Ebenhaeser Primêre Skool

Ebenhaeser Primêre Skool VOLHARDING BRING SUKSES.

🎉 **Geluk met julle verjaarsdae, Juffrou Goliath en Juffrou Nel!** 🎂Mag julle nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, li...
16/06/2026

🎉 **Geluk met julle verjaarsdae, Juffrou Goliath en Juffrou Nel!** 🎂

Mag julle nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, liefde, goeie gesondheid en baie mooi herinneringe. Baie dankie vir die verskil wat julle elke dag in die lewens van ons leerders maak. Mag die jaar wat voorlê vol seëninge wees! 🌷✨

02/06/2026

Dit was n groot eer en voorreg om vandag ons wellness hub te onthul💙❤️.

🌿 Woorde van Dankbaarheid 🌿Ebenhaeser Primêr wil graag ons opregte dank uitspreek aan die Departement van Maatskaplike D...
02/06/2026

🌿 Woorde van Dankbaarheid 🌿

Ebenhaeser Primêr wil graag ons opregte dank uitspreek aan die Departement van Maatskaplike Dienste, Mev. Susan Carstens, en alle betrokke rolspelers vir julle ongelooflike bydrae tydens die onthulling van ons Wellness Hub.

Juffrou Sadé en Aunty Mala baie dankie vir die pragtige dekor, die heerlike verversings en die liefde en moeite wat julle ingesit het om hierdie dag so spesiaal te maak. Julle ondersteuning en betrokkenheid word opreg waardeer en het gehelp om van hierdie geleentheid 'n groot sukses te maak.

Die Wellness Hub sal 'n veilige en ondersteunende ruimte vir ons leerders bied.

Dankie dat julle saam met ons belê in die welstand van ons leerders en skoolgemeenskap. 💚

💚🌿

11/05/2026
Liewe Oom Ivan Dit is met gemengde emosies dat ons vandag afskeid neem. Dankie vir alles wat Oom Ivan vir Ebenhaeser Pri...
30/04/2026

Liewe Oom Ivan

Dit is met gemengde emosies dat ons vandag afskeid neem. Dankie vir alles wat Oom Ivan vir Ebenhaeser Primêr beteken het – die tyd, die toewyding en die omgee wat Oom so vrylik gegee het. Oom Ivan se teenwoordigheid het ’n verskil gemaak in die lewens van baie leerders en kollegas, en dit sal nie sommer vergeet word nie.
Mag die pad vorentoe vir Oom Ivan gevul wees met nuwe geleenthede, vreugde en welverdiende rus. Ons wens Oom Ivan net die beste toe vir die toekoms, en vertrou dat Oom Ivan met trots kan terugkyk op alles wat bereik is.
Baie dankie, en mag dit goed gaan met Oom Ivan.

Oorhandiging van VRL balkies❤️💙Leierskap by Ebenhaeser Primêr gaan nie net oor voorstaan nie, maar oor diens, integritei...
20/04/2026

Oorhandiging van VRL balkies❤️💙

Leierskap by Ebenhaeser Primêr gaan nie net oor voorstaan nie, maar oor diens, integriteit en om ’n positiewe voorbeeld te stel. ’n Ware leier wys respek, neem verantwoordelikheid en help ander om hul volle potensiaal te bereik. Saam kan ons ’n kultuur bou van samewerking, trots en uitnemendheid. Onthou: leiers word nie gebore nie—hulle word gevorm deur hul keuses en optrede elke dag.

Ons wil vir die volgende o/12 meisies baie sterkte toe wens wat komende Maandag aan die Matzikama Netbalproewe te Hoërsk...
10/04/2026

Ons wil vir die volgende o/12 meisies baie sterkte toe wens wat komende Maandag aan die Matzikama Netbalproewe te Hoërskool Lutzville gaan deelneem. Baie geluk en sterkte.

Address

Ebenhaeser
8149

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27272171611

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ebenhaeser Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ebenhaeser Primêre Skool:

Share

Category