13/09/2026
Terug van 'n onvergeetlike akademiese toer!😎
Ons graad 8 tot 11-leerders het vandag teruggekeer van 'n verrykende akademiese toer waartydens hulle die geleentheid gehad het om verskeie interessante bestemmings te besoek, waaronder ATKV Buffelspoort, die Sterkfonteingrotte, Hartbeespoortdam, die Harties-kabelkar, Jasmyn, Van Gaalen se Kaasplaas en Sun City.
Die toer het waardevolle leergeleenthede buite die klaskamer geskep en vir ons leerders blootstelling gegee aan geskiedenis, natuur, toerisme en kultuur.
'n Spesiale dankie aan mnr. FJ de K**k wat die groep vergesel het.
Ons vertrou dat elke leerder met nuwe kennis, mooi herinneringe en waardevolle ervarings teruggekeer het.