19/03/2026
Noord-Kaap Amateur Radio Klub (ZS3NC) Veldstasie Naweek Maart 2026 โ โn Geleentheid om te onthou!
Die onlangse SARL Veldstasie Naweek was vir die Noord-Kaap Amateur Radio Klub (ZS3NC) soveel meer as net โn radio-geleentheid. Dit was โn naweek vol samesyn, lag, gedeelde passie en die tipe herinneringe wat โn mens weer laat besef hoekom ons deel is van hierdie besondere gemeenskap.
Ons veldstasie is opgerig in KG01, tussen Upington en Louisvale โ โn gepaste sentrale punt vir โn klub waarvan die lede oor โn groot gebied versprei is, van Alexanderbaai tot by Vryburg en Luckhoff. Met sulke afstande tussen ons, is geleenthede om almal bymekaar te kry skaars en werklik spesiaal. ZS3JAC (Jaco Moorcroft), ZS3MHR (Drikus Rossouw) en ZR3JGH (Cobus Hough) het baie moeite gedoen om die kampterrein vir ons gereed te kry. Daar is skoongemaak, water aangery en ja, โn heerlike Kalahari kamp atmosfeer is geskep!
Die naweek het Vrydagmiddag afgeskop toe lede begin arriveer en kamp opslaan het. Gou het die rustige omgewing verander in โn lewendige amateur radio kamp, met antennas wat die lug in strek en radios wat oral besig is. Karavane, tente en selfs โn paar dapper lede wat sommer langs die vuur geslaap het, het gesorg vir โn egte Kalahari-kampervaring.
Soos dit hoort, begin geen lekker naweek sonder koffie en beskuit nie โ en hierdie een was geen uitsondering nie. Vure is aangesteek, daar is gebraai, en soos die son sak, het die kampvuur die hart van die kuier geword. Stories is gedeel, vriendskappe is versterk en nuwe bande is gesmee. Wat begin het as โn bymekaarkom van klublede, het gou gevoel soos โn groep ou vriende wat weer herenig is.
Saterdag het die volle gees van amateur radio na vore gekom. Gesprekke oor toerusting, opstelling en toekomstige planne het die lug gevul, saam met die konstante geruis van radios in werking. Een van die hoogtepunte was toe ZS3AJ (Alec Johnson) met trots sy nuut-aangeleerde CW vaardighede gewys het โ iets wat hy eers โn paar maande gelede begin leer het. Sy entoesiasme was aansteeklik, veral onder die jonger amateurs. ZU3PL (Petrus Lotriet) en ZS3HJ (Herman Jacobs) het groot belangstelling getoon om self morsekode te leer, en in ware amateur radio gees is daar sommer geรฏmproviseer โ โn selfgemaakte CW sleutel is vir ZU3PL gebou met โn stuk hout, โn paar skroewe en selfs โn ruitveรซrlem!
Die leer en deel het nie daar gestop nie. ZS3HJ (Herman) en Z3PL (Peet Lotriet) het ook hul vaardighede in messlyp gewys, wat vinnig ontaard het in โn praktiese demonstrasie. ZS2MD (Micho Opperman) en JR3JB (Johan Britz) was meer as gewillig om die resultate te toets. Dit was nog โn bewys dat kennis, vaardighede en โn goeie sin vir humor altyd vrylik gedeel word binne die klub.
Soos die hitte Saterdagmiddag toegeneem het (soos net Upington kan!), was dit duidelik dat almal bietjie moes afkoel. Gelukkig was daar โn plaasdam naby die kamp. Wat gevolg het, was een van die naweek se hoogtepunte โ โn verfrissende swem vol lag, grappies en sommer net lekker kuier. Dit het die ware gees van die naweek vasgevang: eenvoudige, egte pret saam met goeie mense.
Sondagoggend se oppak was allesbehalwe stil en haastig. Tussen die laai en afbreek deur het die stories en grappies net aangehou vloei. ZS3CM (Nelius Boshoff) se Land Rover se bonnet is oopgemaak, en die Chev straight 6-enjin ombouing is met groot belangstelling bekyk en bespreek. Selfs die groet was uitgerek โ elke โtot siensโ het net weer plek gemaak vir nรณg โn storie en โn laaste geselsie, asof niemand regtig haastig was om die naweek agter te laat nie.
โn Spesiale vermelding moet gemaak word van die twee dames in die kamp โ die enigste YLโs tussen al die manne. ZS3EL (Esmarie Lotriet) het haar plek volgestaan en was deel van al die aktiwiteite, terwyl ons voornemende YL, Alec se vrou Christine, kom saam kyk het wat alles aangaan. Haar belangstelling en nuuskierigheid het beslis bygedra tot die gees van die naweek, en ons hoop om haar binnekort ook op die lug te hoor.
Die naweek is ook besonders gemaak deur die teenwoordigheid van beide die oudste en jongste lede van die klub. ZS3EE (Oom Lemmie van der Linde), het kom inloer om te groet โ โn herinnering aan die ryk geskiedenis en ervaring in ons geledere. Hy het reeds in 1968 sy amateur lisensie gekry en is hierdie jaar 84 jaar oud. Terselfdertyd het ons jongste lid, ZU3PL (Petrus Lotriet), voluit deelgeneem en die toekoms van amateur radio mooi verteenwoordig. Petrus is nou 10 jaar oud en het in 2024 sy lisensie gekry.
Van Vrydag tot Sondagoggend was die kamp vol energie, kameraadskap en โn gedeelde liefde vir radio. Maar belangriker nog โ dit was โn herinnering dat ons klub nie net oor seine en kontakte gaan nie, maar oor mense.
Ten spyte van die afstande wat ons skei, bring sulke naweke ons bymekaar op โn manier wat geen radio alleen kan doen nie. Dit verander stemme op die lug in ware vriendskappe en oomblikke in kosbare herinneringe.
Ons sien uit na nog sulke naweke โ waar die radios besig is, die vure warm brand en die vriendskappe net sterker word.
73โs,
ZS3NC