Die 3 Varkies kleuterskool

Die 3 Varkies kleuterskool Klein skooltjie met liefdevolle jufffrouens wat fokus op individuele aandag

09/06/2026
Varkies gesels oor die badkamer: Spat jou, Spat jou; spat spat spat.🫧🧼🫧Marieta 082 443 4929Die 3 Varkies kleuterskool
04/06/2026

Varkies gesels oor die badkamer: Spat jou, Spat jou; spat spat spat.🫧🧼🫧
Marieta
082 443 4929
Die 3 Varkies kleuterskool

Wonderlik. Ek bring my alles.
25/05/2026

Wonderlik. Ek bring my alles.

Ek is nie jy nie, en jy is nie ek nie.
So is dit bestem.
Jy het wat ek nie het nie.
Ek kan weer doen wat jy nie kan nie.
Presies soos God die hele Plan uitgewerk het.
Want as ek bring wat jy kort, en jy doen wat ek nie kan nie...dan het almal mos alles.
Deel is die gemene deler.
Tot ons nie dit verstaan nie sal daar altyd iemand wees wat nie het nie of nie kan nie.
Mag ons die week deel, nie om te gee nie, maar om 'n verskil te maak.
Yolande Brittnell-Steyn
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za

25/05/2026

Aan ons spesiale mamma's 👩👱‍♀️👩‍🦱
Ons lief jul baie.❤️❤️❤️
Die 3 Varkies kleuterskool
Doringkruin Orchidlaan 18
Marieta
082 443 4929

Send a message to learn more

17/01/2026

Daar is iets wat my elke keer stil maak wanneer die woord boelie weer opduik by skole. Nie omdat dit nuut is nie. Juis omdat dit so oud is. So oud soos skoolbanke wat name dra, so oud soos speelgronde waar stilte harder praat as gelag.

Dit vat nie ʼn groot mens om ʼn klein kind seer te maak nie. Dit vat ʼn groot monster om dit oor en oor te doen. Want boeliegedrag is nie ʼn oomblik nie. Dit is ʼn patroon. Dit is ʼn herhaling. Dit is iemand wat leer dat mag sonder gevolge kan bestaan.

Ek was self geboelie as kind. Nie die soort wat jy vinnig afskud nie. Die soort wat saam met jou huis toe stap. Wat langs jou sit wanneer jy alleen is. Wat later saam met jou grootword. Ek dra vandag nog daardie letsels. Nie altyd sigbaar nie. Maar hulle lê diep. In die manier waarop jy mense lees. In hoe vinnig jy jouself verdedig. In hoe lank dit vat om te glo jy is veilig.

Wat my altyd tref is dit. Ek sien vandag nog van my boelies by vertonings. Hulle glimlag. Hulle skud my hand. Hulle onthou niks. En hoekom sou hulle. Die hand wat slaan onthou nie so lank soos die een wat die hou ontvang nie. Pyn het geheue. Mag het dikwels nie.

Sielkundig gesproke is dit eenvoudig en kompleks terselfdertyd. ʼn Kind boelie selde uit moed. Dit kom uit tekort. Tekort aan aandag. Tekort aan leiding. Tekort aan grense. Of erger nog ʼn huis waar aggressie normaal klink. Waar spot en vernedering as humor verkoop word. Waar iemand om die tafel leer dat jy jouself groter maak deur ander kleiner te maak.

Kinders is nie losstaande wesens nie. Hulle is spieëls. Hulle herhaal wat hulle hoor. Hulle speel uit wat hulle sien. Hulle dra huisgesprekke skool toe sonder om te weet dit is nie reg nie. Wat by die etenstafel gesê word loop saam op die speelgrond. Wat in die kar gespot word word môre in die klas herhaal.

Daarom doen ek ʼn versoek. Nie ʼn aanval nie. ʼn Versoek. Aan ouers en onderwysers. Doen introspeksie. Nie net wanneer iets skeef loop nie. Maar vooraf. Vra jouself watter taal leef in my huis. Hoe praat ek oor ander. Hoe hanteer ek konflik. Wys ek my kind hoe om sterk te wees sonder om hard te wees.

Boeliegedrag is nie net ʼn kind se probleem nie. Dit is ʼn kultuurprobleem. En kultuur begin by volwassenes. By hoe ons leef. Hoe ons luister. Hoe ons reghelp. Hoe ons erken wanneer ons self verkeerd was.

Dit vat nie baie om ʼn kind seer te maak nie. Maar dit vat baie om een reg groot te maak. En dalk is dit die groot taak van ons tyd. Om kinders te leer dat ware krag nie lê in wie jy kan breek nie. Maar in wie jy kan dra.

Heerlike naweek vir ieder en elk… 🙏

fans

Address

Orchidlaan 18
Klerksdorp
2571

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27824434929

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die 3 Varkies kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die 3 Varkies kleuterskool:

Share