Hoërskool Outeniqua (Kwaggas)

Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) Nuutste nuus en gebeure in Kwaggaland.

Hoërskool Outeniqua is ‘n openbare skool wat daarna streef om:
waardegedrewe, gebalanseerde en kwaliteit opvoeding aan leerders te bied en
hulle as verantwoordelike en trotse landsburgers voor te berei.

𝗔𝗧𝗞𝗩 𝗗𝗲𝗯𝗮𝘁 𝗟𝗮𝗻𝗱𝘀𝗳𝗶𝗻𝗮𝗮𝗹 | 𝟯 𝗔𝘂𝗴𝘂𝘀𝘁𝘂𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟲 | 𝗞𝗹𝗲𝗶𝗻 𝗞𝗮𝗿𝗶𝗯𝗮Ons is besonder trots op ons Graad 8-debatspan:⭐ Ané Marais⭐ Ally...
11/06/2026

𝗔𝗧𝗞𝗩 𝗗𝗲𝗯𝗮𝘁 𝗟𝗮𝗻𝗱𝘀𝗳𝗶𝗻𝗮𝗮𝗹 | 𝟯 𝗔𝘂𝗴𝘂𝘀𝘁𝘂𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟲 | 𝗞𝗹𝗲𝗶𝗻 𝗞𝗮𝗿𝗶𝗯𝗮

Ons is besonder trots op ons Graad 8-debatspan:
⭐ Ané Marais
⭐ Ally van Rooyen
⭐ Jasmijn Pretorius

Die span het op 6 Junie 2026 in Stellenbosch aan die semifinale ronde deelgeneem en algeheel derde geëindig, wat hulle ’n plek in die ATKV Debat Landsfinaal besorg het.

Baie geluk Kwaggas, ons is ongelooflik trots op julle! Baie sterkte met die finaal!

𝗛𝗼𝗲̈𝗿𝘀𝗸𝗼𝗼𝗹 𝗢𝘂𝘁𝗲𝗻𝗶𝗾𝘂𝗮 𝘀𝗲 𝘀𝗽𝗿𝗲𝗸𝗲𝗿𝘀 𝘀𝗸𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿 𝗼𝗽 𝗻𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝘃𝗹𝗮𝗸Dit is ’n besondere prestasie vir Hoërskool Outeniqua om vyf l...
11/06/2026

𝗛𝗼𝗲̈𝗿𝘀𝗸𝗼𝗼𝗹 𝗢𝘂𝘁𝗲𝗻𝗶𝗾𝘂𝗮 𝘀𝗲 𝘀𝗽𝗿𝗲𝗸𝗲𝗿𝘀 𝘀𝗸𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿 𝗼𝗽 𝗻𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝘃𝗹𝗮𝗸

Dit is ’n besondere prestasie vir Hoërskool Outeniqua om vyf leerders te hê wat aan die ATKV-Redenaarskompetisie se landsfinaal op 4 Augustus gaan deelneem.

Baie geluk aan:
🎗Carii van Rooyen
🎗Joubert Bester
🎗Ané Marais
🎗Marnu Marx
🎗Hendrik Stander (afwesig tydens die foto)

Ons is ongelooflik trots op hierdie Kwaggas wat Hoërskool Outeniqua op nasionale vlak verteenwoordig. Baie sterkte met die voorbereiding vir die landsfinaal, die hele Kwaggafamilie staan agter julle!

𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔-𝗡𝗘𝗧𝗕𝗔𝗟 𝗠𝗔𝗔𝗞 𝗢𝗡𝗦 𝗧𝗥𝗢𝗧𝗦!Baie geluk aan ons Kwagga-netbalspanne met hul deelname aan die Wes-Kaap Skole Liga Kampioe...
07/06/2026

𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔-𝗡𝗘𝗧𝗕𝗔𝗟 𝗠𝗔𝗔𝗞 𝗢𝗡𝗦 𝗧𝗥𝗢𝗧𝗦!

Baie geluk aan ons Kwagga-netbalspanne met hul deelname aan die Wes-Kaap Skole Liga Kampioenskappe!

Ons spelers het met trots meegeding teen van die sterkste skole in die provinsie.

o.14-span
Wen Qhayiya 28-0
Wen Cloetesville 19-0
Verloor La Rochelle 16-12
Verloor Stellenberg 21-1

o.16-span
Wen Nomzano 11-9
Verloor Paarl Gimnasium 20-8
Verloor Stellenberg 20-15

o.17-span
Wen Simayene 16-13
Wen Desmond Tutu 20-10
Wen La Rochelle 18-13
Wen Melkbosstrand 26-15
Verloor Girls’ High 16-11
Verloor Durbanville 22-17

🎉 Spesiale gelukwensing aan ons o.17-span wat deurgedring het na die SA Kampioenskappe in Boksburg gedurende Julie! Baie sterkte!

