Badisa Caledon

Badisa Caledon Badisa Caledon is a child protection office of Badisa, NPO 011-891 & PBO 930 006 348

This months theme is HOPEHOPE reminds us that even in the middle of the storm,we must hold on to it.Difficult situations...
14/05/2026

This months theme is HOPE

HOPE reminds us that even in the middle of the storm,we must hold on to it.Difficult situations may test us,but they will not last forever.Together through strenght,unity and faith,we will get through this and see brighter days ahead.Stay safe,support one another and never lose hope.πŸ’›

21/04/2026

🧢 Help ons warm harte én warm hande hierdie winter.

Badisa Caledon is op soek na donasies van wol en breinaalde vir ’n groep ouer vroue wat graag gedurende die koue wintermaande wil brei. Hierdie aktiwiteit bring nie net warmte nie, maar ook vreugde, doelgerigtheid en kosbare saamwees. πŸ’›

Indien jy kan help met ’n donasie, sal dit opreg waardeer word. Elke bol wol en elke breinaald kan ’n groot verskil maak.

πŸ“’ Werksgeleenthede by Badisa Caledon / Tafelronde HerbergBadisa Caledon nooi geskikte kandidate uit om aansoek te doen v...
13/04/2026

πŸ“’ Werksgeleenthede by Badisa Caledon / Tafelronde Herberg

Badisa Caledon nooi geskikte kandidate uit om aansoek te doen vir twee poste by Tafelronde Herberg, naamlik:

βœ… Bestuurder van Tafelronde Herberg
βœ… Inwonende Huismoeder

Indien jy ’n hart het vir diens aan bejaardes, goeie menseverhoudinge kan bou en graag ’n verskil wil maak in ’n sorgomgewing, wil ons graag van jou hoor. πŸ’™

Hierdie is ’n geleentheid om deel te word van ’n span wat daagliks werk aan waardigheid, versorging en ondersteuning vir ons ouer persone.

πŸ“ Volledige CV, ID en referente moet teen 24 April 2026 ingedien word.
πŸ“ž Vir navrae:
Rietta Engelbrecht – 082 803 6870
Irene Cupido – 073 647 6079

Sluit aan by ’n organisasie waar omgee in aksie omskep word.

πŸ’› Soms voel die lewe swaar. Die rekening stapel op, die gesondheid sukkel, die verhouding kraak β€” en jy weet nie na wie ...
08/04/2026

πŸ’› Soms voel die lewe swaar. Die rekening stapel op, die gesondheid sukkel, die verhouding kraak β€” en jy weet nie na wie om te draai nie.

By Badisa Caledon glo ons dat niemand diΓ© pad alleen hoef te stap nie. Ons is hier β€” nie net vir groot krisisse nie, maar ook vir die stille, moeilike oomblikke wat die meeste mense nooit sien nie.

As jy of iemand wat jy ken dalk net 'n gesprek nodig het, of nie seker is of ons kan help nie β€” skakel ons gerus. Soms is die eerste stap net om te vra. πŸ™

Kontak Badisa Caledon

πŸ“ž 028 212 1605

πŸ“ VGK-gebou, Sterlingstraat, Caledon

πŸ•— Ma – Vr | 08:00 – 16:00

Easter is more than a moment… it’s a reminder of sacrifice, love and hope. ✝️Through His sacrifice, we are reminded that...
03/04/2026

Easter is more than a moment… it’s a reminder of sacrifice, love and hope. ✝️

Through His sacrifice, we are reminded that even in the darkest times, there is always light, grace and a new beginning.

Badisa Caledon wishes all our communities a blessed and peaceful Easter.
May this season fill your homes with hope, faith and renewed strength.

01/04/2026

πŸ“š Strengthening our team to better serve our communities

Badisa HSG, together with Badisa Caledon and Badisa Riviersonderend, recently attended a Children’s Act & Regulations training presented by Sarie Snyman.

