04/06/2026
Liewe Grobbies-ouers
Met die winter wat sy tande begin wys, wil ons graag 'n beroep op ons wonderlike skoolgemeenskap doen.
Ons is besig om 'n Winterklerebank by die skool te begin om leerders wat hulp nodig het, gedurende die koue maande van warm klere te voorsien. Indien u dalk by die huis klere het wat nie meer vir u kinders pas nie, oorweeg asseblief om dit skool toe te stuur.
Ons sal enige skoon en bruikbare klere waardeer, veral:
π§₯ Jasse en baadjies
π Warm truie en hemde
π Langbroeke
π§£ Serpe, musse en handskoene
𧦠Sokkies
ποΈ Fleece-kombersies
π§ Dogtersklere
π¦ Seunsklere
π Skoene wat nog in 'n goeie toestand is
'n Fleece-kombersie, 'n paar warm sokkies of enige warm kledingstuk mag dalk vir ons klein lyk, maar dit kan 'n wΓͺreld se verskil maak in 'n kind se lewe. U bydrae kan warmte, troos en hoop bring aan 'n leerder wat dit die nodigste het.
Baie dankie vir u omgee, ondersteuning en die liefde wat u voortdurend aan ons Grobbies-familie bewys. Saam kan ons verseker dat geen kind hierdie winter sonder warmte hoef te wees nie.
"Laat ons dan, terwyl ons die geleentheid het, aan almal goed doen." β GalasiΓ«rs 6:10
Vriendelike groete
πβ€οΈπ Laerskool Groblershoop πβ€οΈ