Laerskool Constantiapark

Laerskool Constantiapark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Laerskool Constantiapark, Public School, Rover Street, Constantiapark.

Laerskool Constantiapark is ‘n toonaangewende Afrikaanse publieke skool in die Ooste van Pretoria waar opvoeding ons kernbesigheid is wat aan die hand van akademie, sport- en kultuurdeelname plaasvind.

TOP 10 MET 89%!Die Rapportryers bied jaarliks 'n nasionale Bybelkennisvasvra aan. Ons Bybelkennisvasvra-span het pas deu...
08/09/2026

TOP 10 MET 89%!

Die Rapportryers bied jaarliks 'n nasionale Bybelkennisvasvra aan. Ons Bybelkennisvasvra-span het pas deurgedring na die nasionale finaal en eindig met 89% in die uitdunrondte onder die TOP 10!




KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE ✍🏼📝✨ Amy Cloete (Graad 7) se gedig, “Die Netbalwedstryd”, behaal 'n 5de plek nasionaal in Netw...
08/09/2026

KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE ✍🏼📝✨

Amy Cloete (Graad 7) se gedig, “Die Netbalwedstryd”, behaal 'n 5de plek nasionaal in Netwerk24 se kreatiewe skryfkompetisie. Sy het onder die “Afrikaans Huistaal Laerskole”-kategorie deelgeneem en skitter in die afdeling van 80%-89%. Baie geluk, Amy! Ons is trots op jou! Kyk nou net wat gebeur as 'n penlisensie in graad 3 momentum kry in graad 7!




Ons SUPER CP ADMINISTRATIEWE SPAN ágter die lekker Rooikat-span met die blink planne... sáám sorg elkeen dat die rooi ma...
07/09/2026

Ons SUPER CP ADMINISTRATIEWE SPAN ágter die lekker Rooikat-span met die blink planne... sáám sorg elkeen dat die rooi masjien onkeerbaar is!

Dankie vir elke vingertjie in die kantore wat ons Rooikatte in die klasse, op die velde, bane en verhoog laat gedy saam met dr. Dey!




GR. R: HOEDEDAG 👒🌸🐝🌼🪲 Dit lyk na LENTE! Blomme en insekte pronk op die kreatiefste hoede by die Graad R-Sentrum! Kyk hoe...
07/09/2026

GR. R: HOEDEDAG 👒🌸🐝🌼🪲

Dit lyk na LENTE! Blomme en insekte pronk op die kreatiefste hoede by die Graad R-Sentrum! Kyk hoe mooi is die kinders en hul juffrouens opgetooi.




LANDLOOP: SA-KAMPIOENSKAPOns Rooikat-Ramkat, Dieter Kriek, met die langasem en besondere vasbyt oor baie kilometers, ver...
06/09/2026

LANDLOOP: SA-KAMPIOENSKAP

Ons Rooikat-Ramkat, Dieter Kriek, met die langasem en besondere vasbyt oor baie kilometers, verwerf brons by die SA-Kampioenskap! Ons is só trots op hierdie landloopster wat deur sy hele laerskoolloopbaan met volle fokus bly oefen het, bly vasbyt het en daarom bly skitter het te midde van uitdagings! Hy is 'n voorbeeld van hoe 'n Rooikat kan vasbyt en deurdruk! Vir óns is jy die kat se snor, want jy is keer op keer óns katjie van die baan!




DANKIE Moreleta Corner  vir die prettigste lentedag!  Checkers60sixty is nou deel van die lekker Rooikat-gesin!
06/09/2026

DANKIE Moreleta Corner vir die prettigste lentedag! Checkers60sixty is nou deel van die lekker Rooikat-gesin!




SUMMER OF 60sixty!  Wat 'n wonderlike lentedag saam met Checkers60sixty en Moreleta Corner!
05/09/2026

SUMMER OF 60sixty! Wat 'n wonderlike lentedag saam met Checkers60sixty en Moreleta Corner!





BERGFIETS ONOORWONNE IN GAUTENG-SKOLEREEKS!
05/09/2026

BERGFIETS ONOORWONNE IN GAUTENG-SKOLEREEKS!




SA-KAMPIOENSKAP: LEKKER LANDLOOPSterkte aan ons drie lekker, super CP-hollers: Dieter, Kara en Abrie! Mag die myle verby...
04/09/2026

SA-KAMPIOENSKAP: LEKKER LANDLOOP

Sterkte aan ons drie lekker, super CP-hollers: Dieter, Kara en Abrie!

Mag die myle verbyvlieg, terwyl die mooiste stories in julle koppe afspeel wat die pad laat verbysnel! Lekker Rooikatte, hol met lekkerte ver en vrolik! Ons hou duimvas, want julle vasbyt op die lang pad inspireer ons!




UNIEK EN HOOGSUITSONDERLIKDie TsjeggieseJiřičky Children's and Youth Choir het Laerskool Constantiapark die week besoek ...
02/09/2026

UNIEK EN HOOGSUITSONDERLIK

Die Tsjeggiese
Jiřičky Children's and Youth Choir het Laerskool Constantiapark die week besoek en bygedra tot 'n unieke, onvergeetlike en uitsonderlike kooraand waar musiek die brug tussen Tsjeggië en Rooikatwêreld gebou het!

Ons junior en senior koor onder leiding van Hano Van der Walt saam met die Tsjeggiese koordirigent,
Jiřina Jiřičková, en haar
Jiřičky Children's and Youth Choir het 'n mooi geskep, so mooi dat elkeen in die gehoor se siele en harte vernuwe is deur die skoonheid van musikaliteit wat oor lands- en taalgrense strek!

(Ons was ook verras dat daar nog mense in die wêreld is met rooi en swart drag...)




Address

Rover Street
Constantiapark
0048

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Constantiapark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Constantiapark:

Shortcuts

Share

Category