Laerskool Baillie Park - amptelik

Laerskool Baillie Park - amptelik Welkom by Baillies se amptelike nuwe Facebook blad!

13/09/2026

Klein kunstenaars met groot verbeelding! ๐Ÿฆ๐ŸŽจ

Hierdie week het ons Grondslagfase-maats die wonderlike wรชreld van Doodle-kuns ontdek!

Elke leerder het self sy of haar eie unieke voรซltjie geteken, dit met kreatiewe patrone versier en daarna met helder, vrolike waterverfkleure tot lewe gebring.

Elke kunswerk vertel iets van โ€™n klein kunstenaar se eie verbeelding, kreatiwiteit en unieke styl.

Ons is sommer baie trots op hierdie kleurvolle kunswerke wat van begin tot einde deur ons maats se eie handjies, idees en verbeelding geskep is! ๐Ÿฆ๐Ÿ–Œ๏ธ๐ŸŒˆ

11/09/2026

โ€™n Klein boontjie, โ€™n groot avontuur! ๐Ÿซ˜๐ŸŒฑ

Vandag het ons Graad 1โ€™s hul Plante-tema op die lekkerste manier afgesluit โ€“ deur boontjies te plant! ๐ŸŒฑ

Met klein handjies, groot opgewondenheid en hope liefde het ons geleer dat plante tyd, water, sonlig en โ€™n bietjie ekstra sorg nodig het om te groei. โ˜€๏ธ๐Ÿ’ง๐ŸŒฑ

Nou wag die groot avontuurโ€ฆ Wie se boontjie gaan eerste groei? ๐Ÿ‘€๐Ÿ’š

Ons kan nie wag om te sien hoe ons klein saadjies in pragtige plantjies verander nie! ๐ŸŒฟโœจ

๐Ÿ‘ALBEI ONS DOGTERSSPANNE IS DEUR NA DIE NW HALFEINDRONDE! Wat โ€™n ongelooflike prestasie deur ons O/13 A- en B-dogters! A...
09/09/2026

๐Ÿ‘ALBEI ONS DOGTERSSPANNE IS DEUR NA DIE NW HALFEINDRONDE!

Wat โ€™n ongelooflike prestasie deur ons O/13 A- en B-dogters! Albei spanne het hul NW Kwartfinaalwedstryde gewen en verseker daarmee hul plek in die Halfeindronde!

๐Ÿ”ด O/13 B-dogters wen 2โ€“0 teen Laerskool Schweizer-Reneke.
๐Ÿ”ต O/13 A-dogters wen 2โ€“1 teen Laerskool Lichtenburg.

Ons is TROTS op julle!

Nou wag die volgende uitdagingโ€ฆ NW HALFEINDRONDE, HIER KOM BAILLIES!

WE, NOT ME! ๐Ÿ”ด๐Ÿ”ต

๐Ÿ‘ DOGTERS IN DIE NW HOKKIE-KWARTFINALE! Ons O/13 A- en B-dogters speel vandag in die NW Hokkie-Kwartfinale! ๐Ÿ”ด O/13 A-dog...
09/09/2026

๐Ÿ‘ DOGTERS IN DIE NW HOKKIE-KWARTFINALE!

Ons O/13 A- en B-dogters speel vandag in die NW Hokkie-Kwartfinale!

๐Ÿ”ด O/13 A-dogters vs Laerskool Lichtenburg
๐Ÿ”ต O/13 B-dogters vs Laerskool Schweizer Reneke

Dogters, ons is reeds ongelooflik trots op julle! Stap met selfvertroue op daardie veld, speel vir mekaar en speel met julle hele hart.

Geniet elke oomblik en gee alles โ€“ Baillies staan bankvas agter julle!

Baie sterkte, dogters!
WE, NOT ME! ๐Ÿ”ด๐Ÿ”ต

BAILLIES BY DIE DR. KENNETH KAUNDA GLENLY-SKAAKTOERNOOI โ™Ÿ๏ธBaie geluk aan ons Baillies-skaakspelers wat Saterdag 5 Septem...
06/09/2026

BAILLIES BY DIE DR. KENNETH KAUNDA GLENLY-SKAAKTOERNOOI โ™Ÿ๏ธ

Baie geluk aan ons Baillies-skaakspelers wat Saterdag 5 September aan die Dr. Kenneth Kaunda Glenly-skaaktoernooi deelgeneem het! Ons is trots op elkeen van julle.

