Beautiful Brandfort

Beautiful Brandfort Welkom op Brandfort, ’n dorp met hart en storie. Hier deel ons met besoekers die mense, oomblikke en klein oorwinnings wat ons besonders maak.

Welcome to Brandfort, a town with heart and history. See the people, moments and small wins that make us unique.

Is jy 'n liefhebber van antieke skatte?Kom loer gerus in by Emmerentia's Kwekery in Voortrekkerstraat!  In die sink stoo...
30/05/2026

Is jy 'n liefhebber van antieke skatte?

Kom loer gerus in by Emmerentia's Kwekery in Voortrekkerstraat! In die sink stoorkamers wag daar waardevolle vondste, wat regstaan om opgeraap te word! Volg ook ons groep Beautiful Brandfort vir nog interessante inloer-plekke op ons dorp!

Naweekgroete uit ’n koue en nat Brandfort!Perfekte weer vir ’n warm pot sop en vars brood.
24/04/2026

Naweekgroete uit ’n koue en nat Brandfort!
Perfekte weer vir ’n warm pot sop en vars brood.

Ontmoet ons nuwe kunstenaar op die dorp – Elsa Schultz! Ons het vinnig ingeloer by Elsa, ’n talentvolle kunstenaar wat n...
30/03/2026

Ontmoet ons nuwe kunstenaar op die dorp – Elsa Schultz! Ons het vinnig ingeloer by Elsa, ’n talentvolle kunstenaar wat nou in Brandfort kom wortelskiet. Hier is wat sy self te sê het:

1. Wat het jou laat besluit om ’n kunstenaar te word?
“My pa het ook geskilder—hy was nie voltyds nie, maar dit het my van kleins af geïnspireer. Kuns was nog altyd my passie. Ek het dit eers deeltyds gedoen, en toe in 2017 voltyds begin. Van toe af is dit my elke dag-fokus."

2. Hoe sal jy jou styl beskryf?
“My kunsstyl was nog altyd bietjie Naïef. Ek het later meer in Surrealisme ingegaan nadat een van my lektore daarin gespesialiseer het, so nou lê my styl tussen Naïef en Surrealisme, met ’n tikkie ekspressionisme. My werk word ook uitgestal in gallerye in Johannesburg en Kaapstad.
Ek was ook vir so 7 jaar in ’n vennootskap waar ons ons eie olieverf gemaak het uit natuurlike pigmente soos klip en boomwortels—daardie vennootskap en besigheid het my baie laat groei as kunstenaar.”

3. Wat het jou na ons dorp toe gebring? Vertel 'n bietjie van jou planne?
“Ek is nie ’n stadsmens nie—ek hou van ’n klein dorpie waar mense mekaar ken. Ek het al baie rondgetrek, maar ek wil nou bietjie 'settle.' Brandfort het ’n lekker gemeenskapsgevoel en is naby aan die stad. Ek het ook al voorheen bande met die dorp gebou — my dogter was vir ’n ruk hier in die koshuis en op skool. Wat vir my óók baie interessant is, is die geskiedenis hier — dat een van Vincent van Gogh se broers hier begrawe is in ’n ongemerkte graf. Dit maak dit vir my as kunstenaar nogal besonders. Toekomsplanne: ek wil my plekkie maak, inskakel by die 'community' en Olieverf-kunsklasse in Brandfort aanbied.

Ek was lank ’n 'gypsy,' ek het baie rondge'travel'—dis ook waar die bynaam “The gypsy artist” vandaan kom, maar ek voel dis nou tyd om 'n bietjie wortel te skiet en regtig deel te word van die dorp.”

So, as jy belangstel in kunsklasse of meer van Elsa se werk wil sien, laat gerus kommentaar hieronder. Gaan volg ook ons blad Beautiful Brandfort vir nóg interessante inligting oor ons dorp!

-Hierdie insig is verkry uit ’n onderhoud met Elsa Schultz, gevoer deur die administrateur van die Beautiful Brandfort-Facebookblad

'n Bietjie onweer oppad.Foto: Beautiful Brandfort-blad administrateur
21/03/2026

'n Bietjie onweer oppad.

