11/06/2026
🏃♀️💙💛 Atletiek Afrigterprofiel - Mev. Tirzah Ramage
Met ‘n passie vir sport, speel Mev. Ramage ‘n rol in Marais Viljoen se atletiekprogram. As afrigter van ons aflosspanne help sy atlete om die waarde van spanwerk en dissiplinne te verstaan.
Haar grootste inspirasie is haar twee seuns, en haar gunsteling-aanhaling, “Whatever you do, always give 100% – unless you are donating blood,” weerspieël haar positiewe ingesteldheid en sin vir humor.
Wanneer sy nie op die atletiekbaan is nie, geniet sy enige vorm van sport, droom sy van Hawaii en sal ‘n bord gebraaide ribbetjies nooit verwerp nie! As ondersteuner van Formule 1-ster Max Verstappen glo sy daarin om altyd jou beste te gee, ongeag die uitdaging.
Dankie, Mev Ramage vir die energie en entoesiasme wat jy bring. Jou betrokkenheid help om vir ons jongmense te skep.
💙💛🏃♀️
DreamBelieveAchieve