Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus

Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus Meer as ’n politieke party. Met ’n nuwe visie vir ’n suksesvolle SA, verbind tot beter dienslewering en verantwoordbaarheid. | More than a political party.

With a bold new vision for a successful SA, committed to service delivery and accountability.

Die VF Plus het tydens ’n spesiale raadsvergadering van die eThekwini-metro dit duidelik gemaak dat die party nie die vo...
01/06/2026

Die VF Plus het tydens ’n spesiale raadsvergadering van die eThekwini-metro dit duidelik gemaak dat die party nie die voorgestelde 2026/27-begroting kan steun nie.

Die party het beswaar aangeteken teen die swart ekonomiese bemagtigingsbeleide wat sekere politici bevoordeel, sowel as die tariefverhogings wat ekstra druk op inwoners plaas.

Die voorgestelde verhogings sluit onder meer in ’n styging van sowat 2,5% in eiendomsbelasting, 9% in elektrisiteit en 10% in water.

Toegang tot voldoende water is ’n basiese mensereg, maar die feit dat meer as die helfte van die metro se water weens lekkasies en ander faktore verlore gaan, maak dié verhoging onaanvaarbaar.

Die GO!Durban-busprojek het sedert 2012 al meer as R9 miljard gekos, maar bied steeds geen betekenisvolle alternatiewe vervoer vir pendelaars nie.

Baie inwoners moet steeds drie taxi’s gebruik om by hul werkplekke uit te kom, terwyl die metro die afgelope jaar slegs sowat twee kilometer- pad behoorlik kon teer.

Die VF Plus het verder gewaarsku dat die onwettige toestroming van mense groot druk op die metro se infrastruktuur plaas

Die party het ook sy kommer uitgespreek oor die metro se uitstaande debiteure, wat die afgelope drie jaar tot meer as R45 miljard gegroei het.

Dit is duidelik dat die ANC nie langer vertrou kan word om die metro suksesvol te bestuur tot voordeel van sy inwoners nie.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om saam met die VF Plus ʼn positiewe verskil in eThekwini teweeg te bring.

- Henricus van der Ryst, VF Plus-raadslid: eThekwini-metro

Die VF Plus het tydens ’n spesiale raadsvergadering van die eThekwini-metro dit duidelik gemaak dat die party nie die voorgestelde 2026/27-begroting kan

Die AbaQulusi-plaaslike munisipaliteit (Louwsburg, Vryheid) se begroting vir die 2026/27-finansiële jaar aanduidend van ...
01/06/2026

Die AbaQulusi-plaaslike munisipaliteit (Louwsburg, Vryheid) se begroting vir die 2026/27-finansiële jaar aanduidend van ’n munisipaliteit wat onder erge finansiële druk verkeer en ’n ANC-regering wat geen werkbare omkeerplan het nie.

Die begroting is tydens die raadsvergadering sonder voldoende debat of dokumentasie aanvaar. Raadslede is nie genoeg tyd gegun om die dokumente te bestudeer en ’n ingeligte besluit te neem nie.

Die aanbeveling om R172,4 miljoen se ongemagtigde uitgawes af te skryf, is veral kommerwekkend. Dit sluit onder meer in:
• R102,4 miljoen vir finansies en administrasie
• R32,3 miljoen vir energiebronne
• R27,3 miljoen vir waterbestuur
• Miljoene meer vir ander afdelings

Die interne ouditverslag en die jongste verslag van die ouditeur-generaal (OG) beklemtoon swak finansiële kontroles, nie-nakoming van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA), onderbegroting en onrealistiese praktyke. Slegs 30% van die beplande teikens is bereik, ten spyte van volle besteding.

Die munisipaliteit erken dat hy nie meer sy Eskom-verpligtinge kan nakom nie. Waterverliese bly uiters hoog op meer as 50%, terwyl kragverliese 26% beloop.
Infrastruktuurprojekte soos padwerke en gemeenskapsgeriewe bly onafgehandel en die begrotings vir herstel en instandhouding word verder verminder.

