14/06/2026
Vandag se toere vind om 10h00 en 12h00 plaas. Ons het nog spasie op albei beskikbaar - bespreek gou jou plek!
☎️ 084 600 0036
Maak asb. seker om 30 minute voor die toer by Klipdraai in Meyerton te wees om jou kaartjie te koop (h/v Kort straat en View laan, Rothdene, Meyerton). Dis R150 per persoon en R75 per kind onder 12.
⚠️ Belangrik:
Die toere is staptoere. Ons tel jou by Klipdraai Holiday Resort op met ons wildsvoertuie om jou hierheen te bring, maar die toer self vind te voet plaas. Een van ons gidse loop saam jou deur die park, deel interessante inligting oor ons diere, en gee genoeg tyd vir foto's. Maak seker jy trek gemaklike skoene aan en gebruik sonskerm.