Baie dankie aan die spelers, afrigters, bestuur en ondersteuners wat hierdie prestasie moontlik gemaak het.

Vanoggend het hierdie pragtige dubbele reënboog oor Kwaggaland en die hele George verskyn.🌈Na alles wat die afgelope paa...
05/06/2026

Vanoggend het hierdie pragtige dubbele reënboog oor Kwaggaland en die hele George verskyn.🌈

Na alles wat die afgelope paar weke in George gebeur het ... die storms, die skade, die onsekerheid en die skool wat verskeie kere moes sluit, het hierdie gesig vanoggend vir baie van ons iets besonders beteken.

Dit herinner ons dat geen storm vir altyd aanhou nie.

"𝑲𝒚𝒌, 𝒉𝒐𝒐𝒈 𝒃𝒐 𝒊𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒘𝒐𝒍𝒌𝒆 𝒔𝒊𝒕 𝑬𝒌 '𝒏 𝒓𝒆𝒆̈𝒏𝒃𝒐𝒐𝒈. 𝑫𝒊𝒕 𝒊𝒔 𝒅𝒊𝒆 𝒕𝒆𝒌𝒆𝒏 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒐𝒐𝒓𝒆𝒆𝒏𝒌𝒐𝒎𝒔 𝒕𝒖𝒔𝒔𝒆𝒏 𝑴𝒚 𝒆𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆." – 𝑮𝒆𝒏𝒆𝒔𝒊𝒔 9:13

Ons is dankbaar vir 'n skoolgemeenskap wat deur hierdie uitdagende tyd saamgestaan en mekaar ondersteun het.

Vanoggend se reënboog was vir ons 'n mooi herinnering dat daar ná moeilike tye weer lig, hoop en nuwe moed kom. 🖤💛💜

🎶🎵 Hoërskool Outeniqua se Vokale Ensemble het deurgedring na die finale rondte van die Tygerberg Internasionale Eisteddf...
02/06/2026

🎶🎵 Hoërskool Outeniqua se Vokale Ensemble het deurgedring na die finale rondte van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod wat op 29 Augustus 2026 by Stellenbosch Universiteit se Endler Saal gehou gaan word! Die Vokale Ensemble is een van slegs drie kamerkore wat bo 90% gemiddeld van vyf beoordelaars ontvang het. Ons is ongelooflik trots op al die leerders en personeel wat by hierdie Ensemble betrokke is - julle is sterre en het Hoërskool Outeniqua se naam hoog gehou! 🎵🎶

𝗞𝘄𝗮𝗴𝗴𝗮-𝗮𝘁𝗹𝗲𝘁𝗲 (𝘽𝙞𝙖𝙩𝙝𝙡𝙚, 𝙏𝙧𝙞𝙖𝙩𝙝𝙡𝙚 & 𝙇𝙖𝙨𝙚𝙧 𝙍𝙪𝙣) 𝗴𝗲𝗸𝗶𝗲𝘀 𝘃𝗶𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗪𝗲𝘀-𝗞𝗮𝗮𝗽𝘀𝗽𝗮𝗻! Baie geluk aan ons leerders wat gekies is om ...
02/06/2026

𝗞𝘄𝗮𝗴𝗴𝗮-𝗮𝘁𝗹𝗲𝘁𝗲 (𝘽𝙞𝙖𝙩𝙝𝙡𝙚, 𝙏𝙧𝙞𝙖𝙩𝙝𝙡𝙚 & 𝙇𝙖𝙨𝙚𝙧 𝙍𝙪𝙣) 𝗴𝗲𝗸𝗶𝗲𝘀 𝘃𝗶𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗪𝗲𝘀-𝗞𝗮𝗮𝗽𝘀𝗽𝗮𝗻!

Baie geluk aan ons leerders wat gekies is om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die SA Biathle, Triathle & Laser Run Kampioenskappe wat van 2–4 Julie 2026 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal plaasvind!

Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en wens julle alle sterkte toe terwyl julle die Wes-Kaap en Hoërskool Outeniqua op nasionale vlak verteenwoordig.

Baie geluk aan die Kwagga-ruiters wat die afgelope naweek (29 & 30 Mei) aan SANESA EDEN se vierde kwalifiserende rondte ...
02/06/2026

Baie geluk aan die Kwagga-ruiters wat die afgelope naweek (29 & 30 Mei) aan SANESA EDEN se vierde kwalifiserende rondte deelgeneem het.