Dit is onregverdig om van inwoners te verwag om hoër tariewe te betaal terwyl daar geen finansiële beheer toegepas word en dienslewering hand oor hand agteruitgaan nie.

Die VF Plus doen ’n dringende beroep op die munisipaliteit om:
• Finansiële kontroles dringend te versterk
• ’n Onafhanklike ondersoek na ongemagtigde uitgawes te doen
• Gevolgbestuur konsekwent toe te pas
• ’n realistiese en befondsde herstelplan te implementeer
• Water- en kragverliese aggressief te verminder
• Instandhouding van infrastruktuur voorrang te gee bo nie-noodsaaklike uitgawes
Inwoners van AbaQulusi verdien ’n munisipaliteit wat openbare fondse beskerm, volhoubare dienste lewer en met verantwoordelikheid regeer.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om vir die VF Plus te stem om AbaQulusi uit die hande van die ANC te hou.

- Gert Hay, VF Plus-raadslid: AbaQulusi-plaaslike munisipaliteit

Die AbaQulusi-plaaslike munisipaliteit (Louwsburg, Vryheid) se begroting vir die 2026/27-finansiële jaar aanduidend van ’n munisipaliteit wat onder erge

❗️RMVO SA jaarlikse herdenkingsdiens:Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier het namens die party ‘n krans vandag gelê ter herin...
31/05/2026

❗️RMVO SA jaarlikse herdenkingsdiens:

Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier het namens die party ‘n krans vandag gelê ter herinnering aan al die gesneuweldes in die oorloë in Suid-Afrika.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-LP en Minister van Korrektiewe Dienste het ook ‘n krans gelê.

(FOTO’S: Dr. Corné Mulder word saam met die SAKK en Affies-leerlinge afgeneem.)

(Scroll down for English)Die begrotingsproses van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) vir die 2026/27-finansiële jaar he...
29/05/2026

(Scroll down for English)

Die begrotingsproses van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) vir die 2026/27-finansiële jaar het ontaard in ’n klugspel van wanbestuur en chaos wat demokratiese prosesse ernstig ondermyn.

Op 28 Mei moes die raad vergader om die konsep-geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en die bedryfs- en kapitaalbegrotings te bespreek. Tog het die oorgrote meerderheid van die 120 raadslede geen agenda of ondersteunende dokumentasie betyds ontvang nie.

Dit is ’n direkte skending van die raad se reëls van orde wat vereis dat agendas ten minste vyf werksdae voor ’n vergadering beskikbaar moet wees.

Die vergadering het ure laat begin en nog langer gesloer terwyl partye moes koukus oor die wettigheid van die proses.

Uiteindelik is ’n spesiale hibriede sitting vir 29 Mei aangekondig, met die belofte dat alle dokumentasie vooraf beskikbaar sou wees.

Teen die aanvang van die vergadering was daar steeds geen agenda of begrotingsdokumente vir raadslede beskikbaar nie.

Ten spyte hiervan het die burgemeester, Babalwa Lobishe, aanbeveel dat die GOP en ander dokumente eenvoudig aanvaar of van kennis geneem moet word.

Dit beteken dat van raadslede verwag is om besluite te neem oor miljarde rande se openbare fondse sonder enige voorbereiding of behoorlike demokratiese toesig.

Die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) bepaal duidelik dat ’n begroting ten minste 90 dae voor die nuwe finansiële jaar ter tafel gelê moet word en minstens 30 dae voor 1 Julie oorweeg moet word.

Indien dit nie gebeur nie, kan die provinsiale regering ingevolge artikel 139 van die Grondwet ingryp.

Die wetlike sperdatums en vereistes is lankal bekend, maar word telkens met minagting behandel.

Hierdie gedrag wys dat politieke beheer en magsbehoud belangriker geag word as deursigtigheid, goeie regering en verantwoordbaarheid teenoor belastingbetalers.

Inwoners van Nelson Mandelabaai verdien beter as ʼn ANC-beheerde stadsbestuur wat nie eens sy eie begrotingsprosesse professioneel kan bestuur nie.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om vir die VF Plus te stem om ʼn werklike verskil in hul lewensomstandighede te maak.

