SAVF Louis Trichardt Social Work Office

SAVF Louis Trichardt Social Work Office To render social services as a NGO to individuals and families within the community in order to empower them to improve quality of life. W.A.S.

SAVF TAK LOUIS TRICHARDT

Stigting:
Die tak is op 6 Augustus 1943 gestig deur mev. Johanna Raath, Presidente van die SAVF. Aan die einde van daardie jaar was daar reeds 45 lede. Werksaamhede:
Van die eerste aksies van die tak was ‘n naaldwerkklas, gestig deur mev. Coetzee, en ‘n dogtersklub met 25 lede. In 2000 funksioneer die Smirna Vrouegroep steeds. Om jong mense aan te moedig om meer te lees,

is ook begin met ‘n biblioteek. Voedsel- en klerevoorsiening aan behoeftige gesinne was ‘n prioriteit en op 1 November 1946 word reeds die eerste maatskaplike werkster aangestel.Vir lang tye was daar geen werker nie. Dan het die Gesinsorgkomitee die werk voortgesit. In 2004 is twee maatskaplike werkers in diens. In Januarie 1946 is die Drie Beertjies Kleuterskool geopen, maar moes ongelukkig in 1948 tydelik sluit as gevolg van skade aan die gebou deur ‘n tornado. Op 25 Junie 1960 is die SAVF gemeenskapsentrum ingewy en die kleuterskool is daar gehuisves. In 1976 is ‘n woonhuis aangekoop en omskep om die kleuterskool te huisves. In 1998 word die kleuterskoolgebou egter verkoop. Sedertdien word die Drie Beertjies kleutergroep in die dienssentrumgebou aangebied. Nog ‘n hoogtepunt uit die tak se geskiedenis, was die aankoop van die Soutpansbergse Kraaminrigting in 1949. Die SAVF het dié inrigting beheer tot in 1970 toe dit aan die TPA verkoop is. In Desember 1949 het die tak ook ‘n verpleegster verbonde aan die kraaminrigitng aangestel om die distriksverplegingsdienste te behartig. Louis Trichardt tak was ook een van die weinige SAVF takke wat in 1993 ‘n jeugtak gestig het. In 1989 is die Gister se Jeug dienssentrum in werking gestel in ‘n ou woonhuis. In 1994 word ‘n nuwe sentrum betrek. Sedert 1995 begin die tak met uitreikdienste na die omliggende gebiede en word die Buysdorp Satelliet Dienssentrum gestig.

Address

Louis Trichardt
0920

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Telephone

+2715 516 3841

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SAVF Louis Trichardt Social Work Office posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share