14/04/2026
Baie geluk aan Juffrou Van der Ros wat vandag haar BED-graad ontvang het. U harde werk en toewyding het vrugte afgewerp. U het nie net 'n kwalifikasie behaal nie, maar ook die geleentheid om 'n verskil in jong lewens te maak. Mag die pad as onderwyser gevul wees met inspirasie, groei en sukses. Ons is trots op u prestasie - die beste lê nog voor!