Kamp terrein- Shekinah Prosper

Kamp terrein- Shekinah Prosper Prosper Guest Farm is nestled in the North-West province's bushveld region, between the little towns of Swartruggens and Koster. Volledige toegeruste kombuis.

Prosper Gasteplaas bied jou die rustigheid van die natuur weg van die stad!!! Die plaas kan groepe van tot en met 150 persone huisves. Buitelug eet en braai area en ‘n eetsaal vir binnenshuise etes.Etes kan vir groepe voorberei word indien nodig. Ablusieblok met netjiese was-, stort- en toiletgeriewe.
‘n Groot saal geskik vir lesings en groepsaktiwiteite.
‘n Groot swembad vir watersport en ontspa

nning. Konferensie venue toegerus met projektor, 2 skerms en ‘n blaaibord met penne. Die plaas het ‘n groot dam wat gebruik kan word vir spanbou en sport. Die plaas beskik oor pragtige staproetes. Vir aktiwiteite is daar ook ‘n vlugbalbaan en ‘n sokkerveld. Die kampterrein beskik oor gerieflike akkommodasie en fasiliteite vir enige funksie van groot verjaarsdae tot familiereünies. Fasiliteite vir korporatiewe funksies ook beskikbaar. Koster Dam is lekker naby vir visvang. Die Gasteplaas is langs ‘n wildsplaas en wildsritte kan teen billike tariewe gereël word. Vir die meer avontuurlustige persone is daar genoeg plek langs die pragtige plaasdam met ryk voëllewe en besondere naggeluide om tent op te slaan of selfs ‘n karavaan te parkeer. Die opsies is eindeloos!!! PROSPER GASTEPLAAS bied jou die geleentheid om te kom rus en ontspan in die pragtige bosveld natuur!

Address

Koster
0348

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kamp terrein- Shekinah Prosper posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Kamp terrein- Shekinah Prosper:

Share