Bonnievale Primary Old Scholars Assosiation

Bonnievale Primary Old Scholars Assosiation To improve or school through partner with old scholars of our school

08/02/2016

Goeie more Reik al h**r vriende
Hoop u het 'n goeie naweek gehad. Net die volgende belangrike inligting:
1. Alle ontwurmingsvorms moet geteken word en etrug aan die skool besorg word
2. Afwesigheid is 'n probleem en die skool wil 'n beroep doen aan al die ouers om seker te maak dat hul kindres in die skool is. Ons het alreeds begin met assessering, want dit is 'n kort kwartaal. Dankie aan die gemeenskaplede wat elke dag kinders skooltoe bring wat hulle op die strate kry. My kind is joune en joune is myne.
3. Ons wag nog steeds vir 'n klomp ouers om te reageer op die kennisgewing vir hul selfoonnommers. Dit veroorsaak 'n groot probleem,want die diensverskaffer wil die diens aktiveer. Stuur assesblief u selfoonnommer so spoedig moontlik.
4. Indien u 'n kind in u straat sien wat onderouderdom is, bring hom/haar skooltoe, want ouers gaan hul staatstoelae verbeur. Safe School is tans besig met 'n veldtog om hierdie kinders op te spoor en ouers aan die pen te laat ry, want dis onwettig om 'n kind wat skoolpligtig is, tuis te hou.
Ouers/Gemeenskapsleiers/Voogde ens. die kinders van vandag is Bonnievale se toekoms. Ons moet omsien na ons kinders, dis belangrik. Maak tyd vir hulle, bele in hulle en wees lief vir hulle
Reik al h**r- groete

15/01/2016

Goeie dag Reik al h**r vriende
Sjoe die eerste week is verby en ons het reeds ons eerste basislynassessering vanaf Graad 1-9 vandag voltooi. Die doel van die basislynassessering is om doelgerigte onderrig te bevorder en aksieplanne saam te stel van leerders wat probleme ondervind, te help. Ons fokus op leerdergesentreerde onderwys ten einde beter uitslae te verkry.
Ons nader die week waarin ons atletiek gaan geskiet. Ons is almal is baie opgewonde en ek weet u sien uit na die dag. Ons atletiek is op 23 Januarie 2016. Ons maak staat op u samewerking. Kom skree vir ons kinders. Ons sien uit om die dag met u mee te maak.
# Foto van nuwe opvoeders sal binnekort geplaas word.
Reik al h**r groete

14/01/2016

Goeie dag Reik al h**r vriende
Ons beloof baie veranderinge vir hierdie jaar. Ouers u sal 'n briefie ontvang waarin u versoek word om u kontakbesonderhede te verskaf. Indien u kind nie aan u 'n briefie oorhandig nie, soek in sy skoolsak. Ons is besig om 'n databasis op te bou vir ons SMS- diens wat ons hierdie begin om kommunikasie met die ouers op te skerp. Ouerbetrokkenheid speel 'n baie belangrike rol om sukses te bereik met die aktiwitiete, sowel as kurrilukulum. Dus wil ons u versoek om u korrekte kontaknommer op die briefie aan te bring, sodat u op hoogte kan bly van wat by u skool aangaan. Ons maak staat op u samewerking. Saam kan ons BPS tot 'n volgende vlak neem. Dit is ons skool, ons gemeenskap, ons kinders, ons toekoms waaraan ons almal saam bou.
Ouers indien u 'n kind daarbuite sien wat skoolpligtig is en nie in 'n skool is nie, help om die kind te sleep tot by die skool. Laat ons terug beweeg na die tyd waar jou kind is myne en myne is joune. As ons hierdie gesindheid gaan inneem, gaan ons kinders help om weg te bly van al die euwels wat ons kinders bedreig.Indien u kind oorouderdom is skryf u kind in by ABET. Onthou die ikoon, Oud- president Nelson Mandela se woorde "Education is the key to success".
Reik al h**r- groete

10/03/2015

Die skoolgemeenskap is diep geraak met die dood van Cassidy Timmers. Hierdie voorval het ons weereens lat besef hoe kort die lewe is en hoe skielik ons lewens onherroeplik kan verander. Ons gebede gaan uit na haar ouers en familie. Ons is aan die begin van ons Assesseringtydperk. Ons wil 'n beroep doen op ouers om leerders te motiveer om hul take te doen.
Reik al h**r groete

