Ward 6 Cllr Rhime Laubscher

Ward 6 Cllr Rhime Laubscher Important Council matters and Community Information to keep residence informed

Dankbetuiging – Wyksraadslid Wyk 6, Dwarskersbos, Noordhoek, Aurora Hiermee wil ek my opregte dank en waardering uitspre...
17/12/2025

Dankbetuiging – Wyksraadslid Wyk 6, Dwarskersbos, Noordhoek, Aurora

Hiermee wil ek my opregte dank en waardering uitspreek teenoor die lede van die publiek, die privaat sektor, insluitend die Velddrif Sakekamer, asook die Bergrivier Munisipaliteit, vir die verwydering van rommel en alle ondersteuning wat aan die brandslagoffers gebied word.

’n Spesiale woord van dank gaan ook aan elke donateur wat reeds ’n bydrae gemaak het en steeds voortgaan om hulp te verleen in hierdie moeilike tyd. Julle ondersteuning word opreg waardeer.

Hierdie daad van samewerking is ’n ware bewys van liefde, deernis en gemeenskaplike samehorigheid — waardes waarop Velddrif met reg trots kan wees.

Vandag het ek die voorreg gehad om die omliggende plase in Wyk 6 te besoek en ons gemeenskap se ongelooflike plaaswerker...
08/12/2025

Vandag het ek die voorreg gehad om die omliggende plase in Wyk 6 te besoek en ons gemeenskap se ongelooflike plaaswerkers te groet.

In hierdie feestyd wil ek vir elke plaaswerker my waardering uitspreek — julle is ons voorfrontwerkers. Julle harde werk en toewyding hou nie net ons plaaslike gemeenskap aan die gang nie, maar dra ook by tot die breër voedselvoorsieningsketting waarvan ons hele land afhanklik is.

Mag hierdie Kersfeesseisoen vir julle en julle families vrede, vreugde en oorvloed bring.

Dankie vir alles wat julle doen!

21/11/2025

Die Velddrif Youth Café, in samewerking met die toegewyde personeel van die E-Centre en Noordhoek Biblioteek , staan vas teen die verwoestende realiteit van geslagsgebaseerde geweld teen vroue en kinders.

In hulle uitbeelding van hierdie stryd gebruik hulle die aangrypende lied “Senzenina” — ’n Zoeloe-uitdrukking wat beteken “Wat het ons gedoen om hierdie behandeling te verdien?”

Hierdie lied dra swaar aan die stemme van dié wat nie altyd gehoor word nie. Dit roep die pyn, die onreg en die wanhoop uit van vroue en kinders wat ly onder mishandeling.

Met hierdie simboliese huldeblyk vestig die Youth Café, E-Centre en Noordhoek Biblioteek die aandag op die dringende noodsaaklikheid om saam te staan, bewusmaking te bevorder en ’n gemeenskap te bou waar elke vrou en kind veilig, beskerm en gerespekteer moet word.

Bergrivier MunisipaliteitUitvlug PlaasWyk 6 🔥Ons betuig opregte dank aan die plaaswerkers van Uitvlug Plaas en almal wat...
07/11/2025

Bergrivier Munisipaliteit
Uitvlug Plaas
Wyk 6 🔥

Ons betuig opregte dank aan die plaaswerkers van Uitvlug Plaas en almal wat gehelp het om die weghol veldbrand die afgelope 24 uur te bestry.

Julle deursettingsvermoë, samewerking en onbaatsugtige diens het vandag groot skade verhoed en wys die ware gemeenskapsgees.

*UPDATE TO AURORA RESIDENTS: WATER SUPPLY RESTORATION EFFORTS UNDERWAY*Bergrivier Municipality wishes to provide an upda...
29/10/2025

*UPDATE TO AURORA RESIDENTS: WATER SUPPLY RESTORATION EFFORTS UNDERWAY*

Bergrivier Municipality wishes to provide an update on the current water supply challenges being experienced in Aurora, and to inform residents about the plan of action going forward.