Social workers from Hermanus, Stanford, Gansbaai, Caledon and Riviersonderend came together to deepen their knowledge and ensure they remain equipped, informed and aligned with best practices.

At Badisa, we are committed to continuous development β€” because staying competent and up to date means we can deliver the highest standard of care and protection to the children, families and communities we serve. πŸ’™

πŸ† Baie geluk aan ons bure by Badisa HSG! πŸ†Die Kuumba Care Day-veldtog het beslis ’n bietjie vriendelike kompetisie tusse...
24/03/2026

πŸ† Baie geluk aan ons bure by Badisa HSG! πŸ†

Die Kuumba Care Day-veldtog het beslis ’n bietjie vriendelike kompetisie tussen Badisa-programme aangewakker, en wat ’n trotse oomblik vir die Overberg as geheel! πŸ’™

’n Groot gelukwensing aan Badisa Hermanus, Stanford en Gansbaai wat die indrukwekkende R10 000-prys gewen het nadat hulle ’n ongelooflike 2 000 Kuumba Care stickers verkoop het. Julle het gewys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan en met entoesiasme ’n goeie saak ondersteun. πŸ™Œ

By Badisa Caledon vier ons saam met julle hierdie besondere prestasie en is ons trots om deel te wees van ’n streek waar omgee, spanwerk en gemeenskapsgees so sterk leef. Hierdie oorwinning behoort nie net aan een kantoor nie, maar is iets waarop die hele Overberg trots kan wees. 🌟

’n Hartlike dankie ook aan die borge en ondersteuners wat Kuumba Care Day moontlik gemaak het. Julle bydraes help om omgee in aksie te verander.

Nou is die groot vraag… wie gaan volgende jaar die kroon dra? πŸ‘€

09/02/2026

πŸŽ‰πŸŒˆ Kuumba-dag kom nader – en die kleur wag vir jou! πŸŒˆπŸŽ‰

Alhoewel Kuumba-dag amptelik op 6 Maart gevier word, neem Badisa Caledon die pret nΓ³g ’n stap verder met ’n Color Run op 7 Maart 2026, in samewerking met Caledon Parkrun. πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈ

πŸ“ Waar: Caledon Golf Club
⏰ Tyd: 08:00

Kom hardloop, stap, lag en raak kleurvol saam met ons vir ’n goeie saak! πŸŒˆπŸ’›
Moenie vergeet om jou Kuumba sticker by die Badisa Caledon-kantoor te kry en wys jou ondersteuning.

πŸ‘‰ Merk die datum, bring jou vriende en wees deel van die Kuumba-gees!

02/02/2026

πŸŽ‰πŸŒˆ Dis amper Kuumba-dag… en dit gaan KLEURVOL wees! 🐻🌈 Caledon span saam met Caledon Parkrun om ’n vrolike Color Run aan te bied op 7 Maart 2026 (Kuumba-dag)! πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈ
Verwag kleur, pret, lag en ’n hele klomp Kuumba-gees!

πŸ‘‰ Wys jou ondersteuning deur ’n Kuumba sticker by die Badisa Caledon-kantoor te koop
πŸ‘‰ Sluit by ons aan vir die Color Run op 7 Maart en hardloop vir ’n goeie saak

Kom speel saam, raak kleurvol en help ons om ’n verskil te maak in die gemeenskap. πŸ’›
Ons sien jou daar – moenie dit misloop nie! 🎨✨

26/01/2026

🐻✨ Kuumba se besoeke vol warmte en vreugde! ✨🐻

Twee van Kuumba se spesiale stops verlede week was by Sonskyn Kleuterskool en by die bejaardes van Tafelronde Herberg. Met groot glimlagte, lag en mooi oomblikke het Kuumba jong en oud se harte geraak en herinner aan die krag van omgee en gemeenskap. πŸ’›

Dankie aan almal wat Kuumba so warm ontvang het. Saam versprei ons hoop, een besoek op ’n slag.

Address

Sterling Street
Caledon
7230

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27282121605

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Badisa Caledon posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category