- Bill Harington, VF Plus-raadslid: Nelson Mandelabaai-metro

_________________

Chaos and contempt for democracy in Nelson Mandela Bay

The budget process for the 2026/27 financial year of the Nelson Mandela Bay Metro (NMBM) turned into a farce of maladministration and chaos, seriously undermining democratic processes.

The Council was scheduled to meet on 28 May to discuss the draft Integrated Development Plan (IDP) as well as the operating and capital budgets. However, the vast majority of the 120 councillors did not receive the relevant agenda or supporting documentation in time.

This constitutes a clear violation of the Council’s rules of order, which stipulate that agendas have to be disseminated at least five working days before a meeting.

The meeting started hours late and was dragged out unnecessarily as parties had to caucus on the legality of the process.

Eventually, a special hybrid meeting was announced for 29 May, with the promise that all documentation would be made available beforehand.

However, when the meeting was convened, councillors still did not have access to an agenda or any budget-related documentation.

Despite this, Mayor Babalwa Lobishe recommended that the IDP and other documents should simply be adopted or noted.

This meant councillors were expected to take decisions on billions of rand in public funds without any preparation or proper democratic oversight.

The Municipal Finance Management Act (MFMA) clearly stipulates that a budget must be tabled at least 90 days before the new financial year and considered at least 30 days before 1 July.

Failure to comply with these stipulations would allow the provincial government to intervene in terms of section 139 of the Constitution.

The legal deadlines and requirements are no secret, yet they are repeatedly disregarded.

This demonstrates that political control and the retention of power are regarded as more important than transparency, good governance and accountability to taxpayers.

Nelson Mandela Bay residents deserve better than this ANC-controlled city administration that is so inept it cannot even conduct its own budget processes professionally.

On 4 November, residents have a golden opportunity to bring about tangible improvement in their daily lives by voting for the Freedom Front Plus.

- Bill Harington, Freedom Front Plus councillor: Nelson Mandela Bay Metro

Die begrotingsproses van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) vir die 2026/27-finansiële jaar het ontaard in ’n klugspel van wanbestuur en chaos wat

(Scroll down for English)Die omstrede R76-pad tussen Kroonstad en Steynsrus, wat al langer as sewe jaar herstel word, he...
29/05/2026

(Scroll down for English)

Die omstrede R76-pad tussen Kroonstad en Steynsrus, wat al langer as sewe jaar herstel word, het belastingbetalers reeds meer as R400 miljoen gekos, maar die pad is steeds nie behoorlik herstel nie en gedeeltes begin reeds weer verbrokkel.

Die Vrystaatse wetgewer se gesamentlike portefeuljekomitees oor openbare rekeninge en finansies, asook openbare werke, infrastruktuur, paaie, vervoer en menslike nedersettings, het hierdie week ’n oorsigbesoek aan die pad gebring om die vordering en gehalte van die projek te monitor.

Die herstelprojek aan die R76 het reeds in 2019 begin en sou oorspronklik in 2022 afgehandel gewees het. Ná jare se vertragings en wanbestuur, is die projek steeds nie voltooi nie.

Die aanvanklike kontrak van sowat R271 miljoen, wat aan die kontrakteur Sedtrade toegeken is, is in omstredenheid gedompel nadat die werk vir jare gesloer het en die padoppervlak op verskeie plekke begin verbrokkel het.

Die projek het eindelik in 2023 tot stilstand gekom ná dispute tussen die kontrakteur en die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer.

'n Nuwe kontrak van sowat R146 miljoen is nou weer toegeken wat die totale koste van die projek tot meer as R400 miljoen opstoot en dit terwyl inwoners en motoriste steeds met ’n gevaarlike en swak pad opgeskeep sit.

Die VF Plus het die aangeleentheid reeds in 2023 na die spesiale ondersoekeenheid (SOE) verwys en sal voortgaan om antwoorde te eis oor die enorme vermorsing van belastinggeld, swak kontrakbestuur en die gebrek aan aanspreeklikheid.