Hulle het uitstekend presteer en die uitslae is as volg:

Ella van der Merwe op haar perd Silent Approval
• 🥉3de - Vlak 2 Jumping 80cm
• 🥉3de - Vlak 2 Jumping 80cm
• 🥇1ste - Vlak 2 Dressage
• 🎗️5de - Vlak 2 Dressage
• 🎗️5de - Vlak 2 Equitation 70cm
• 🎗️4de - Vlak 3 Working Hunter 70cm

Ivanke Kriek op haar perd Frosty Barak
• 2 x 🥇1ste plekke - Vlak 1 Jumping 70cm

Marli Grieshaber op haar perd Baberton Silver
• 🥉3de - Vlak 1 Prix Caprilli
• 🥈2de - Vlak 1 Prix Caprilli
• 🥉3de - Vlak 1 Jumping 70cm
• 🥈2de - Vlak 1 Jumping 70cm
• 🥈2de - Vlak 2 Equitation 70cm

Nienke Nel op haar perd Marengo

• 🎗️4de - Vlak 3 Equitation 80cm
• 🥈2 x 1ste plekke - Vlak 3 Jumping 90cm
• 🥇1ste - Vlak 3 Working Hunter 70cm

Zanel Grobler op haar perd Kilshane Annanwater
• 🥇1ste - Vlak 1 Dressage Freestyle
• 🎗️4de - Vlak 2 Jumping 80cm
• 🥈2de - Vlak 2 Jumping 80cm

Baie geluk, Kwaggas! Julle maak ons ongelooflik trots!

𝗡𝘂𝘄𝗲 𝗵𝗼𝗸𝗸𝗶𝗲 𝗯𝗮𝗮𝗱𝗷𝗶𝗲𝘀, 𝗯𝗮𝗶𝗲 𝘁𝗿𝗼𝘁𝘀! Ons eerste seuns- en dogtershokkiespanne lyk sommer ekstra spoggerig in hul splinternu...
02/06/2026

𝗡𝘂𝘄𝗲 𝗵𝗼𝗸𝗸𝗶𝗲 𝗯𝗮𝗮𝗱𝗷𝗶𝗲𝘀, 𝗯𝗮𝗶𝗲 𝘁𝗿𝗼𝘁𝘀!

Ons eerste seuns- en dogtershokkiespanne lyk sommer ekstra spoggerig in hul splinternuwe spanbaadjies!

Baie dankie aan Moore Southern Cape en Garden Route MAN Garden Route MAN wat hierdie moontlik gemaak het. Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons spelers en ons hokkieprogram.

Ons waardeer julle ondersteuning opreg!🖤💜💛

𝗕𝗮𝗶𝗲 𝗴𝗲𝗹𝘂𝗸 𝗮𝗮𝗻 𝗼𝗻𝘀 𝗞𝘄𝗮𝗴𝗴𝗮-𝗻𝗲𝘁𝗯𝗮𝗹𝘀𝗽𝗲𝗹𝗲𝗿𝘀! Ons is ongelooflik trots op die dogters wat opgeneem is in die Eden Netbalspann...
02/06/2026

𝗕𝗮𝗶𝗲 𝗴𝗲𝗹𝘂𝗸 𝗮𝗮𝗻 𝗼𝗻𝘀 𝗞𝘄𝗮𝗴𝗴𝗮-𝗻𝗲𝘁𝗯𝗮𝗹𝘀𝗽𝗲𝗹𝗲𝗿𝘀!

Ons is ongelooflik trots op die dogters wat opgeneem is in die Eden Netbalspanne!

Baie geluk aan elke speler wat gekies is. Julle verteenwoordig nie net jul span nie, maar dra ook die Kwagga-naam met trots.

Ons wens julle alle sterkte toe vir die toernooi wat voorlê. 🖤💜💛

Netbal uitslae: Kwaggas vs Woodridge14C wen 14A 18 - 1414F verloor teen 14B 8-616E verloor teen 16B 10-1816C wen 10-9 16...
01/06/2026

Netbal uitslae: Kwaggas vs Woodridge

14C wen 14A 18 - 14
14F verloor teen 14B 8-6
16E verloor teen 16B 10-18
16C wen 10-9 16A
18C wen 1stes 32-16
18E verloor teen 18B 6-25

Address

Courtenay Street
George
6530

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27448744156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Outeniqua (Kwaggas):

Share