๐Ÿ† U/8: Jayden Oosthuizen โ€“ 2de plek
๐Ÿ† U/10: Nickes Combrink โ€“ 1ste plek
๐Ÿ† U/12: Janco Combrink โ€“ 1ste plek
โ™Ÿ๏ธ U/12: Nandus Conradie โ€“ 19de plek
โ™Ÿ๏ธ U/14: Zenica Stoltz โ€“ 10de plek

Baie geluk aan elke speler met hierdie uitstekende prestasies! โ™Ÿ๏ธ๐Ÿ’™โค๏ธ

06/09/2026

๐Ÿ‘ฉโ€โš•๏ธ๐Ÿ‘ฎโ€โ™‚๏ธ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿซ๐Ÿ‘จโ€๐Ÿš’ Mense wat ons in die gemeenskap help! ๐Ÿš‘๐Ÿš’๐Ÿซ

Ons Graad 2-maats het hul kreatiwiteit behoorlik laat blom! ๐ŸŽจโœจ Elke maat het sy of haar eie gemeenskapshelper-poppie gemaak โ€“ en kyk net hoe oulik het hulle uitgekom!

Van dokters en verpleegsters tot onderwysers, polisiemanne en brandweermanne - ons het sommer weer besef dat elke helper โ€™n belangrike plekkie in ons gemeenskap het.

Klein handjies, groot kreatiwiteit en nรณg groter waardering vir ons gemeenskapshelde! ๐Ÿซถโœจ

Send a message to learn more

๐Ÿ Baillie Park se O/13A-dogterskrieketspan behaal โ€™n oortuigende oorwinningBaillie Park se O/13A-dogterskrieketspan het ...
05/09/2026

๐Ÿ Baillie Park se O/13A-dogterskrieketspan behaal โ€™n oortuigende oorwinning

Baillie Park se O/13A-dogterskrieketspan het Woensdag teen Potch Central gespeel. Hulle het eerste gekolf en โ€™n uitstekende totaal van 213 lopies aangeteken.

Selmay Taylor (57) het haar eerste 50-tal behaal en saam met Ansu Fourie (49) โ€™n indrukwekkende vennootskap van meer as 100 lopies opgebou. Albei spelers het sewe viere aangeteken.

Potch Central is daarna vir slegs 43 lopies uitgeboul. Adelay Botha en Grizelda Janse van Rensburg het elk twee paaltjies geneem. Ofentse Maruping, Ansu Fourie, Joanรฉ Fourie en Dinekรฉ Janse van Rensburg het elk een paaltjie geneem.

๐Ÿ† Baillie Park wen met 170 lopies!

๐ŸŒŸ Speler van die wedstryd: Ansu Fourie

Baie geluk aan die hele span met hierdie uitstekende spanprestasie! ๐Ÿ‘๐Ÿ

๐Ÿ‘ONS O/10 HOKKIEDOGTERS IS GEREED! Die koue gaan beslis nie vandag ons Baillies-dogters keer nie!  Ons Onder 10 hokkiedo...
05/09/2026

๐Ÿ‘ONS O/10 HOKKIEDOGTERS IS GEREED!

Die koue gaan beslis nie vandag ons Baillies-dogters keer nie! Ons Onder 10 hokkiedogters is gereed om die koue aan te durf en lekker hokkie te speel by Laerskool Fonteine se Hokkiedag.

Dogters, geniet elke oomblik, speel met julle hele hart en maak mooi herinneringe saam met julle spanmaats.

Ons is sommer baie trots op julle!

Go Baillies! ๐Ÿ”ด๐Ÿ”ต

Address

Cnr. Neethling And Pavey Street
Potchefstroom Town
2531

Opening Hours

Monday 07:15 - 14:00
Tuesday 07:15 - 14:00
Wednesday 07:15 - 14:00
Thursday 07:15 - 14:00
Friday 07:15 - 13:30

Telephone

+27182905377

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Baillie Park - amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Baillie Park - amptelik:

Shortcuts

Share

Category