Matjiesvlei Page

Matjiesvlei Page Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Matjiesvlei Page, Matjiesvlei, Calitzdorp.

01/04/2023
Daniel Nel *1842 en Maryna Adriana Geyser *1844
14/10/2022

Daniel Nel *1842 en Maryna Adriana Geyser *1844

Waar pas hierdie oom Danie Nel in op Nel Stamboom?  Weet iemand dalk wie sy ouers was?
04/10/2022

Waar pas hierdie oom Danie Nel in op Nel Stamboom? Weet iemand dalk wie sy ouers was?

04/10/2022
Vir wie van julle het hierdie skooltjie en die pad daarheen tere herinerringe?  Wat onthou julle van die onderwysers? Hi...
03/03/2021

Vir wie van julle het hierdie skooltjie en die pad daarheen tere herinerringe? Wat onthou julle van die onderwysers?

Hier is die geskiedenis van die skooltjie soos ek dit het:

In April 1813 is `n proklamasie van goewerneur Sir John Cradock uitgereik wat daarop gemik was om die ou leningsplaasstelsel deur die ewigdurende erfpagstelsel te vervang. So het Gerrit Johannes Cloete op 11 September 1821 die plaas Matjiesvlei, in die hedendaagse Calitzdorp distrik, as leningsplaas bekom. Die grootte van die plaas was 2742 morge en hy het 39 riksdaalders daarvoor betaal.

Sy dogter, die 17 jarige Isabella Maria Catharina Cloete is op 21/02/1830 in George getroud met Casper Francois le Grange. Hulle het op die plaas Matjiesvlei gaan woon. Sy en haar baba is tydens die geboorte oorlede en Casper is weer getroud.

Volgens die Transportakte is die plaas Matjiesvlei op 12 sep 1867 oorgedra op die naam van Casper Francois le Grange. Sy seun, Gert Johannes le Grange, het die plaas geërf en die grond waarop die skool gebou is in Desember 1911 aan die NG Kerk geskenk vir die bou van ‘n skool. Die skool is in 1912 gebou.

Help my asseblief reg as enige iemand enige ander inligting het.

01/03/2021

Boeta van Tonder, baie dankie vir die kommentaar en fotos. Ek soek al so lank na fotos met iets van die ou van Tonder huis en waenhuis en hier verskyn dit. Ja, ek onthou jou en Maritza a tjokkertjies. Jou ma, Alet het altyd die lekkerste "Kentucky" hoender vir ons gemaak maar ek kon tot vandag toe nog nie die resep by haar kry nie.

Kom ons bring lewe in die Matjiesvlei bladsy.  Vertel ons wie jy is en wat jou bande met Matjiesvlei is of waarom jy 'n ...
01/03/2021

Kom ons bring lewe in die Matjiesvlei bladsy. Vertel ons wie jy is en wat jou bande met Matjiesvlei is of waarom jy 'n passie vir Matjiesvlei het. Plaas 'n foto van jou/jou gesin of dalk 'n foto uit vergange se dae wat iets met Matjiesvei of sy mense te doen het. Vertel vir ons 'n staaltjie of twee. Die ou mense van Matjiesvlei kon so lekker gesels. Kom, laat ons die tradisie 'n bietjie voortsit... Foto van Gamka, geneem 29 Oktober 2005, net na die roudiens en strooi van die as van my oom, Cor van Tonder.

Address

Matjiesvlei
Calitzdorp
6660

Telephone

0879417552

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Matjiesvlei Page posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share