22/03/2026
“ʼn Bejaarde boer wat ek oorsee ontmoet het, het boonop gesê dat jy niks anders as suksesvol kan wees as jy vrugte uit die Bybel produseer nie,” vertel Gerhard Meyer, granaatboer van die plaas Celebratio in die Klein-Karoo.
Ons is geregistreerde onafhanklike kontrakteurs wat spesialiseer in die verskaffing van werkspanne vir die wingerd, boord of kelder.
De Vos Straat No 8
Kleinmond
7201
Be the first to know and let us send you an email when Botrivier Landboudienste posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Send a message to Botrivier Landboudienste:
Botrivier Lanboudienste is in Julie 2017 gestig deur John van Tonder. John is van sy skooldae passievol oor landbou en het sy liefde vir boerdery in sy ouma se erf in Steenberg, kaapstad uitgeleef deur n groentetuin te maak. John het in die middae na skool en gedurende skool vakansies sy tyd tussen die groente beddings gespandeer.
John was ook n kranige wynmaker en sy brousels wat hy in die vensterbank in sy kamer laat gis het was n gevaarlike kombinasie van onkunde en wetenskap.
Na die voltooing van sy skoolloopbaan het John sy militere diensplig verrig waarna hy voltyds aan Elsenburg Landboukollege studeer het en n diploma in Wynbou en Tuinbou verwerf het.
Daarna het John verskeie poste in die landbou bedryf beklee en het hy waardevolle ondervinding opgedoen in die verbouing van verskeie landbougewasse insluitende wyndruiwe.