Die verval van dié projek het boere en inwoners reeds gedwing om uit hul eie sakke te betaal om van die ergste slaggate tydelik te herstel, terwyl die ANC-regering honderde miljoene rand op dieselfde pad vermors het.

Dit is ’n skande dat gemeenskappe self moet probeer om kritieke infrastruktuur aan die gang te hou terwyl wanbestuur en korrupsie voortgaan om die Vrystaat se paaie te vernietig.

Dis ons tyd om op te staan teen die verval en vermorsing van ons belastinggeld.

Registreer nou en stem VF Plus op 4 November vir werklike verbetering in die Vrystaat.

- Armand Cloete, VF Plus-LPW: Vrystaat

______________

More than R400 million later and the R76 road to Steynsrus is still not fixed

The controversial R76 route linking Kroonstad and Steynsrus, which has been undergoing repairs for more than seven years, has already cost taxpayers more than R400 million, yet the road surface is still not properly fixed and sections are already starting to crumble again.

This week, the Free State Legislature’s joint Portfolio Committees on Public Accounts and Finance as well as Public Works, Infrastructure, Roads, Transport and Human Settlements conducted an oversight visit to monitor the project's progress and quality.

Repairs to the R76 started in 2019 and were originally supposed to be completed in 2022. After years of delays and maladministration, the project remains incomplete.

The initial contract of approximately R271 million, awarded to the contractor Sedtrade, became mired in controversy after the work dragged on for years and the road surface began to crumble in several places.

The project eventually came to a standstill in 2023 following disputes between the contractor and the Free State Department of Community Safety, Roads and Transport.

A new contract of approximately R146 million has since been awarded, pushing the total cost of the project to more than R400 million, while residents and motorists must still contend with a dangerous and poor-quality road.

The Freedom Front Plus (VF Plus) referred the matter to the Special Investigating Unit (SIU) in 2023 already, and will keep demanding answers regarding the sheer squandering of taxpayers’ money, poor contract management and the lack of accountability.

The mismanagement of this project forced farmers and residents to shell out and pay for temporarily repairing the worst potholes, while the ANC government wasted hundreds of millions on the same road.

It is an absolute disgrace that communities themselves have to try and keep critical infrastructure functional, while maladministration and corruption are literally eroding the Free State’s roads.

This is our time to stand up against the decay and squandering of our tax money.

Register now and vote for the Freedom Front Plus on 4 November to see actual improvement in the Free State.

- Armand Cloete, Freedom Front Plus MPL: Free State

Die omstrede R76-pad tussen Kroonstad en Steynsrus, wat al langer as sewe jaar herstel word, het belastingbetalers reeds meer as R400 miljoen gekos, maar

Die VF Plus het tydens die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit (Bethlehem, Clarens, Fouriesburg, Golden Gate Highlands Na...
29/05/2026

Die VF Plus het tydens die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit (Bethlehem, Clarens, Fouriesburg, Golden Gate Highlands National Park, Paul Roux, Rosendal) se begrotingsdebat teen die 2026/27-begroting gestem weens die voorgestelde 30% kragtariefverhoging.

Alhoewel Nersa, ’n gemiddelde riglyn van sowat 9% vir munisipale elektrisiteitstariewe vir die 2026/27-boekjaar goedgekeur het en Nersa steeds die voorgestelde verhoging moet oorweeg, blyk dit of die ANC doelbewus probeer om hierdie buitensporige tariefverhoging stilweg deur die begrotingsproses te stoot sonder dat inwoners die volle impak daarvan besef.

Met Suid-Afrika se inflasie wat tans op sowat 4% staan, is daar eenvoudig geen huishouding waarvan die inkomste jaarliks met 30% groei nie.

Hierdie voorgestelde verhoging is niks anders nie as ’n poging om historiese Eskom-skuld en finansiële verval op die skouers van inwoners te plaas.

Dihlabeng se Eskom-skuld beloop tans sowat R1,3 miljard.

Hoewel die munisipaliteit maandeliks sowat R25 miljoen aan Eskom betaal ingevolge ʼn betalingsooreenkoms met die kragvoorsiener en die nasionale tesourie, word die volle lopende rekening steeds nie vereffen nie.

