05/09/2026
🤠 'n Boodskap van Oom Paul aan die mense 🤠
Waarde burgers, jongspan en almal wat nog 'n ordentlike baard kan groei...
Ek het gehoor daar word weer fees gehou op 10 Oktober 2026. Nou toevallig is dit ook die dag waarop ek die wêreld kom groet het, en daarom moet ek seker maak dat daar behoorlik feesgevier word!
Ek hoor daar gaan pannekoek wees, jaffels, biltong, droëwors, basaarpoeding en selfs kerrie en rys. Dit klink vir my of die mense van die Oos-Moot nie van plan is om iemand honger huis toe te stuur nie.
Maar die groot vraag bly:
🧔 Wie van julle lyk die meeste soos Oom Paul? 🧔
As jou baard al sy eie poskode het, is jy welkom.
As jou hoed al meer somers gesien het as wat jy kan onthou, is jy welkom.
As mense jou van agter af sien en vra: "Wanneer het Paul Kruger hier opgedaag?" dan is hierdie kompetisie beslis vir jou!
Kom wys jou baard, jou hoed, jou Voortrekker-gees en jou humorsin.
📅 Saterdag 10 Oktober 2026
📍 NH Gemeente Oos-Moot
🏡 Collinslaan 1265, Môregloed, Pretoria
En onthou:
"'n Man word nie aan die lengte van sy baard gemeet nie, maar dit help soms by die beoordeling!" 😄
📱 Volg ook ons WhatsApp-kanaal vir al die nuus en pret:
👉 Magaliesfees WhatsApp-kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VbE5afqAzNbvNHRezv1j
🌄 Magaliesfees 2026 🌄
Bring tant Gezina en al jou kinders en kleinkinders en kom kuier saam, eet saam, lag saam... en kom kyk wie is vanjaar se Oom Paul! 🤠🏆🍮🥞🎉
Follow Magaliesfees Saterdag 10 Oktober 2026's WhatsApp Channel. Hier aan die Suider voet van die Magaliesberg aan die Oostekant van die Moot hou ons n Fees, die Magaliesfees.
Veel om te eet en te drink. Die sang bring plesier.
Oom Paul dryf die wa die jaar. Kom sien en leef die genot.. Join 24 followers for the latest updates.