31/10/2014

More is die Fabriekstoernooi... pak die coolerbox, bring die kinders, oupa, ouma en sommer die buurvrou ook. Ons gaan lekker sport maak. Toegang beloop R10 vir volwassenes en kinders. R5 vir voertuie. Dar sal 'n Snoepie wees en musiek sal verskaf word deur DJ Raymond DeejayRay Manuel. Kom en geniet die dag saammet ons.
Reik al h**r groete

20/10/2014

Goeie more vriende van Bonnievale Primer. Uiteindelik het die belangrikse week van die kwartaal aan gebreek. Ons is is baie opgewonde en die reeling is op dreef. Die debutante- bal is op Vrydag, het u al 'n kaartjie. Ouers kom sommer tot by die skool toe om kaartjies te koop.... het u al u een??? Sien uit om u te sien....

Reik al h**r groete

16/10/2014

Die eerste week van die kwartaal is alweer verby. Tyd vlieg en ons is vinnig besig om na die einde van die jaar te beweeg. Nog vinniger na ons Debutante- bal wat volgende week Vrydag plaasvind. Baie dankie aan al die oud- leerders wat reeds die skool genader het om donasies te skenk...dis voorwaar 'n riem onder die hart. Het u al u kaartjie?? Bespreek sommer u kaartjie net hier en ons hou dit uit vir u by die deur... ek kan u naam op u kaartjie aanbring en u betaal die moola by die deur. Hoe klink dit vir u?? Moenie vergeet van vanaand se ouervergadering nie. Ek weet die somer reentjie wil 'n mens nie laat uitkom nie, maar ons maak staat op u teenwoordigheid gelukkig is dit nie koud nie.

Reik al h**r groete..

14/10/2014

GOEIE MIDDAG MAATJIES .ONS IS WEER TERUG EN GEREED VIR DIE NUWE KWARTAAL.. DIE DEBUTANTE BAL IS VOLGENDE WEEK...SJOE DIE TYD VLIEG. EK D**K EK MOET VRA IS DIE TONG EN GAMON AL IN DIE HUIS LOL. KAARTJIES IS BY DIE SKOOL EN OPVOEDERS BESKIKBAAR

29/09/2014

Goeie more Bonnievale Primary Old Scholars Assosiation en Bonnievale Primary School. Dis die laaste Maandag van die kwartaal! Sjoe...... Almal is druk besig, maar het darem nog 'n tydjie om net vir almal wat by ons blad die afgelope weke aangesluit het, hartlik welkom te heet. Ons hoop dat u sommer lekker ou foto's sal pos sodat ons saam die herinneringe van Bonnievale Primer kan deel en ervaar..... Dankie vir die "early birds" wat reeds hulle kaartjies kom betaal het. Ons begin tel die dae af...u kan solank die outfits begin afstof......ag dis sommer 'n verskoning om te gaan shop......
Reik al h**r-groete
Mooi dag

26/09/2014

Klop op die skouer.....
Ons wil alle ouers/ oud- leerders bedank vir die ondersteuning vir die worsrolletjie verkope. Vir die ouers/oud-leeders wat op hul Gesigboekkie die funksie geadverteer het en ouers aangemoedig het, baie baie baie dankie. Dis voorwaar 'n riem onder die hart.....
Geniet die naweek........ pssssst! staan u skoene al reg vir die dans????????

25/09/2014

Goeie more vriende van Bonnievale Primary Old Scholars Assosiation, Bonnievale Primary. Hoop u het die Erfenisdag geniet en so tydjies afgekryp om die jeug van vandag in te lig oor hul voorouers. Ek weet sommer die vure het hoog gebrand..... Moenie vergeet om jou kaartjie te kry nie. Mooi
loop!

Goeie more vriende van Bonnievale Primer. Het u al u kaartjie vir ons Debutante- bal??? Hier is Public Opnion ons band v...
22/09/2014

Goeie more vriende van Bonnievale Primer. Het u al u kaartjie vir ons Debutante- bal??? Hier is Public Opnion ons band vir die aand. Kom skuif 'n bietjie saam ons op die baan...

Address

Newcrosstreet
Bonnievale
6730

Telephone

0236162655

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bonnievale Primary Old Scholars Assosiation posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share