Intussen lei die munisipaliteit reuse verliese weens swak invordering, onwettige aansluitings en finansiële wanbestuur.

Indien die inwoners van Dihlabeng werklike verbetering en goeie bestuur wil sien, is dit tyd om op 4 November vir die VF Plus te stem.

Dis ons tyd om ons dorpe, ons finansies en ons toekoms van die ANC terug te vat.

- Lieb Liebenberg, VF Plus-raadslid: Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit

Die VF Plus het tydens die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit (Bethlehem, Clarens, Fouriesburg, Golden Gate Highlands National Park, Paul Roux, Rosendal)

(Scroll down for English)Tshwane se R12.2 miljard batekrisis: Koalisie se infrastruktuurverraad teen belastingbetalersDi...
29/05/2026

(Scroll down for English)

Tshwane se R12.2 miljard batekrisis: Koalisie se infrastruktuurverraad teen belastingbetalers

Die jongste amptelike verslag van Tshwane se strategiese batebestuurskomitee (Samco) wys dat ’n bedrag van R12,2 miljard vasgevang is in projekte wat reeds gebou is, half voltooi is of waarvoor planne en betalings lankal gedoen is, maar wat nooit amptelik op die metro se bate-register gelaai is nie.

Hierdie fondse, wat infrastruktuur verteenwoordig wat gemeenskappe dringend nodig het, is vasgepen in administratiewe laksheid en onbevoegdheid.

Terwyl inwoners daagliks sukkel met verweerde paaie, donker strate en behuisingsprojekte wat stilstaan, word die voltooide of halfvoltooide werk eenvoudig nie wettig oorgedra nie.

Omdat dit nie op die aktiewe bate-register verskyn nie, mag die metro dit nie in stand hou of verseker nie.

Die gevolg is dat eiendom verwaarloos word, skade intree en projekte later teen hoër koste weer aangepak moet word.

Hierdie toedrag van sake beteken dat belastingbetalers twee keer betaal: eers vir die bouwerk en dan weer vir die herstel van skade wat intussen ontstaan.

Dit is ’n direkte gevolg van min tot geen projekbestuur en ’n kultuur van dissiplineloosheid wat die metro se finansiële gesondheid en dienslewering ondermyn.

Die omvang van die batekrisis is des te meer verraad omdat dit juis die sektore raak waar gemeenskappe die swaarste kry onder dienslewering wat in duie stort. Die R12,2 miljard wat vasgevang is, kon reeds ’n tasbare verskil gemaak het in die daaglikse lewe van inwoners.

Daar moet dringend ’n onafhanklike forensiese oudit gedoen word om vas te stel wie verantwoordelik is vir hierdie vertragings en om te verseker dat projekte nie langer lamgelê word nie.

’n Hersiening van die metro se projekbestuursmodel is noodsaaklik om te keer dat belastinggeld in die toekoms weer so vermors word.

Inwoners moet registreer en op 4 November vir die VF Plus stem om ʼn tasbare verskil in hul lewensomstandighede teweeg te bring.

- Nick Pascoe, VF Plus-raadslid: Tshwane-metroraad

_____________

Tshwane’s R12,2 billion asset crisis: coalition’s infrastructure betrayal

The latest official report by Tshwane’s Strategic Asset Management Committee (SAMCO) reveals that an amount of R12,2 billion is trapped in projects that have already been completed, are partially completed, or for which plans and payments were made long ago, but that were never officially loaded onto the Metro’s asset register.

These funds – which represent infrastructure desperately needed by communities – are trapped due to administrative negligence and incompetence.

While residents must contend with crumbling roads, dark streets and stalled housing projects on a daily basis, completed or partially completed projects are not legally transferred.

And because these assets do not appear on the active asset register, the Metro may not maintain or insure them.

Consequently, properties are neglected, damage occurs and projects have to be redone at higher cost at a later stage.

This basically means that taxpayers pay twice: first for the initial construction and then again for the repair of damage that occurred in the interim.

