Hoërskool Bredasdorp Oud Skoliere Bond

Hoërskool Bredasdorp Oud Skoliere Bond 'n Blad waar oud-skoliere ingelig kan bly oor alle aktiwiteite by Hoërskool Bredasdorp op akademiese, sport, kulturele en sosiale gebiede.

Die blad is ook vir oud-skoliere om weer betrokke te raak en ou vriendskappe weer te vorm.

10/04/2023

Dit is met ‘n hartseer hart dat ons met ons BD-familie die nuus van die afsterwe van 'n legende en oudonderwyseres, juffrou Wiljiena Havenga, moet meedeel.

Hoërskool Bredasdorp sal Juffrou altyd as iemand wat lief was vir Geografie, katte, admin, boeke en 'n lekker grappie, onthou.

Sag rus, Juffrou Havenga.

08/09/2022

OUDSKOLIERE

Dit is met groot hartseer dat HSB van die afsterwe van Jamery Carelse, matriek 2009, verneem. Ons innige meegevoel aan sy familie, gesin, vriende en almal wat hom geken het!

03/09/2022
04/08/2022

OUDSKOLIERE NUUS

Baie geluk aan Elanie van Niekerk (nèe van Schalkwyk), hoofdogter 2014 wat aangestel is as 'n internasionele PhD-kandidaat in die Departement van Taal, Literatuur en Kommunikasie by Utrecht Universiteit vir 'n periode van vier jaar. Haar werksverpligtinge sluit deelname aan 'n navorsingsprojek tussen Nederland, Swede en Indonesië, wat vroeë kommunikasieontwikkeling in 0-3 jarige kinders ondersoek, in. Sy sal ook klasgee aan voorgraadse studente in bogenoemde departement. Elanie het haar Meestersgraad in Spraak- en Taalterapie in Maart 2021 Cum Laude aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy is sedert Januarie 2019 werksaam as spraak-en taalterapeut by die Rooi Kruis Kinderhospitaal.

Baie voorspoed met haar nuwe uitdaging wat in Oktober 2022 'n aanvang sal neem. Ons is met reg trots op haar en glo dat sy baie suksesvol in haar nuwe betrekking sal wees. Hou die BD's se naam in Nederland hoog.

25/04/2022

BD’s WYS HUL SLAG BY AFRIKAANS EISTEDDFOD

Baie geluk aan die volgende BD’s wat uitstekende uitslae by die Overberg Afrikaans Eisteddfod behaal het. Ons is trots op julle!

GR 11
Amanda Gouws: Prosa – Cum Laude; Mimiek - Cum Laude; Bladlees - Cum Laude; Redenaars - Cum Laude

GR 10
Somé Louw: Monoloog - Cum Laude; Gedig - Cum Laude
Hilke Swanepoel: Monoloog – Goud
Jadene Laing: Gedig – Goud

GR 9
Mieke Saayman: Prosa – Goud; Gedig – Goud

GR 8
Taygan Jameson: Gedig – Silwer
Sophia de Lange: Bladlees – Cum Laude; Gedig – Cum Laude
Casey-Leigh Moses: Gedig – Goud; Bladlees - Goud

14/04/2022

Geseënde Paasfees!
Mag hierdie langnaweek 'n spesiale tyd saam met familie wees.

For those who are traveling, please be safe.

Address

Bondstraat
Bredasdorp
7280

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Bredasdorp Oud Skoliere Bond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Bredasdorp Oud Skoliere Bond:

Share

Category