Following detailed assessments by the appointed contractor on Tuesday, 28 October 2025, it has been confirmed that both boreholes supplying the town with potable water have failed. As a result, the Municipality has appointed a specialised contractor to drill and establish new boreholes to restore a reliable water supply to the community.

The site establishment and drilling will commence tomorrow (30 October 2025). This is a complex process, and although progress is expected the community will be informed regarding the progress.

In the meantime, the Municipality continue to fill the reservoirs today and open the water supply network tomorrow morning, allowing water to flow through the system. Households will then have access to water in their taps.

Potable water from Piketberg will continue to be supplied to the reservoirs using water tankers for this period until water supply is restored. Residents are requested to please ensure all taps are closed for the reopening of the network tomorrow morning (30 October 2025) from 08:00, to avoid unnecessary water loss.

Residents are strongly reminded to use water for essential purposes only, such as drinking, cooking, and personal hygiene. Activities such as car wash, gardening, filling up swimming pools, and other non-essential uses remain strictly prohibited until further notice. The use of grey water to flush toilets are encouraged.

Bergrivier Municipality appreciates the patience and cooperation of all residents during this period and assures the community that every possible measure is being taken to restore Aurora’s water supply as soon as possible.

For any enquiries, please contact the Abegail Barry at Technical Services Department at 022 913 6070. After hours contact the please stand-by number 083 272 4131

/

*OPVOLG KOMMUNIKASIE: HERSTELWERK VAN WATERTOEVOER IN AURORA IS IN PROSES*

Bergrivier Munisipaliteit wil graag die gemeenskap van Aurora inlig oor die huidige watertoevoer-uitdagings wat tans in die dorp ervaar word, en inwoners in kennis stel van die plan van aksie vorentoe.

Na deeglike assesserings deur die aangestelde kontrakteur op Dinsdag, 28 Oktober 2025, is bevestig dat beide boorgate wat die dorp van drinkwater voorsien, onklaar geraak het. As gevolg hiervan het die Munisipaliteit ’n gespesialiseerde kontrakteur aangestel om nuwe boorgate te boor en te ontwikkel, ten einde ’n betroubare watertoevoer aan die gemeenskap te herstel.

Die terreinvestiging en die boorwerk sal môre (30 Oktober 2025) begin. Dit is ’n kompleks proses, en hoewel daar vordering oor die komende week verwag word, sal die gemeenskap van die vordering ingelig word.

Intussen sal die Munisipaliteit voortgaan om die reservoirs te vul en môreoggend (30 October 2025) die watervoorsieningnetwerk oopmaak. Huishoudings sal dan weer toegang tot water by hul krane hê.

Drinkwater vanaf Piketberg sal steeds water-met tenke na die reservoirs vervoer word, en hierdie reëling sal voortduur tot die watertoevoer hesrstel is. Inwoners word vriendelik versoek om alle krane toe te maak vir die oopmaak van die netwerk môreoggend (30 Oktober 2025) van 08:00, om onnodige waterverliese te voorkom.

Inwoners word dringend daaraan herinner om water slegs vir noodsaaklike doeleindes te gebruik, soos drink, kook en persoonlike higiëne. Aktiwiteite soos motorwas, tuinmaak, die vul van swembaddens en ander nie-noodsaaklike gebruike bly tot verdere kennisgewing verbode. Die gebruik van gryswater vir spoeltoilette word aangemoedig.

Bergrivier Munisipaliteit waardeer die geduld en samewerking van alle inwoners gedurende hierdie tydperk en verseker die gemeenskap dat alle moontlike maatreëls geneem word om Aurora se watertoevoer so spoedig moontlik te herstel.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Abegail Barry by Tegniese Dienste Afdeling by 022 913 6070. Na-ure kan die bystandnommer gekontak word by 083 272 4131

27/10/2025

*⚠️ UPDATE - BOREHOLE REPAIRS IN AURORA TO COMMENCE ON TUESDAY, 28 OCTOBER 2025*

Bergrivier Municipality wishes to inform the community of Aurora that the boreholes supplying the town with potable water are still not operational. However, the specialised contractor is scheduled to commence repair work on Tuesday, 28 October 2025.