This is a direct consequence of poor to no project management and a culture of indiscipline, which are undermining the Metro’s financial health and service delivery.

This asset crisis amounts to a betrayal of taxpayers, because it affects precisely those sectors and communities that bear the brunt of collapsing service delivery. The trapped R12,2 billion could have made a tangible difference to residents' daily lives.

An independent forensic audit should urgently be conducted to determine who is responsible for these delays and to ensure that projects do not remain stalled.

In addition, the Metro’s project management model should be reviewed to prevent tax money from being squandered like this in the future.

Residents should register and vote for the Freedom Front Plus on 4 November to bring about tangible improvement in their daily lives.

- Nick Pascoe, Freedom Front Plus councillor: Tshwane Metro Council

https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/tshwane-se-r12-2-miljard-batekrisis-koalisie-se-infrastruktuurverraad-teen-belastingbetalers/

(Scroll down for English)Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereenigin...
29/05/2026

(Scroll down for English)

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is finaal uit die OK-gebou in President Paul Krugerstraat, Vanderbijlpark, geskop nadat die eienaars die huurkontrak beëindig het weens die munisipaliteit se onvermoë om huur te betaal.

Die gebou het die departement van finansies gehuisves, maar die eienaar het reeds in Desember 2025 aangedui dat die kontrak op 31Mei 2026 sou eindig.

Tog het die munisipale bestuurder, April Ntuli, eers vandeesweek Woensdag werkers opdrag gegee om die gebou teen vandag (Vrydag) te ontruim.

Die munisipaliteit het drie maande gelede besluit om nie langer die maandelikse huurgeld van R1,4 miljoen te betaal nie.

In stede daarvan is ’n groot gedeelte van die Absa-gebou in FW Beyersstraat teen R1,2 miljoen per maand gehuur.

’n Onlangse besoek het egter gewys dat die gebou nog nie gereed is om die 220 amptenare te huisves nie. Kontrakteurs is steeds besig om kantore te omskep, daar is geen internetverbinding nie en die dienssentrum kan daarom nie navrae of betalings hanteer nie.

Hierdie jongste episode volg op ’n geskiedenis van wanbestuur waar die OK-gebou se eienaar al verskeie kere die deure moes sluit totdat agterstallige huur betaal is. Selfs die parkeerarea is al met rioolwater oorstroom toe ’n pyp gebars het.

Die inwoners van Emfuleni betaal nou die prys vir ’n administrasie wat nie sy basiese verpligtinge kan nakom nie.

’n Skrywe is reeds aan die munisipale bestuurder gerig waarin 'n verduideliking geëis word oor die nie-betaling van huur en die versuim om die Absa-gebou betyds gereed te kry.

Die tyd het aangebreek om ’n einde te maak aan die ANC se wanbestuur wat gemeenskappe straf.

Inwoners moet seker maak hulle is geregistreer om op 4 November te stem vir die VF Plus wat die behoeftes van kiesers eerste stel.

- Gerda Senekal, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit

____________

Emfuleni kicked out of OK Building for good

The Emfuleni Local Municipality (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) has been kicked out of the OK Building in President Paul Kruger Street, Vanderbijlpark, for good with the owners finally terminating the lease due to the Municipality’s failure to pay rent.

The Building housed the Department of Finance, and the owner notified the Municipality in December 2025 that the contract would terminate on 31 May 2026.

Yet the Municipal Manager, April Ntuli, waited until this Wednesday to instruct workers to vacate the Building by today (Friday).

Three months ago, the Municipality decided to stop paying the monthly rent of R1,4 million.

Instead, a large part of the Absa Building in FW Beyers Street was leased at R1,2 million per month.

A recent visit, however, revealed that this Building is not yet ready to accommodate the 220 officials. Contractors are still renovating offices and there is no internet connection, so, the service centre cannot process enquiries or payments.

This is just the latest instalment in a long history of mismanagement, which compelled the owner of the OK Building to lock its doors on several occasions until the outstanding rent was paid. In addition, the parking area was once flooded with sewage when a pipe burst.

