Hoërskool Diamantveld

Hoërskool Diamantveld Amptelike blad van Hoërskool Diamantveld Die nuwe hoërskool het geopen met 51 leerlinge in st. 7 en st. 8 en vier personeellede.

Op 28 Januarie 1935 kom daar in Kimberley 'n skool tot stand om vir Afrikaanssprekende leerders 'n tuiste te bied waar hul onbeskaamd hul kultuur kan uitleef en akademiese onderrig, geskoei aan 'n Christelike karakter en etos, in hul moedertaal kan ontvang. Gedurende die eerste jaar van sy bestaan was die skool bekend as die Afrikaansmedium Hoërskool van Kimberley. Die volgende jaar is die naam ve

rander na Diamantveld-Hoërskool, 'n streeknaam, en nie die verheerliking van een of ander persoon nie. Die skool het vir baie jare as Diamantveld-Hoërskool (DHS) bekend gestaan, maar die naam is later na die taalkundig korrekte skryfvorm, Hoërskool Diamantveld, verander. Die Afrikaansmedium Hoërskool het op die boonste verdieping van die ou koshuis van die oorspronklike Kimberleyse Onderwysers Opleidingskollege (Kimberley Teachers' Training College) begin en is geleidelik vergroot. Teen 1970 groei die leerdertal tot nagenoeg 600 leerlinge en in 2010, 75 jaar na die stigting, spog Diamantveld met 720 leerders en 34 onderwysers. Van 'n eenvoudige begin het Hoërskool Diamantveld in een van die belangrikste Hoërskole in die ou Kaapprovinsie en huidige Noord-Kaap ontwikkel wat op elke gebied, hetsy sport, akademies of kultureel, 'n belangrike bydrae lewer. Die talle oud-skoliere wat betekenisvolle bydraes in samelewings regoor die wêreld lewer, is lewende getuies van die skool se leuse: A POSSE AD ESSE. Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid. Sedert die ontstaan van die skool word alle leerlinge wat hul tuis voel in die kultuur en taal, hier by Diamantveld verwelkom - sonder aansiens des persoons. Ons voeder-areas lewer nog altyd leerlinge oor die hele sosiale spektrum - almal is ewe welkom. Só leer ons leerlinge ook om mense wat van hul verskil te respekteer vir die mense wat hul is. Die volgende waardes is by Diamantveld ononderhandelbaar:

* Dissipline
* Gehalte akademiese onderrig
* Gesonde klem op sportdeelname
* Liefde vir eie kultuur
* Diamantveld - een groot huisgesin

Social Media
Instagram: https://www.instagram.com/hoerskooldiamantveld/

TENNIS| PROVINSIALE SPANNE🎾Baie geluk aan al ons tennisspelers wat die Noord-Kaap gaan verteenwoordig tydens die verskei...
18/06/2026

TENNIS| PROVINSIALE SPANNE🎾

Baie geluk aan al ons tennisspelers wat die Noord-Kaap gaan verteenwoordig tydens die verskeie provinsiale kompetisies.

Ons is baie trots op julle!💎


NETBAL GAAN NA SA's💎Baie geluk aan al ons netbalspanne wat uitstekend gevaar het tydens die Noord-Kaap uitspele in Uping...
16/06/2026

NETBAL GAAN NA SA's💎

Baie geluk aan al ons netbalspanne wat uitstekend gevaar het tydens die Noord-Kaap uitspele in Upington.

Al ons spanne dring deur na die Suid-Afrikaans Kampioenskappe!

Baie geluk aan elke speler en afrigter!

JEUGDAG HERINNER ONS AAN:💎 Aan die moed en opoffering van die jeug van 1976.💎 Dat jong mense 'n kragtige rol speel in di...
16/06/2026

JEUGDAG HERINNER ONS AAN:

💎 Aan die moed en opoffering van die jeug van 1976.

💎 Dat jong mense 'n kragtige rol speel in die vorming van die toekoms.

💎 Dat elke leerder die potensiaal het om 'n verskil in sy of haar gemeenskap te maak.

💎 Aan die belangrikheid van gehalte-onderwys, geleenthede en hoop vir alle jong mense.

Ons leuse is nie verniet A Posse Ad Esse (Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid) nie.

ATKV REDENAARSBaie geluk aan Shaney Konig met ’n besonderse prestasie deur 1ste in die provinsie te eindig in die ATKV R...
16/06/2026

ATKV REDENAARS

Baie geluk aan Shaney Konig met ’n besonderse prestasie deur 1ste in die provinsie te eindig in die ATKV Redenaars: Graad 10–12 Afrikaans Huistaal.

Shaney se uitstekende prestasie het haar ’n plek in die nasionale finale besorg wat in Augustus by die ATKV Klein-Kariba plaasvind.