Last week during maintenance work, one of the main boreholes experienced a major technical fault — the water pump and pipe fell approximately 28 metres into the borehole. The other borehole is not productive and is being investigated.

To provide temporary relief to residents, the Executive Mayoral Committee has taken a decision to endeavour to fill the reservoir in Aurora for emergency household use. However, this water is only to be used for essential purposes such as flushing a toilet once per day. The Administration is currently in the process of trying to implement this decision as best as they can.

The Municipality has also noted that some residents have attempted to access Grootkloof Farm to view the site. Please note that the farm is private land, and that the owners have informed the Municipality that no unauthorised access will be allowed.

All enquiries or correspondence related to the boreholes, the repair work, or Aurora’s water supply must be directed to Bergrivier Municipality via the official communication channels.

*Water tankers have been placed at strategic points across the town namely:*
- One at the Aurora High School;
- One at the Aurora Hostel;
- One at the Aurora Community Hall;
- One on the plein across Dutch Reformed Church;
- One on the corner of Sonneblom Singel and Hoof Street; and
- Water supply to the clinic (Wednesday)

Please remember to bring along empty water containers to fill them up with potable water. During this period, only use the water for essential purposes.

The Municipality will continue to monitor the situation and keep residents informed as progress is made.

Your cooperation and understanding are sincerely appreciated.

For enquiries, please contact the Technical Services Department at 022 913 6000.

/

*⚠️ OPVOLG KOMMUNIKASIE: HERSTELWERK AAN BOORGATE IN AURORA BEGIN DINSDAG, 28 OKTOBER 2025*

Bergrivier Munisipaliteit wil die gemeenskap van Aurora in kennis stel dat die boorgate wat die dorp van drinkwater voorsien, steeds nie operasioneel is nie. Die gespesialiseerde kontrakteur is geskeduleer om op Dinsdag, 28 Oktober 2025 met die herstelwerk te begin.

Tydens instandhoudingswerk die afgelope week het een van die hoofboorgate ’n ernstige tegniese probleem ondervind – die waterpomp en pyp het sowat 28 meter in die boorgat afgeval. Die ander boorgat is tans onproduktief en word ondersoek.

Om tydelike verligting aan inwoners te bied, het die Uitvoerende Burgemeesterskomitee besluit om te poog om die reservoir in Aurora vir nood-huishoudelike gebruik te vul. Hierdie water mag slegs vir noodsaaklike doeleindes gebruik word, soos om een keer per dag 'n toilet te spoel. Die Administrasie werk tans daaraan om hierdie besluit so effektief moontlik uit te voer.

Die Munisipaliteit het ook kennis geneem dat sommige inwoners probeer het om toegang tot Grootkloof-plaas te verkry om die boorgate te besoek. Neem asseblief kennis dat die plaas privaatgrond is, en dat die eienaars die Munisipaliteit in kennis gestel het dat geen ongemagtigde toegang toegelaat sal word nie.

Alle navrae of korrespondensie wat verband hou met die boorgate, die herstelwerk of die watertoevoer in Aurora, moet uitsluitlik aan Bergrivier Munisipaliteit gerig word via die amptelike kommunikasiekanale.

*Watertenke is by strategiese punte regoor die dorp geplaas, naamlik:*
- Een by die Aurora Hoërskool
- Een by die Aurora-koshuis
- Een by die Aurora Gemeenskapsaal
- Een op die plein oorkant die NG-Kerk
- Een op die hoek van Sonneblomsingel en Hoofstraat; en
- Watervoorsiening aan die kliniek (Woensdag).

Inwoners word vriendelik herinner om leë houers saam te bring om met drinkwater te vul. Gedurende hierdie tydperk moet water slegs vir noodsaaklike doeleindes gebruik word.

Die Munisipaliteit sal die situasie voortdurend monitor en die gemeenskap op hoogte hou soos vordering gemaak word.

