10/09/2026
Aan die Gemeenskap van Moorreesburg, en die Eienaars van Gutto's.
Soos almal weet is kuier plekke skaars in Moorreesburg.
Almal wat vir Gutto,s so ondersteun en naweke jolyt het daar, moet net aan die volgende dink:
Moenie dat sekere mense se gedrag gaan veroorsaak, dat Gutto's sy deure moet toemaak nie. Kuier en geniet julle self, maar los die morsige maniere om voor en in die straat by Gutto's te drink.
En dan die menere wat dan dink dat sy bakkie of motor n wedren motor is, na so n kuier, dit is nie net Stupid nie, maar lewensgevaarlik. Wil jy die oorsaak wees van jou eie dood, of n onskuldige 3de party sin.
Mense hou by die Wet, drink Verantwoordelik, maak wyse besluite en dink aan julle medemens.
Geniet julle self, maar bly in julle baan.
Don't Drink and Drive, Stay Alive.