Ons is ongelooflik trots op jou harde werk, toewyding en passie vir redenaars. Baie sterkte met die voorbereiding vir die nasionale ronde. Ons weet jy sal Diamantveld met trots verteenwoordig.

A Posse Ad Esse! 💎


13/06/2026
PANAROTTIS KIMBERLEY IS BOBAAS! 🍕Baie dankie aan Panarottis Kimberley wat ons 1ste netbalspan bederf het met 'n heerlike...
12/06/2026

PANAROTTIS KIMBERLEY IS BOBAAS! 🍕

Baie dankie aan Panarottis Kimberley wat ons 1ste netbalspan bederf het met 'n heerlike ete voor hul vertrek na die Noord-Kaap Uitspele in Upington.

Ons waardeer julle ondersteuning en betrokkenheid by ons sportspanne opreg.

OPPIE TONG AF | NASIONALE FINALEBaie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die nasionale finale van Opp...
10/06/2026

OPPIE TONG AF | NASIONALE FINALE

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die nasionale finale van Oppie Tong Af, wat van 8 tot 10 Oktober in Gauteng plaasvind:

Danté Gaginaar
Zimri de Wet
JD Möller

Baie sterkte aan julle, ons is trots op julle!


🎙️ RADIKALE REDENAARS | NASIONALE FINAAL 🎙️Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die nasionale fin...
10/06/2026

🎙️ RADIKALE REDENAARS | NASIONALE FINAAL 🎙️

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die nasionale finaal van Radikale Redenaars, wat op 17 Oktober by Laerskool Concordia in Boksburg plaasvind:

🌟 Danté Gaginaar
🌟 Kristie Voges
🌟 Addison Haasbroek
🌟 Zimri de Wet
🌟 JD Möller
🌟 Milan Terblanche

Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en wens julle alle sterkte toe met die voorbereiding vir die nasionale finaal.

Diamantveld is trots op julle! 💙💎🏆

BALANS TUSSEN AKADEMIE EN SPORT: GESKRYF DEUR MADIZÉ LE ROUXIs balans tussen akademie en sport moontlik? Na 'n besige kw...
09/06/2026

BALANS TUSSEN AKADEMIE EN SPORT: GESKRYF DEUR MADIZÉ LE ROUX

Is balans tussen akademie en sport moontlik?

Na 'n besige kwartaal propvol sport en akademie is dit beslis een van die vrae wat deur Hoërskool Diamantveld se gange eggo.

Vir baie leerders voel dit soms asof die keuse gemaak moet word: akademie of sport? Die opsie van "albei" word selde gekies. Alhoewel sport en akademie dag en nag van mekaar verskil, verg albei harde werk, dissipline en fokus. Die werklikheid is egter dat dit nie altyd maanskyn en rose is om die balans te handhaaf nie, maar dat dit ook nie onmoontlik is nie. Dit gebeur wanneer leerders dubbel verantwoordelikhede in die gesig begin staar. Hulle moet klasse bywoon, huiswerk en take voltooi en vir toetse leer, terwyl hulle ook gereeld moet oefen, fiksbly en naweke aan wedstryde deelneem. Dit beteken dat daar soms min tyd vir akademie oorbly, veral wanneer moegheid na lang oefensessies begin inskop.

Alhoewel sport leerders van akademie kan weghou, het dit ook positiewe voordele. Daar is al bewys dat gereelde oefening help om spanning te verminder, fokus te verbeter en selfs deursettingsvermoë en selfdissipline ontwikkel.

Die Aitsa! het by 'n paar van Hoërskool Diamantveld se sporthelde (en heldinne) sowel as die akademici gaan raad vra oor hoe hulle hierdie balans handhaaf:

De Wet Fourie(Gr 12): "My raad aan 'n toegewyde leerder is om van vroeg af selfdissipline te handhaaf en roetine te skep om jou tyd effektief te gebruik en bestuur."

Ruben Viljoen(Gr 11): "Ek sal sê my geheim en advies is definitief tydsbestuur. Om die vermoë te hê om jou foon weg te sit en werklik te fokus op dit wat belangrik is."

Mieke Le Grange(Gr 10): "My raad is moenie opgee wanneer dit moeilik raak nie. As jy passie het vir wat jy doen en hard werk, kan jy in beide presteer."

Met die regte ingesteldheid, tydsbestuur en ondersteuning kan enige leerder sukses in beide sport en akademie bereik. Balans is nie altyd maklik nie, maar dit is beslis moontlik.

VAKATURE  SAOU Nasionaal / National
09/06/2026

VAKATURE


SAOU Nasionaal / National

Address

Voortrekkerstraat 2
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27538331528

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Diamantveld posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Diamantveld:

Share