Gedigte / Poems

Gedigte / Poems Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Gedigte / Poems, Library, Pretoria.

30/12/2020

English Poetry:
Invictus
by William Ernest Henley

Out of the night that covers me,
Black as the pit from pole to pole,
I thank whatever gods may be
For my unconquerable soul.

In the fell clutch of circumstance
I have not winced nor cried aloud.
Under the bludgeonings of chance
My head is bloody, but unbowed.

Beyond this place of wrath and tears
Looms but the Horror of the shade,
And yet the menace of the years
Finds and shall find me unafraid.

It matters not how strait the gate,
How charged with punishments the scroll,
I am the master of my fate,
I am the captain of my soul.

15/08/2020

DIS AL

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al

FOTO: Prof. Thomas van der Walt

09/08/2020

Plaasmoord

(En steeds duur die plaasmoorde
jaar na jaar net eindeloos voort -
wat 'n ongelooflike skande.)

Die nag is swart dis donker maan
ek kan nie meer sien wat aangaan,
alleen en afgeleë hier op ons plaas
is ek nou snags nie meer die baas.

Ook hier oor my geliefde grond,
sluip troppe moordenaars vry rond,
vol haat en afguns bly hul loer
na die bestaansreg van die Boer.

Onrustig gaan ek aan tafel sit
begin op God vertrouend bid:
“O Heer, wil U ons hier bewaar
teen elke onheil en gevaar.”

Maar skaars was hierdie woorde koud
toe hoor ek die gebreek van hout,
ons agterdeur word oopgeskop
toe kon niks hul geweld meer stop.

Soos wolwe storm hul op ons af
terwyl hul wild en wakker blaf,
gewere word op ons gerig
hul grynslagte is bloeddorstig.

My hand soek self na sy geweer
om hul uit wanhoop af te weer,
ek hoor ’n knal voel dan die brand
as pyn skroei deur my ingewand.

My knieë knak tot ek omval
’n oomblik voor hul my oorval
hul kap en steek met groot venyn
my lyf gebreek, deurtrek van pyn.

Dof hoor ek my ou vroutjie skree
“Nee los hom uit, O nee! O nee!”
My oë verdof, daar rol ’n traan,
vir ons ou lewens wat vergaan.

Die ander twee gryp haar dan vas
en sleep haar om die kombuiskas
ek hoor haar gil en smeek en pleit
haar skande, pyn, haar sterwensstryd.

’n Goeie vrou wat net sou sorg en gee,
se gees soos vullis weggevee.
“O Heer het ons so end verdien?
Wil U ons in ons nood aansien.”

Die satans brul en juig en jil
oordonder só haar sterwensgil,
dan in ’n oogwink’s als verby
sy sou tot aan die einde ly.

My slotgedagte’s een van spyt
van diep sielsbitter selfverwyt,
ek kon my vrou nie meer beskut
haar red uit hierdie sterwensput.

En wat sal van ons kinders word,
ons volk magteloos ineengestort-
want vir die Boer’s hier geen asiel-
ons geliefde land’s nou sonder siel.

01/07/2020

THE LITTLE VAGABOND
by William Blake

Dear mother, dear mother, the Church is cold;
But the Alehouse is healthy, and pleasant, and warm.
Besides, I can tell where I am used well;
Such usage in heaven will never do well.

But, if at the Church they would give us some ale,
And a pleasant fire our souls to regale,
We’d sing and we’d pray all the livelong day,
Nor ever once wish from the Church to stray.

Then the Parson might preach, and drink, and sing,
And we’d be as happy as birds in the spring;
And modest Dame Lurch, who is always at church,
Would not have bandy children, nor fasting, nor birch.

And God, like a father, rejoicing to see
His children as pleasant and happy as He,
Would have no more quarrel with the Devil or the barrel,
But kiss him, and give him both drink and apparel.

