Hoërskool Calitzdorp - Amptelik

Hoërskool Calitzdorp - Amptelik HS Calitzdorp is 'n fokusskool vir landbou, geleë in die Klein Karoo. Ons is Afrikaans-medium en huisves leerders van graad R tot 12 en beskik oor 'n koshuis.

Ons leuse is "Sine Cera" ("sonder was").

HOPE OPTIONS SENTRUM - BLIZZARD BALLDie plaaslike Hope Options Sentrum bied op Saterdag, 27 Junie 2026 hul Blizzard Ball...
17/06/2026

HOPE OPTIONS SENTRUM - BLIZZARD BALL

Die plaaslike Hope Options Sentrum bied op Saterdag, 27 Junie 2026 hul Blizzard Ball in ons skoolsaal aan.

Hope Options bied weekliks sessies by ons skool aan en ondersteun ons leerders geweldig baie. Bespreek gerus 'n kaartjie en ondersteun die weldoeners wat ons skool ondersteun.

Skakel of stuur 'n WhatsApp-boodskap na 076 271 9001 voor of op 25 Junie 2026 indien u kaartjies wil bespreek.


INKLUSIEWE ONDERWYSNeem asb kennis.
16/06/2026

INKLUSIEWE ONDERWYS

Neem asb kennis.


TOERISME EKSTRA KLASGraad 11-Toerismeleerders het vandag, op Jeugdag, wys in hul toekoms belê deur ’n ekstra Toerismekla...
16/06/2026

TOERISME EKSTRA KLAS

Graad 11-Toerismeleerders het vandag, op Jeugdag, wys in hul toekoms belê deur ’n ekstra Toerismeklas by te woon.

Ons is ongelooflik trots op jul toewyding, harde werk en bereidwilligheid om in jul eie sukses te investeer.
Hou aan om na jul drome te streef – die toekoms behoort aan dié wat vandag daarvoor werk.

Baie dankie aan mnre. Kleingeld vir jul bereidwilligheid om ons leerders te onderrig.


ONS VERWELKOM 'N PROEFSTUDENT Baie welkom aan Annetechia Julies, 'n eerstejaarstudent in Openbare Betrekkinge & Kommunik...
15/06/2026

ONS VERWELKOM 'N PROEFSTUDENT

Baie welkom aan Annetechia Julies, 'n eerstejaarstudent in Openbare Betrekkinge & Kommunikasie aan CPUT.

Annetechia proef vir twee weke by ons skool, wat behels dat sy praktiese ervaring rakende kommunikasie en administrasie in ons administratiewe kantoor opdoen.

Baie welkom, Annetechia en sterkte met jou proeftydperk, asook die res van jou kursus!


12/06/2026

MATRIKULANTE ONTVANG HUL UITNODIGINGS NA MATRIEKAFSKEID 2026

Daar was groot opgewondenheid toe ons Graad 1-leerders ons matrikulante verras het deurom hul uitnodigings persoonlik aan hulle te oorhandig.

Ons matriekafskeid vind op Donderdag, 25 Junie 2026 plaas en ons Graad 1's het die matrieks tydens hul studiesessie in die skoolsaal net vir 'n oomblik van al die eksamenstres laat vergeet.

Wat hierdie oomblik ook meer spesiaal gemaak het, is die feit dat ons Graad 1-opvoeder, me. René Fourie in 2015 hierdie matriekgroep se graad 1 juffrou was. Hulle was ook haar eerste graad 1-klas!

Baie dankie aan mnr. Kleingeld, mee. Swanepoel, R. Fourie, Jozaffe en N. Van Wyk vir al jul moeite om die oorhandiging spesiaal te gemaak het.


Beste ouersNeem asb kennis dat Maandag, 15 Junie 2026 'n skoolvakansiedag is en Dinsdag, 16 Junie 2026 'n publieke vakan...
12/06/2026

Beste ouers

Neem asb kennis dat Maandag, 15 Junie 2026 'n skoolvakansiedag is en Dinsdag, 16 Junie 2026 'n publieke vakansiedag.

GRAAD 3 GENIET WARM MILO OP 'n KOUE DAGOp hierdie koue wintersoggend is ons Graad 3-leerders bederf met 'n heerlike kopp...
10/06/2026

GRAAD 3 GENIET WARM MILO OP 'n KOUE DAG

Op hierdie koue wintersoggend is ons Graad 3-leerders bederf met 'n heerlike koppie warm Milo.

Die warm drankie het beslis gehelp om die koue te verdryf en het groot glimlagte op die leerders se gesigte gebring.

Baie dankie aan Juf Febe van Wyk vir haar omgee, vriendelikheid en die lekker verrassing.

Sulke gebare maak 'n groot verskil en herinner ons dat klein dade van liefde harte warm maak.

"Geen daad van vriendelikheid, hoe klein ook al, is ooit verniet nie."


MAAK MY 'N MILJOENÊR 2026Ons is baie trots op ons hoofseun, Clayton Van Wyngaardt wat amptelik as deel van 2026 se Top 3...
09/06/2026

MAAK MY 'N MILJOENÊR 2026

Ons is baie trots op ons hoofseun, Clayton Van Wyngaardt wat amptelik as deel van 2026 se Top 30 van Albert Van Wyk se Maak My 'n Miljoenêr-program bekendgestel is.

Die Top 30-leerders gaan tydens die komende Junie-vakansie 'n werkswinkel in Pretoria bywoon en daarna sal die Top 20 aangekondig word.

Groot dank aan Albert Van Wyk en sy span vir die geleenthede wat hulle vir jong, opkomende entrepreneurs skep!

Weereens baie geluk, Clayton! Ons is baie trots op jou.


KOOL TE KOOPOns het hoë gehalte koolkoppe te koop. Vars van die plaas!
08/06/2026

KOOL TE KOOP

Ons het hoë gehalte koolkoppe te koop. Vars van die plaas!


ASSESSERINGSREEKS - GRAAD 4 TOT 6Baie sterkte aan ons Graad 4, 5 en 6-leerders wat môre met hul assesseringsreeks begin....
07/06/2026

ASSESSERINGSREEKS - GRAAD 4 TOT 6

Baie sterkte aan ons Graad 4, 5 en 6-leerders wat môre met hul assesseringsreeks begin.


Address

Pretorius Street
Calitzdorp
6660

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:30
Tuesday 07:00 - 15:30
Wednesday 07:00 - 15:30
Thursday 07:00 - 15:30
Friday 07:00 - 15:30

Telephone

+27442133313

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Calitzdorp - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Calitzdorp - Amptelik:

Share

Category