Die Munisipaliteit waardeer die gemeenskap se samewerking en begrip in hierdie verband.

Vir navrae, kontak asseblief die Tegniese Dienste Afdeling by 022 913 6000.

26/10/2025
⚠️ 𝗣𝗨𝗕𝗟𝗜𝗖 𝗡𝗢𝗧𝗜𝗖𝗘: 𝗙𝗔𝗞𝗘 𝗡𝗘𝗪𝗦 𝗔𝗟𝗘𝗥𝗧 ⚠️Bergrivier Municipality is aware of messages circulating on social media regarding a...
04/10/2025

⚠️ 𝗣𝗨𝗕𝗟𝗜𝗖 𝗡𝗢𝗧𝗜𝗖𝗘: 𝗙𝗔𝗞𝗘 𝗡𝗘𝗪𝗦 𝗔𝗟𝗘𝗥𝗧 ⚠️

Bergrivier Municipality is aware of messages circulating on social media regarding alleged fraud and corruption in Velddrif involving senior municipal officials.

𝗧𝗵𝗲 𝗙𝗮𝗰𝘁𝘀: The Municipality can confirm 𝘁𝗵𝗮𝘁 𝗶𝘁 𝗶𝘀 𝗻𝗼𝘁 𝗮𝘄𝗮𝗿𝗲 𝗼𝗳 𝗮𝗻𝘆 𝗰𝗮𝘀𝗲𝘀 𝗮𝗴𝗮𝗶𝗻𝘀𝘁 𝘀𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗺𝗮𝗻𝗮𝗴𝗲𝗿𝘀 𝗼𝗿 𝗺𝘂𝗻𝗶𝗰𝗶𝗽𝗮𝗹 𝗼𝗳𝗳𝗶𝗰𝗶𝗮𝗹𝘀 𝗰𝘂𝗿𝗿𝗲𝗻𝘁𝗹𝘆 𝘂𝗻𝗱𝗲𝗿 𝗶𝗻𝘃𝗲𝘀𝘁𝗶𝗴𝗮𝘁𝗶𝗼𝗻 𝗯𝘆 𝘁𝗵𝗲 𝗛𝗮𝘄𝗸𝘀.

The Municipality takes note that these allegations of criminality being made relates to a private developer/builder in Velddrif. Allegations of criminality is dealt with by the South African Police Service.

The Municipality did receive a statement which contains allegations of misconduct by a junior municipal official, which Council, at a recent meeting held at the end of September 2025, resolved to have an independent investigator look into.

Bergrivier Municipality remains committed to transparency, accountability, and the rule of law, and strongly cautions the public against sharing unverified or misleading information.

/

⚠️ 𝗣𝗨𝗕𝗟𝗜𝗘𝗞𝗘 𝗞𝗘𝗡𝗡𝗜𝗦𝗚𝗘𝗪𝗜𝗡𝗚: 𝗪𝗔𝗡𝗜𝗡𝗟𝗜𝗚𝗧𝗜𝗡𝗚 𝗪𝗔𝗧 𝗢𝗣 𝗦𝗢𝗦𝗜𝗔𝗟𝗘 𝗠𝗘𝗗𝗜𝗔 𝗣𝗟𝗔𝗧𝗙𝗢𝗥𝗠𝗦 𝗩𝗘𝗥𝗦𝗣𝗥𝗘𝗜 𝗪𝗢𝗥𝗗 ⚠️

Bergrivier Munisipaliteit is bewus van boodskappe wat op sosiale media versprei word oor beweerde bedrog en korrupsie in Velddrif waarin senior munisipale amptenare glo betrokke is.

