Orania Ontwikkelingsmaatskappy

Orania Ontwikkelingsmaatskappy Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy onderneem projekte om Orania te ontwikkel vanaf 'n dorp na 'n stad

Frans de Klerk, Hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, antwoord."Orania volg 'n organiese benadering tot die ontwi...
14/09/2026

Frans de Klerk, Hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, antwoord.

"Orania volg 'n organiese benadering tot die ontwikkeling van sy mediese geriewe. Tans beskik ons oor 'n uitnemende mediese sentrum met drie dokters, 'n tandarts en verskeie ander gesondheidsdienste.

'n Hospitaal kan egter nie gebou word voordat Orania die nodige ekonomiese skaal bereik het nie. Die ontwikkeling van 'n hospitaal vorm beslis deel van ons langtermynbeplanning, maar dit sal gerealiseer word wanneer so 'n hospitaal volhoubaar bedryf kan word."

Het jy nog vrae oor Orania se ontwikkeling? Vra gerus!

Orania se Dorpsraad werk! Die resultate spreek vanself: munisipale dienste waarop jy kan reken, ’n mooi, skoon omgewing ...
12/09/2026

Orania se Dorpsraad werk!
Die resultate spreek vanself: munisipale dienste waarop jy kan reken, ’n mooi, skoon omgewing en projekte wat op tyd en binne begroting afgehandel word.

Met behulp van honderde “Oraniërs” wêreldwyd kan die Dorpsraad selfs paaie teer sonder om enige staatsbefondsing daarvoor te ontvang. (Sien bou.orania.co.za vir meer inligting hieroor.)

Net nog ’n rede waarom Orania bly groei en steeds van krag tot krag gaan.

Die Afrikaner maak só.Die Afrikaner bou. Ons vier saam met Bo-Karoo Opleiding die opgradering van die Leer-My-Hoe Proefp...
08/09/2026

Die Afrikaner maak só.

Die Afrikaner bou.

Ons vier saam met Bo-Karoo Opleiding die opgradering van die Leer-My-Hoe Proefplaas werkswinkels. Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy se Hoof van Ontwikkeling, Niel de Klerk, het saam met Paul Vogel en Appie Pienaar aan die paneelbespreking deelgeneem.

'n Filiaal van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Orania Groeikrag, het bygedra tot die opgrigting van hierdie fasiliteite. Hierdie projek behels 'n belegging van ongeveer R 3.6 miljoen.

Só bou ons 'n Afrikanerstad wat ons kinders kan erf.

07/09/2026

REGSTREEKS
📍Orania

Ons vier die opgradering van Bo-Karoo Opleiding se fasiliteite op die Leer-my-hoe Proefplaas.

Ons Hoof van Ontwikkeling, Niël de Klerk, verduidelik waarvoor die nuwe fasiliteite gebruik gaan word.

Die Projek Loodsingsfunksie van Bo-Karoo Opleiding se Leer-My-Hoe Proefplaas werkswinkels vind vanaand plaas.

'n Filiaal van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Orania Groeikrag, het bygedra tot die opgrigting van hierdie fasiliteite. Hierdie projek behels 'n belegging van ongeveer R 3.6 miljoen.

Hou jou oë op ons blad vir opBOUende nuus!

07/09/2026

Nuus uit ORANIA

Alle ontwikkeling, word uit eie geledere befonds. Orania ontvang geen staatshulp vir dorpsinstandhouding of -ontwikkeling nie, dus word elke ontwikkelingsprojek haarfyn beplan en bestuur.

Met die vorige servituutpadprojek het goeie bestuur 'n begrotingsoorskot van R 600 000 beteken.

Daarom bou ons verder! Niks staan in ons pad nie.

Die Stadsboufonds het alreeds R 400 000 bygedra om die afskopbedrag van die projek tot op R 1milj. te bring.

Orania het jou ondersteuning nodig om hierdie Afrikanerstad te ontwikkel en te bou, dit doen ons deur middel van die Orania Stadsboufonds.

Borg 'n m² van hierdie volgende pad en wees deel van 'n generasie Stadsbouers.

Kliek hier om saam te bou:
https://bou.orania.co.za/

Bo-Karoo Opleiding boer vooruit!Die Projek Loodsingsfunksie van Bo-Karoo Opleiding se Leer-My-Hoe Proefplaas werkswinkel...
03/09/2026

Bo-Karoo Opleiding boer vooruit!

Die Projek Loodsingsfunksie van Bo-Karoo Opleiding se Leer-My-Hoe Proefplaas werkswinkels vind eerskomende Maandagaand plaas.

'n Filiaal van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Orania Groeikrag, het bygedra tot die opgrigting van hierdie fasiliteite. Hierdie projek behels 'n belegging van ongeveer R 3.6 miljoen.

Kom woon hierdie geleentheid op Maandag, 7 September 2026 by, om 17:15 vir 17:30.
RSVP by Linda: [email protected]

Hoe lyk Bo-Karoo Opleiding se Technika Werkswinkels drie maande later?Die raamwerk vir die tegniese werkswinkels het in ...
03/09/2026

Hoe lyk Bo-Karoo Opleiding se Technika Werkswinkels drie maande later?

Die raamwerk vir die tegniese werkswinkels het in hierdie week al dakhoogte bereik.

'n Filiaal van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Eendracht Eiendomme befonds die oprigting van hierdie tegniese werkswinkels. Die werkswinkels se ontwikkeling behels 'n belegging van ongeveer R15 miljoen.

Die volgende uitbreiding van studente-fasiliteite is op die horison, jy word uitgenooi om hierdie geleentheid saam met ons te vier.

Meer inligting in die kommentaar!

Orania gaan ‘n mooi stad wees – iets besonders! ‘n Stad wat nie net loop- en fietsvriendelik is nie, maar wat dit vir di...
29/08/2026

Orania gaan ‘n mooi stad wees – iets besonders! ‘n Stad wat nie net loop- en fietsvriendelik is nie, maar wat dit vir die gemeenskap aangenaam maak om daarin te woon en te werk. Iets hiervan sien ons reeds in die talle openbare ruimtes waarin kinders kommervry kan speel en baljaar, maar ook in die mooi kunswerke wat voor alle nuwe openbare geboue opgerig word. Orania bewys dat Afrikaners ook ‘n tuiste in ‘n stad kan vind, mits die stad hul karakter en identiteit respekteer.

Address

Olienhoutrylaan S068, Die Duiker
Orania
8752

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Orania Ontwikkelingsmaatskappy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Orania Ontwikkelingsmaatskappy:

Shortcuts

Share