13/03/2026
Terwyl ons vanjaar 20 jaar van Klippie Kids vier, d**k ek terug aan hoe wonderlik en besonders die Here se paaie is.
Marie Blackenberg is een van die eerste vroue wat ek as ’n klein dogtertjie raakgesien en bewonder het — lank voordat Klippie Kids nog ooit bestaan het. Sy was natuurlik nooit bewus daarvan nie. Ek onthou hoe sy by die poskantoor stilgehou het in haar groot, spoggerige motor om haar pos te kom haal. En baie keer was ek ook op daardie oomblik daar. Vir my, as ’n jong meisie, was sy die pragtige eienaar van Klipheuwel plaas — iemand na wie ek opgekyk en wat ek stilweg bewonder het.
Jare later, in 2005, het ons paaie weer gekruis. Marie het my ge-interview omdat hulle ’n creche in Klipheuwel wou begin.. Min het ek toe besef hoe groot deel van my pad en ons skool se storie sy sou word. Op 2 Maart 2006 het Klippie Kids sy deure oopgemaak — en Marie was van die begin af deel daarvan.
Met die verloop van jare het ek al hoe meer besef hoe besonders hierdie pad is. Dit voel vir my asof die Here my al in my kinderdae vir haar gewys het — asof Hy lank voor die tyd reeds die storie begin skryf het.
Vandag, 20 jaar later, kyk ek terug met ’n hart vol dankbaarheid.
Marie, dankie dat jy deel is van ons storie. Dankie vir jou ondersteuning, jou betrokkenheid en vir die rol wat jy oor al hierdie jare gespeel het. Jy is nie net deel van Klippie Kids se geskiedenis nie — jy is deel van my persoonlike storie ook.
Partykeer wys die Here vir ons mense in ons lewens lank voordat ons verstaan hoekom. En eers jare later besef ons: dit was nog altyd deel van Sy plan. - Jeanette Moos / [email protected] / https://shiloh.org.za/school/our-pioneer-school-klippie-kids-pre-school/