dankie aan Die Kinderfonds! Ronel Aylward het tydens 'n jaarlikse geselligheid terugvoer gegee oor projekte wat danksy finansiering deur Die Kinderfonds, moontlik gemaak is. Die CMRN Noord is een van die organisasies wat deur Die Die Kinderfonds ondersteun word.
Dankbaarheid het die botoon gevoer toe meer as 18 verteenwoordigers van organisasies, wat deur Die Kinderfonds ondersteun word, aan die einde van Mei in Pretoria vir die jaarlikse geselligheid byeengekom het. Verteenwoordigers van Thusa, RATA, NG Welsyn, KAMcare, M.E.S., Lesedi Day Care, Jakaranda...