23/05/2026
*Lingcom Primêre Skool Kondig Lootjiewenners Aan!* 🎶
Die opgewondenheid was tasbaar toe die wenners van ons R10-lootjie gister, 22 Mei getrek is! Baie geluk aan ons gelukkige wenners wat met heerlike en praktiese pryse weggestap het:
🥇 1ste Prys (Heel vark): R. Adams
🥈 2de Prys (Koue vleishamper): S. Uddin
🥉 3de Prys (2kg Gemaalde vleis): J. Baartman
🎁 Troosprys ("Beatbox"): Me. Green
Ons sê baie dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat ’n kaartjie gekoop of verkoop het. Elke bydrae maak ’n verskil aan ons skool!
Hoewel die ondersteuning hierdie keer nie so oorweldigend was as wat ons gehoop het nie, kyk ons met groot verwagting vorentoe.
Ons vertrou en maak staat op die volle samewerking van álle ouers met ons volgende lootjie- en woekerpoging. As ons saamstaan, bou ons ’n beter môre vir ons kinders! 💙❤️🤍 🏆