01/11/2019

Glasstukke in die Karoo…
Deur Anoniem

Die lang, reguit pad lê voor my uitgestrek
Met die son wat plek-plek nuwe glasstukke ontdek
Dalk is dit die snellende stippels wat my gedagtes laat wandel
Terwyl my hart sukkel om met die vlak trane te onderhandel

In ‘n oop veld is dit ‘n stukkie so klein
Dis maklik om in die ‘alles’ spoorloos te verdwyn
Tog lê elke stukkie daar met die hoop vir die groot son
In ‘n vlakte so dor, jou enigste ligbron

Die musiek in die agtergrond raak ‘n gedruis
Terwyl hulle vir ‘n wyle hul blinkste kant vir my wys
Met ‘n simpatieke hart…
En ‘n empatieke siel…

Ek d**k terug toe my hart ook daardie klippe tref
Min het ek op daardie tydstip besef
Hoeveel jare later
Sal ek steeds tussendeur al die geskater,

Terugd**k…

My hart lê ook in stukkies gestrooi
Dis dalk hoekom elke glasstukkie blink, so mooi
Want, dis ‘n deel van ‘n mooi en goeie hart
Wat verstoot is deur iemand, so koud en hard

Dalk is dit hoekom my hart verdwaal voel op die langpad;
Dit is die laaste plek waar hy nog heel was…
Ek wil veraltyd toer
Dalk, net oor ek dan kan aanhou sloer…

Sloer om vrede te maak
Dat my hart vir altyd sal gestrooi lê in die Kaap…
Dat ek nooit antwoorde sal hê…
Dat ek jou dalk net té lief gehad het…

Soos ek die Karoo agterlaat hoor ek weer die musiek;
Elandré sê “die langpad kan somstyds bietjie van mens wegvat”
Hoe waar is dit nie…



19/06/2019

1. Algemeen:
1.1. Die inskrywingsvorm moet volledig en korrek ingevul word.
1.2. Bewys van betaling moet na die regte vonkpos gestuur word voor of op die sluitingsdatum
1.3. Slegs oorspronklike gedigte mag ingeskryf word. Gedigte waarvan outeursreg aan ‘n buitestaander behoort mag slegs met skriftelike toestemming van so ‘n persoon af ingeskryf word.
1.4. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die GHA van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie.
1.5. Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in die Bloemlesing, Stemme
uit die Suiderland, gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers kopiereg aan die GHA ten opsigte van die gebruik van enige gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is en vir die gebruik in toekomstige publikasies.

2. Formaat:
2.1. GEEN PDF dokumente. Slegs MSWord (Doc/Docx) dokumente sal aanvaar word.
2.2. Letterstyl: Arial, 12 punt.
2.3. Lynspasie: 1.5
2.4. Lengte: Maksimum 40 Reëls
Gedigte wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie, sal gediskwalifiseer word.
3. Taalgebruik
3.1. Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans/ Standaardafrikaans geskryf wees.
3.2. Geen lasterlike- of onwelvoeglike taalgebruik sal toegelaat word nie.

4. Foto:
4.1. Kop en skouers.
4.2. Goed beligte selfoonfoto’s is aanvaarbaar.
4.3. Geen Skanderings of fotokopieë nie.

5. Beoordeling:
5.1. Beoordelings is finaal en geen briewewisseling sal gevoer word nie.

6. Inskrywingsgeld:
R30 per gedig.
Naam: GHA
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekening nommer:730140223
Verwysing: Naam van Deelnemer

7. Wenke:

NB: Digterlike vryheid is aan die orde van die dag. Moet nie gebind voel tot die letterlike betekenis van die titel nie.

29/05/2019

VANDAG:

Vandag
kies ek die lewe –
eenvoud
liefde
respek

Vandag
verban ek negatiwiteit –
bitterheid
haat
vrees

Vandag
is ‘n nuwe dag –
potensiaal
geleenthede
carpe diem!

© Estia

Address

Pretoria
0182

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gedigte / Poems posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category