01/01/2026
Aan almal op hierdie fb blad:
Grondpad….van 2025...wat ek nooit ooit sal wil oor stap nie, ja daar was dae wat ek die mooiste view gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop om net op n beter plek te kom as gister... soms op my kniee geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie, dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai..
Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk wat saam my gereis het, van hulle het ek oppad verloor maar dis okay... dan was daar dorings wat my vele kere gesteek het dat ek vir dae net nie meer kon loop nie… maar dis ook okay... Dit was n lang pad, soms sonder water, soms sonder suurstof, soms met geskeurde skoene maar dit was n goeie pad… iets geleer? Absoluut .. dat niemand die pad vir jou kan stap nie maar wel net saam jou, dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie, dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie, dat min mense jou enduit gaan help, dat beloftes soms leë woorde is, dat opgee nooit 'n opsie is nie, dat mens weer moet sit en rustig word en dankie sê... dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan omdat hulle dit nie vir jou gun nie… dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie.
Tot hier het ek dit gemaak, as ek hierdie jaar in perspektief moes verstaan sal dit moeilik wees om te verduidelik. Van struikel, opstaan en aangaan... het ek soveel geleer van myself en van hierdie wereld waarmee ons elke dag te doen kry. Daar was goed en sleg maar ek sien uit na die nuwe grondpad wat voorlê.
Dankie aan al die blommetjies wat saam my dit enduit gemaak het, elkeen van julle het julle eie kleure, reuk en vorm gehad en so het ek by elkeen iets geleer. Wat nou voorlê weet nie ek of jy nie, maar wat ek wel weet is dat ek beter skoene moet kry, n groter rugsak, meer water en soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak...
Veilig reis, wees lief vir mekaar, help mekaar, droom saam, lag saam en maak tyd vir alles en mekaar.
Vir jou...dankie vir die deeltjie plesier en stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2025 kon dra... Mag die Here elkeen van ons soos altyd lei op die onbekende pad van 2026 en mag ons nooit vergeet van Sy groot genade nie.
Wees Geseënd🙏❤