Foto: Beautiful Brandfort-blad administrateur

Gaan maak vandag (14 Maart, 2026) 'n draai by Hoërskool SPS se Pieter Swanepoel Sportdag op Page Park! Ons vier saam sko...
14/03/2026

Gaan maak vandag (14 Maart, 2026) 'n draai by Hoërskool SPS se Pieter Swanepoel Sportdag op Page Park! Ons vier saam skolesport, stalletjiekos en saamwees op die platteland! Volg ons blad Beautiful Brandfort en deel ook in die opwinding!

Fotos:Beautiful Brandfort-blad administrateur

Baie dankie aan elkeen wat ’n bydrae lewer tot die herstel van Soetdoring Laan. Ons waardeer hierdie dorp se helpers en ...
03/03/2026

Baie dankie aan elkeen wat ’n bydrae lewer tot die herstel van Soetdoring Laan. Ons waardeer hierdie dorp se helpers en helde! 🙌

Dankie aan Hoërskool Staatspresident Swart, Trudie Jacobs (van Si Si Kai Kai), Kobus van der Wath, oom Johan Marks, Sonja van der Merwe, Paul Saaiman, Daniëlle Engelbrecht en Rena Hauptfleisch.

Spesiale waardering ook aan die harde werkers op die pad – Rasta, Oompie, Erick, Paseka, Thabo, Xolani, Theboa, Jonas en Elliot.

Ons sien en waardeer julle moeite. Dankie vir die verskil wat julle maak! 💛

Kom volg ons blad Beautiful Brandfort en deel saam aan ons vordering!

Fotos: deur gemeensmapslede geneem

Op 'n grondpad net buite Brandfort. Somer, 2026!Foto:Beautiful Brandfort-blad administrateur
25/02/2026

Op 'n grondpad net buite Brandfort. Somer, 2026!

Foto:Beautiful Brandfort-blad administrateur

Soos die klein rooi kleurspatsels in ons strate wys, so skuil daar liefde in die alledaagse oomblikke — in ’n vriendelik...
14/02/2026

Soos die klein rooi kleurspatsels in ons strate wys, so skuil daar liefde in die alledaagse oomblikke — in ’n vriendelike groet, ’n sagte handdruk of ’n koppie koffie saam.

Ons hoop jy sien ook vandag die liefde om jou raak ❤️

Fotos: Beautiful Brandfort-blad administrateur

Vir ons dorp is die Brandfort NG Moedergemeente se kerkgebou ’n landmerk van herinneringe — ’n plek waar tyd, stories en...
07/02/2026

Vir ons dorp is die Brandfort NG Moedergemeente se kerkgebou ’n landmerk van herinneringe — ’n plek waar tyd, stories en gemeenskap oor geslagte heen ontmoet. Hierdie kerkgebou dra die voetspore van ’n dorp wat saam grootgeword het.

Voor die gemeente se150ste bestaanstaansviering laasweek, het ’n klein troffeltjie (wat gebruik is om die eerste hoeksteen van die kerk te lê) wonderbaarlik vanuit ’n stadspandjieswinkel, sy pad huistoe gevind!

Kom kyk saam na die kiekies van generasies voor ons wat hier begin het, en na ’n gebou wat steeds vandag waardig en sterk staan.

Vir baie is die viering ’n getuienis van Genade en Getrouheid. Vir ander is dit ’n verhaal van bewaring, toeval en menslike verbintenis.
Vir Brandfort is dit ’n stuk van ons hart.

Kleindorpie-liefhebbers, inwoners en besoekers: gaan loer gerus in, neem ’n foto en raak deel van ’n storie wat al 150 jaar lank hier wortel skiet.

Kom volg ons blad Beautiful Brandfort en deel saam aan spesiale nuus en ons kleindorpie gebeurtenisse!

Fotokrediet: Hannika Struwig, Ruhan & Lorna Maree, Aletti Maree

Is jy ’n leesliefhebber? Kom neem vir jou boeke uit by ons dorp se publieke biblioteek en verdwyn in ’n goeie storie. 📖W...
28/01/2026

Is jy ’n leesliefhebber? Kom neem vir jou boeke uit by ons dorp se publieke biblioteek en verdwyn in ’n goeie storie.

📖Waar? In die hoofstraat oorkant die Landdroshof
📖Hoe? Bring jou ID saam. Registreer by toonbank en kry jou biblioteekkaart
📖 Hoeveel? 4 boekies kan vir 14 dae uitgeneem word, voor dit weer terugbesorg moet word.

Lekker lees!📚

Foto: Beautiful Brandfort-blad administrateur

Address

Brandfort
9400

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Beautiful Brandfort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share