Emfuleni residents are paying the price for an administration that is unable to meet its basic commitments.

An official letter was sent to the Municipal Manager, demanding an explanation for the failure to pay the rent as well as the failure to have the Absa Building ready in time.

It is time to put a stop to the ANC's maladministration plaguing communities.

Residents must ensure that they are registered to vote on 4 November for the Freedom Front Plus — the party that puts residents’ needs first.

- Gerda Senekal, Freedom Front Plus councillor: Emfuleni Local Municipality

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is finaal uit die OK-gebou in President Paul

(Scroll down for English)VF Plus voorlegging rakende voorgestelde nuwe leerplanne vir skoolgeskiedenis – opsommingDie VF...
29/05/2026

(Scroll down for English)

VF Plus voorlegging rakende voorgestelde nuwe leerplanne vir skoolgeskiedenis – opsomming

Die VF Plus het vandag sy voorlegging aan die departement van basiese onderwys rakende voorgestelde veranderings aan leerplanne vir skoolgeskiedenis ingedien.

Die party verwerp hierdie voorstelle, omdat dit ʼn voortsetting is van ‘n lang proses om die verlede van die Westerse beskawing oor die algemeen en Afrikaners in besonder op vyandige manier aan te bied.

ʼn Land met kulturele verskeidenheid behoort erkenning aan dié verskeidenheid te gee, eerder as om ‘n enkele identiteit op almal af te dwing.

Die VF Plus stel daarom voor dat burgerlike organisasies die reg kry om self riglyne vir die inhoud en assessering van skoolgeskiedenis te formuleer. Die keuse lê dan by skoolbeheerliggame om self te besluit watter leerplan by ‘n spesifieke skool aangebied sal word.

Temas wat alternatiewe leerplanne moet dek, is die volgende Suid-Afrikaanse voorgeskiedenis:

Temas wat verskillende antieke – en klassieke beskawings dek (ca. 4000 vC tot 500 nC).

Temas wat voor-moderne samelewings dek (ca. 500 – 1600).

Temas wat moderne samelewings dek (ca. 1600 – 1950).

Temas wat eietydse samelewings dek (ca. 1950 – huidig).

Temas wat die spesifieke gemeenskap se eie geskiedenis dek.

Temas wat ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe se geskiedenis dek.

Hierdie voorstelle kan tot ‘n gebalanseerde leerervaring lei, wat leerders se horisonne verbreed en hulle tog in voeling met hul eie wortels laat bly.

- Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Basiese onderwys

_________________

Freedom Front Plus's submission on proposed new school history curricula – summary

The Freedom Front Plus (VF Plus) today submitted its input to the Department of Basic Education concerning the proposed changes to the school history curricula.

The party rejects these proposals, as they represent a continuation of a persistent process to cast the history of Western civilisation in general, and Afrikaners in particular, in a hostile light.

A country with cultural diversity should recognise and accommodate that diversity, rather than imposing a single identity on everyone.

The Freedom Front Plus, therefore, proposes that civil society organisations should be granted the right to formulate their own guidelines for the content and assessment of school history. Consequently, school governing bodies will get to decide which curriculum will be offered at a specific school.

Themes that should be covered by alternative curricula include the following South African pre-history:

Themes relating to various ancient and classical civilisations (ca 4000 BC to 500 AD).

Themes relating to pre-modern societies (ca 500 – 1600).

Themes relating to modern societies (ca 1600 – 1950).

Themes relating to contemporary societies (ca 1950 – present).

Themes relating to the specific community’s own history.

Themes relating to the history of other South African communities.

The party’s proposal offers a balanced learning experience that broadens learners’ horizons while keeping them connected to their own roots.

- Dr. Wynand Boshoff, Freedom Front Plus MP and chief spokesperson: Basic Education

https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/vf-plus-voorlegging-rakende-voorgestelde-nuwe-leerplanne-vir-skoolgeskiedenis-opsomming/

(Scroll down for English)Tshwane-begroting: Foutiewe projeksies bevoordeel salarisrekening ten koste van diensleweringDi...
29/05/2026

(Scroll down for English)

Tshwane-begroting: Foutiewe projeksies bevoordeel salarisrekening ten koste van dienslewering

Dit bly duidelik uit die nuut-goedgekeurde 2026/27-begroting van die Tshwane-metro dat dienslewering weer aan die agterspeen gaan suig sodra die geld opraak.