𝗗𝗶𝗲 𝗙𝗲𝗶𝘁𝗲: Die Munisipaliteit bevestig 𝗱𝗮𝘁 𝗵𝘂𝗹𝗹𝗲 𝗻𝗶𝗲 𝗸𝗲𝗻𝗻𝗶𝘀 𝗱𝗿𝗮 𝘃𝗮𝗻 𝗲𝗻𝗶𝗴𝗲 𝘀𝗮𝗸𝗲 𝘄𝗮𝘁 𝘁𝗮𝗻𝘀 𝘁𝗲𝗲𝗻 𝘀𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗯𝗲𝘀𝘁𝘂𝘂𝗿𝗱𝗲𝗿𝘀 𝗼𝗳 𝗮𝗺𝗽𝘁𝗲𝗻𝗮𝗿𝗲 𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀𝗼𝗲𝗸 𝘄𝗼𝗿𝗱 𝗱𝗲𝘂𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗩𝗮𝗹𝗸𝗲 𝗻𝗶𝗲.

Die Munisipaliteit neem kennis dat hierdie bewerings van kriminaliteit betrekking het op ’n private ontwikkelaar/bouer in Velddrif. Bewerings van kriminaliteit word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens hanteer.

Die Munisipaliteit het wel ’n verklaring ontvang wat bewerings van wangedrag deur ’n junior munisipale amptenaar bevat. Die Raad het tydens ’n onlangse vergadering aan die einde van September 2025 besluit om ’n onafhanklike ondersoeker aan te stel om hierdie bewerings te ondersoek.

Bergrivier Munisipaliteit bly daartoe verbind om deursigtigheid, aanspreeklikheid en die oppergesag van die reg te handhaaf, en waarsku die publiek om nie onbevestigde of misleidende inligting te versprei nie.

𝗕𝗲𝗿𝗴𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿 𝗠𝘂𝗻𝗶𝘀𝗶𝗽𝗮𝗹𝗶𝘁𝗲𝗶𝘁 𝗵𝗲𝘁 𝗧𝗲𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝗲𝗻 𝗙𝗼𝗿𝗺𝗲𝗹𝗲 𝗞𝘄𝗼𝘁𝗮𝘀𝗶𝗲𝘀 𝗯𝗲𝘀𝗸𝗶𝗸𝗯𝗮𝗮𝗿Besoek Bergrivier Munisipaliteit se webtuiste om di...
17/09/2025

𝗕𝗲𝗿𝗴𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿 𝗠𝘂𝗻𝗶𝘀𝗶𝗽𝗮𝗹𝗶𝘁𝗲𝗶𝘁 𝗵𝗲𝘁 𝗧𝗲𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝗲𝗻 𝗙𝗼𝗿𝗺𝗲𝗹𝗲 𝗞𝘄𝗼𝘁𝗮𝘀𝗶𝗲𝘀 𝗯𝗲𝘀𝗸𝗶𝗸𝗯𝗮𝗮𝗿

Besoek Bergrivier Munisipaliteit se webtuiste om die jongste advertensies af te laai: https://www.bergmun.org.za

𝗧𝗲𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀:
𝗧 𝟴/𝟯/𝟯𝟲 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 (𝗠𝗞𝟭𝟵𝟲 - 𝟮𝟬𝟮𝟱): Voorsiening en alewering van voorafbetaalde meters aan Bergrivier Munisipaliteit vanaf datum van aanstelling tot 30 Junie 2027

𝗧 𝟴/𝟯/𝟯𝟰 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 (𝗠𝗞𝟭𝟵𝟭 - 𝟮𝟬𝟮𝟱): Voorsiening en alewering van beskermende klere en skoene aan Bergrivier Munisipaliteit vanaf datum van aanstelling tot 30 Junie 2028

𝗧 𝟴/𝟯/𝟯𝟯 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 (𝗠𝗞𝟭𝟵𝟬 - 𝟮𝟬𝟮𝟱): Voorsiening en alewering van LED-straatligte, hibriede straatligte en tegniese vloedligte vir Bergrivier Munisipaliteit vanaf datum van aanstelling tot 30 Junie 2027

