Laerskool Wierdapark

Laerskool Wierdapark Laerskool Wierdapark- waar ons opstaan vir ONS-self, ONS skool en ONS gemeenskap.

07/09/2026

DIE LAERSKOOL VIR JOU KIND

Opsoek na die regte laerskool vir jou kind?
By Laerskool Wierdapark skep ons โ€™n omgewing ๐˜„๐—ฎ๐—ฎ๐—ฟ ๐—ฒ๐—น๐—ธ๐—ฒ ๐—น๐—ฒ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ด๐—ฒ๐—น๐—ฒ๐—ฒ๐—ป๐˜๐—ต๐—ฒ๐—ถ๐—ฑ ๐—ธ๐—ฟ๐˜† ๐—ผ๐—บ ๐˜๐—ฒ ๐—ด๐—ฟ๐—ผ๐—ฒ๐—ถ, ๐˜๐—ฒ ๐—ผ๐—ป๐˜๐˜„๐—ถ๐—ธ๐—ธ๐—ฒ๐—น ๐—ฒ๐—ป ๐˜€๐˜†/๐—ต๐—ฎ๐—ฎ๐—ฟ ๐˜ƒ๐—ผ๐—น๐—น๐—ฒ ๐—ฝ๐—ผ๐˜๐—ฒ๐—ป๐˜€๐—ถ๐—ฎ๐—ฎ๐—น ๐˜๐—ฒ ๐—ฏ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฒ๐—ถ๐—ธ.

Met sterk waardes, trots tradisies en โ€™n passie vir uitnemendheid, maak ons die belangrike skoolkeuse โ€™n maklike een.

Maak gerus kontak om โ€™n persoonlike skooltoer te bespreek en ervaar self die Wierie-gees.

๐Ÿ“ง [email protected]
๐Ÿ“ž 012 654 3350

1STE INTERHUIS SWEMGALA! Het jy geweet? Laerskool Wierdapark het nou ook swem as een van ons sportsoorte! Ons is ongeloo...
07/09/2026

1STE INTERHUIS SWEMGALA!

Het jy geweet? Laerskool Wierdapark het nou ook swem as een van ons sportsoorte!

Ons is ongelooflik opgewonde om ons heel eerste Interhuis Swemgala aan te bied!

Ons nooi elke Wierie-gesin hartlik uit om saam met ons hierdie spesiale geleentheid te kom ondersteun en die swemmers aan te moedig.

๐Ÿ“… Vrydag, 11 September

Kom maak saam met ons geskiedenis en wys vir ons Wieries hoe lyk ware Wierie-gees!

Sien julle langs die swembad!

KASKAR FOTOโ€™S 2026 Baie dankie vir โ€™n wonderlike dag, Wieries! Ons glo julle gaan almal vanaand baie lekker slaap na al ...
04/09/2026

KASKAR FOTOโ€™S 2026

Baie dankie vir โ€™n wonderlike dag, Wieries! Ons glo julle gaan almal vanaand baie lekker slaap na al die pret en energie!

Ons sien reeds uit na ons volgende Kaskardag รฉn die ouerbraai in November.

๐Ÿ†๐ŸŽญ NASIONALE FINAAL-WENNERS! ๐ŸŽญ๐Ÿ†Wat โ€™n ongelooflike aand! Ons harte is propvol trots! Ons produksie Kiki is aangewys as d...
04/09/2026

๐Ÿ†๐ŸŽญ NASIONALE FINAAL-WENNERS! ๐ŸŽญ๐Ÿ†

Wat โ€™n ongelooflike aand! Ons harte is propvol trots!

Ons produksie Kiki is aangewys as die wenners van die FAK se Nasionale Finaal vir Teenieproduksies!

En asof die nasionale titel nie genoeg is nie, word ons produksie ook bekroon met:

๐Ÿ† Beste Regie( Annatjie Jordaan, Carla Hugo, Madi Hugo)
๐Ÿ† Beste Grimering ( Karlien Jacobs, Tessa Olivier)
๐Ÿ† Beste Kostuums
๐Ÿ† Beste Ensemble

๐ŸŒŸ Beste Akteur: Derik Olivier
๐ŸŒŸ Beste Aktrise: Linka Fraser
๐ŸŒŸ Beste Vroulike Byspeler: Marjolin Hicks

Ons kan nie meer trots wees op hierdie ongelooflike groep jong mense nie.