Tydens Donderdag se begrotingsdebat het die VF Plus beklemtoon dat die begroting nie ten volle befonds is nie, ondanks bewerings van die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Eugene Modise, dat dit wel die geval is.

Die begroting maak staat op hoogs optimistiese inkomsteprojeksies wat nie met die werklikheid strook nie.

Personeelkoste sal styg tot meer as R16,26 miljard ná ’n algemene salarisverhoging van 4,75% wat aansienlik hoër is as inflasie. Dit verteenwoordig byna 29,2% van die totale bedryfsbegroting van R55,7 miljard, met ’n bykomende historiese las van R1,08 miljard vir agterstallige 2021-salarisverhogings.

Modise grond sy verwagte inkomste op ’n onrealistiese invorderingskoers van 90%, terwyl die werklike koers tans onder 83% is.

Met die goedgekeurde tariefverhogings wat op 1 Julie in werking tree, kan hierdie koers verder daal. Die verskil skep ’n werklike kontanttekort van meer as R3,38 miljard.

Wanneer die tekort realiseer, sal wetlik beskermde salarisse eerste betaal word, terwyl basiese dienslewering ineenstort. Inwoners sal dus aansienlik meer betaal, net om minder dienste te ontvang met slaggate wat nie herstel word nie en waterlekkasies wat langer onopgelos bly.

’n Begroting gegrond op foutiewe projeksies en ’n opgeblase salarisrekening sal Tshwane nie kan regruk nie.

Die VF Plus staan vir ’n radikale terugkeer na basiese beginsels soos skoon administrasie, die vermindering van duur eksterne kontrakteurs, die uitwissing van korrupte voorsieningskettings en ’n onwrikbare fokus op betroubare dienslewering.

Kiesers het op 4 November 2026 die geleentheid om sake reg te stel deur vir die VF Plus te stem.

- Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en koukusleier: Tshwane-metro

_______________

Tshwane budget: flawed projections favour salary bill at the expense of service delivery

It is clearly evident in the Tshwane Metro's newly adopted 2026/27 budget that service delivery will once again get the short end of the stick when the money starts running out.

During Thursday’s budget debate, the Freedom Front Plus (VF Plus) emphasised that the budget is not fully funded, despite claims by the Mayoral Committee Member for Finance, Eugene Modise, that it is.

In fact, the budget relies on highly optimistic revenue projections that are not aligned with reality.

The wage bill will climb to more than R16,26 billion following a general salary increase of 4,75%, which is significantly higher than inflation. This represents nearly 29,2% of the total operating budget of R55,7 billion, in addition to a historical burden of R1,08 billion for outstanding 2021 salary increases.

Modise bases his projected revenue on an unrealistic collection rate of 90%, while the actual rate currently stands below 83%.

With the approved tariff increases taking effect on 1 July, this rate could drop even lower. The difference creates a real cash shortfall of more than R3,38 billion.

When the shortfall materialises, legally protected salaries will be paid first, while basic service delivery is left to collapse. So, residents will pay significantly more, only to receive even less in services – repairs of potholes and water leaks will take even longer.

A budget based on flawed projections and an inflated wage bill will not turn Tshwane around.

The Freedom Front Plus advocates for a radical return to basic principles: clean administration, fewer expensive external contractors, the eradication of corrupt supply chains and a firm focus on reliable service delivery.

Voters have the opportunity to set things right on 4 November 2026 by voting for the Freedom Front Plus.

- Grandi Theunissen, Freedom Front Plus councillor and caucus leader: Tshwane Metro Council

https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/tshwane-begroting-foutiewe-projeksies-bevoordeel-salarisrekening-ten-koste-van-dienslewering/

Address

Good Hope Building, Parliament Street
Cape Town
8000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share