𝗙𝗼𝗿𝗺𝗲𝗹𝗲 𝗞𝘄𝗼𝘁𝗮𝘀𝗶𝗲
- 𝟴/𝟮/𝟯𝟵 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 / 𝗠𝗞𝟮𝟬𝟰-𝟮𝟬𝟮𝟱:
Voorsiening en aflewering van betonligpale vir Bergrivier Munisipaliteit vanaf datum van aanstelling tot 30 Junie 2026

Vir meer inligting besoek ons webtuiste by https://www.bergmun.org.za/tenders-quotations-available

/

𝗕𝗲𝗿𝗴𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿 𝗠𝘂𝗻𝗶𝗰𝗶𝗽𝗮𝗹𝗶𝘁𝘆 𝗵𝗮𝘀 𝗮 𝗧𝗲𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝗮𝘃𝗮𝗶𝗹𝗮𝗯𝗹𝗲

Visit Bergrivier Municipality's website to download the latest Tenders: https://www.bergmun.org.za

𝗧𝗲𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀:
- 𝗧 𝟴/𝟯/𝟯𝟲 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 (𝗠𝗡𝟭𝟵𝟲 - 𝟮𝟬𝟮𝟱):
Supply and delivery of prepaid meters to Bergrivier Municipality from date of appointment until 30 June 2027

- 𝗧 𝟴/𝟯/𝟯𝟰 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 (𝗠𝗡𝟭𝟵𝟭- 𝟮𝟬𝟮𝟱):
Supply and delivery of protective clothing and footwear to Bergrivier Municipality from date of appointment until 30 June 2028

𝗧 𝟴/𝟯/𝟯𝟯 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 (𝗠𝗡𝟭𝟵𝟬 - 𝟮𝟬𝟮𝟱):
Supply and delivery of LED streetlights, hybrid streetlights and floodlight technical for Bergrivier Municipality from date of appointment until 30 June 2027

𝗙𝗼𝗿𝗺𝗮𝗹 𝗤𝘂𝗼𝘁𝗮𝘁𝗶𝗼𝗻
- 𝟴/𝟮/𝟯𝟵 - 𝟮𝟬𝟮𝟱 / 𝗠𝗞𝟮𝟬𝟰 - 𝟮𝟬𝟮𝟱:
Supply and delivery of concrete lighting poles for Bergrivier Municipality from date of appointment until 30 June 2026

For more information, visit our website at https://www.bergmun.org.za/tenders-quotations-available

DA-beheerde Raad werk saam om Gemeenskapsveiligheid te bevorderDie DA-beheerde Bergrivier Raad het onlangs ’n belangrike...
13/09/2025

DA-beheerde Raad werk saam om Gemeenskapsveiligheid te bevorder

Die DA-beheerde Bergrivier Raad het onlangs ’n belangrike vergadering bygewoon met die Departement van Polisie-Oorsig en Gemeenskapsveiligheid.

Teenwoordig by hierdie hoëvlak-gesprekke was:
🔹 Provinsiale Minister van Gemeenskapsveiligheid, Anroux Marais
🔹 Voorsitter van die Polisie-Oorsigkomitee, Ian Cameron
🔹 Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid en Sekuriteit van die Stad Kaapstad JP Smith.
🔹 In samewerking met die Burgemeesterskomiteelede vir Gemeenskapsveiligheid

Bergrivier is met trots verteenwoordig deur Onderburgemeester Raadsheer Mario Wessels, in sy rol as Voorsitter van Gemeenskapsdienste.

Hierdie gesprekke het gefokus op hoe veiligheid in gemeenskappe bevorder kan word deur:
✅ Die beskikbaarstelling van meer hulpbronne
✅ Die afwenteling van sekere SAPD-bevoegdhede na provinsiale en plaaslike vlakke
✅ Samewerking tussen verskillende regeringsfere om inwoners beter te beskerm

Ons DA-beheerde Raad bly verbind daartoe om veiligheid en sekuriteit ’n prioriteit te maak – want elke inwoner van Bergrivier verdien ’n veilige omgewing om in te woon, werk en groot te maak. 💙



Address

Velddrift

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ward 6 Cllr Rhime Laubscher posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share