Elke repetisie, elke traan, elke lag, elke laatmiddag en elke oomblik van onsekerheid het uiteindelik tot hierdie besonderse oomblik gelei.

Kiki het die nasionale verhoog aangegryp โ€” en ons kinders het gewys waartoe hulle in staat is!

Aan ons hele span: Julle is Nasionale Kampioene!

Wat โ€™n voorreg om hierdie reis saam met julle te kon stap.

Kiki โ€” FAK Nasionale Teenieproduksie-wenners 2026!

BAIE STERKTE AAN ONS 16 LANDLOOP-ATLETE! Saterdag neem ons 16 ongelooflike atlete deel aan die SA Landloopkampioenskappe...
03/09/2026

BAIE STERKTE AAN ONS 16 LANDLOOP-ATLETE!

Saterdag neem ons 16 ongelooflike atlete deel aan die SA Landloopkampioenskappe, wat โ€™n besondere prestasie!
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle harde werk, deursettingsvermoรซ en toewyding het julle tot hier gebring.
Gaan geniet elke oomblik, gee jou beste en dra ons skool se naam met trots!
Hardloop met hart. Hardloop met trots.
Baie sterkte, ons is agter julle!

TENNISUITSLAE | WEEK 4Ons Wierdas het hierdie week weer met groot gees en vasberadenheid op die tennisbane meegeding! Ba...
03/09/2026

TENNISUITSLAE | WEEK 4

Ons Wierdas het hierdie week weer met groot gees en vasberadenheid op die tennisbane meegeding!

Baie geluk aan ons Seuns O/11 A en Dogters O/11 A met hul mooi oorwinnings! Ons is trots op elke speler wat hul beste gegee het en met goeie sportmanskap meegeding het.

Hou aan druk, Wierdas!

02/09/2026

R***E BEHAAL โ€™N FANTASTIESE 2DE PLEK!

Uit 21 junior revues wat aan die Kaleidoscope R***e Kompetisie deelgeneem het, het Laerskool Wierdapark โ€™n ongelooflike 2de plek in die Advanced-afdeling behaal!

Die kompetisie word in drie afdelings verdeel:
Advanced ( Laerskool Wierdapark neem hier deel) Intermediate
Novice

Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons R***e-leerders! Julle harde werk, toewyding, talent en passie het beslis vrugte afgewerp.

Baie geluk, Wierdapark R***e! Ons is sommer baie trots op julle!

02/09/2026

SEKRETARESSEDAG

Laerskool Wierdapark is verseker geseรซnd met die beste admindames in die hele wรชreld!

Baie dankie vir alles wat julle elke dag, dikwels stilletjies agter die skerms, doen vir ons leerders, personeel en ouers. Julle organisasie, vriendelikheid, geduld en bereidwilligheid maak โ€™n ongelooflike verskil.

Ons waardeer elke oproep, e-pos, glimlag, reรซling en ekstra myl wat julle stap.

Julle is GOUD werd!
Gelukkige Sekretaressedag aan ons wonderlike dames!

LENTE-OPGEWONDENHEID! Ons Wieries het die lente op die lekkerste manier verwelkom โ€“ met โ€™n heerlike piekniek tydens pous...
01/09/2026

LENTE-OPGEWONDENHEID!

Ons Wieries het die lente op die lekkerste manier verwelkom โ€“ met โ€™n heerlike piekniek tydens pouse!

โ€™n GROOT dankie aan ons wonderlike Klasverteenwoordiger-mammas wat ons personeel met โ€™n heerlike koekie kom bederf het.

Ook โ€™n spesiale dankie aan ons Leierraad vir die soet bederf tydens pouse!
Met soveel liefde en omgee om ons is daar net een ding om te sรชโ€ฆ
Ons gaan die nuwe seisoen SOET in!

Welkom, Lente!

Address

Hv Willem Botha Rylaan En Ruimteweg
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:50
Tuesday 07:30 - 13:50
Wednesday 07:30 - 13:50
Thursday 07:30 - 13:50
Friday 07:30 - 13:50

Telephone

+27126543350

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Wierdapark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Wierdapark:

Shortcuts

Share

Category