Poverty upliftment and Youth development

Poverty upliftment and Youth development Poverty upliftment and youth development.

Familia time...Behind every successful man is a good and supported woman..My grandchildren need to take my legacy forwar...
15/02/2020

Familia time...

Behind every successful man is a good and supported woman..

My grandchildren need to take my legacy forward..

Thats why I need to lay a good platform for them wich they can rely and build on for a better future for our next generation.

All through the Power of The Most High...

In God I Trust.

17/12/2018

Elke familie het maar hulle probleeme
Ek is n boorling van Hawston...gebore 1969 ..30Julie.Die tyd van beesmis vloere...armsaligheid..maar netjies en skoon.
Vir meer as 27jaar was ek werksaam op die see..baie ondervinding op gedoen deur die jare.
My voorouers was pioneers in die visbedryf...
Hulle het baie swear gekry..
Donkie kar en roei boot tyd.Ek en baie ander was groot gemaak uit die see.
Ander familie het weer groete geplant en kleinvee aangehou vir oorleewing hier in Hawston...
Die destydse apartheid regeering het vir ons voorouers begin skema skakkel huise gebou.
Vir die ou mense laat verstaan dat hulle nie hul vee mag saam neem nie. Die verskooning was dat dit n gesondheid risiko sou inhou.
Toe kom die regeering met die kwota stelsel vir perlemoen duikers.Net sekere mense of families kry toe so n reg.(devide and rule)..Net hulle kinders word toe opgelei as duikers en hulp duikers.
Die boot assistente en hul kinders kry nooit die geleentheid om duikers te word nie.Hulle mos toe baie hard en onder ondraaglike omstandighede vir n appel en n ui werk ..Terwyl die ou duikers in weelde en spandanelrag lewe.

Dit is toe dat ons kinders besluit ons gaan ook maar nou perlemoen uit haal sonder permit.
So word ons st*****rs genoem.
Onenigheid tree in en dit lei na n geweldadige oorlog tussen duikers en stroopers.Families en ou skool vriende is toe in konflik..
Die nuwe oorgaan regeering besluit toe om die perlemoen bedrag te sluit deur alle wettige duikers se kwotas terug te vat..en
Die regering onderhandel toe met die stroopers om n opposing te vind. Besluit word geneem dat ons stroopers moet profesionele opleiding moet kry om te kwalifiseer as n duikers.Dan sal ons die geleentheid kry om aansoek te doen vir n perlemoen kwota ..
Ons wat toe suksesvol was met die aansoeke het toe n kwota gekry van 600kg per seisoen for 10jaar.
Verskillende probleeme tree toe in en die regeering begin ons kwotas te sny. (verminder )
Totdat die regeering dit sluit vir 3jaar. Tog help die regeering ons met n Klein verligting van armoede vonds...
Die uithaal van perlemoen sonder permitte skiet die hoogtes in.Baie van die perlemoen word gevang en gekonfiskeer deur die polisie...
en dan word daar dieselfde perlemoen verkoop aan die hoogste bidder.Multi miljoenne word gemaak.Die geld gebruik die regeering om perlemoen stroopery te bekamp....Tog het die onwettige perlemoen bedryf 10 maalvererger..

Ons lieflike.. .en vredeliewende gemeenskap sit vandag met die letsels .....Sosiale en ekonomiese probleeme is in die orde van elke dag.
Hier in Hawston is nie werk vir ons mense nie
Baie se enigste uitweg is om te stroop van die mariene bronne.
Dit lei tot dwelm en alcohol misbruik...bende aktiwiteite en his moles..
Die arme onskuldige Klein kinders en jeug word hierdeur benadeel.Mishadeling en prostetusie...die kinders word misbruik.
Ek glo dat daar vir elke probleeme n oplossing is.Tog kan ek dit nie alleen behartig
nie..Net as ons as n gemeenskap SAAMSTAAN....(ongeag ons politieke of kerklike veskille).kan ons n veilige en vredeliewende omgeewing skep.n Plek waar mense van ander plekke en lande graag wil kom besoek en graag wil belĂȘ vir ontwikkeling.

Ek doen n beroep dat ons Hawstonians vrede maak onder mekaar...gebroke familie bande opbou deur versoening...
Opregte liefde te betoon aan mekaar...minder mekaar afdruk..meer omgee for mekaar..Help mekaar...ondersteun seen die ander....
Ons kan baie bereik in die lewe.
Die lewe is kort.. ....
Laat ons n manier vind om as n gemeenskap
Bymekaar kit te kom....Vergader.
Identifiseer die probleeme en telortkominge.
En laat ons dan gesamentlike oplossings vind.
For the love of our Heritage....We can....
Together we can do more for the poor....

18/01/2018

Only the Truth and Nothing but the Truth...>

01/10/2017

As nederige en eenvoudige visserman(Strandlloper)doen ek n beroep op elke inwoner van ons land , om versoening te bewerkstellig onder mekaar.Reik uit na mekaar,vat hande en vergewe mekaar vir die verkeerd wat die een vir die ander aan gedoen het..Vra om vergifnis met opregthbeid.
Laat ons die nasie bou...Liefde...Vryheid en Veiligheid.
Om die Nasie te bou moet ons eers die gemeenskappe bou.Om gemeenskap te bou moet ons gebroke famillie bande herstel of regmaak..So ons moet by elkeen se huis begin..
Eintlik by jouself begin...Stel n goeie voorbeeld vir jou vrou en kinders.Al het jy nie weelde of skatte nie...Leer hulle die goeie beginsels van die lewe....Respek en Dissipline...goes a long way..
Saam kan ons verandering bring...Sodat die na geslagte die melk en heuning kan eet..Veilig , vry en vredeliewend met mekaar kan saam leef.Tot in lengte van dae.
AMEN

SMALL SCALE FARMERS
10/09/2017

SMALL SCALE FARMERS

25/07/2017
10/07/2017

Good morning my beloved followers....I humbly apologize for being so silent...I'm actually busy with some studies and trainings...Been alected as a Team Leader out of 78 people in an interview with Local Municipality...
Together we can do more...Some inputs and ideas from any one should really be welcomed by me..
It's winter holiday for the school children....
Is there enough activities...in place for our children to keep them busy....or keep them away from wrong doings..Just wondering..
I wish you guys all the best
Love you.

Caltural Affairs.....Kultuur en sport
15/05/2017

Caltural Affairs.....Kultuur en sport

Hawston Community Building.......Historically Fishing Calture....Regstellende Aksie....Versoening
15/05/2017

Hawston Community Building.......Historically Fishing Calture....Regstellende Aksie....Versoening

09/02/2017
09/02/2017

Ons bruin gemeenskappe is vasgevang in baie sosiale probleeme...Werkloosheid gaan gepaard met armoede wat ly tot geweld...dwelm en alkohol misbruik...bende aktiwiteite en prostetusie..Al hierdie elemente het baie nadelige gevolge vir die ekonomiese ontwikkeling in ons woonbuurte...
Daarom word ons genootsaak om as gemeenskap op te staan en saam met mekaar te werk...Die euwels moet aangespreek word sodat oplossings gevind kan word...
Ons jeug het help en goeie leiding nodig want hulle is veronderstel om ons toekomstige leiers te word.....Saam kan ons verandering in ons gemeenskap bring...

Address

F81 Ferndale Road. . . . .
Hawston
7202

Telephone

+27767144458

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Poverty upliftment and Youth development posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Poverty upliftment and Youth development:

Share

Strandloperkhoisan Fishing Culture

New year with new ideas...Respect the Elders...They know our Heritage..where we came from