OVDWatervleuel

OVDWatervleuel Orania Veiligheidsdienste se Watervleuel is 'n span vrywilligers wat waterredding beoefen.

03/06/2026
Ons publieke oefening op Vrydag 30 Mei was sommer 'n goeie praktiese oefening. Ons sê graag dankie vir die skare van ond...
01/06/2026

Ons publieke oefening op Vrydag 30 Mei was sommer 'n goeie praktiese oefening. Ons sê graag dankie vir die skare van ondersteuners op die brug! Al moes die bakkie bietjie swem, het ons vyf veilig in en uit die water gekom.

Ons is amper daar, is jy al op die brug?
29/05/2026

Ons is amper daar, is jy al op die brug?

068/202627 Mei 2026Geagte Oraniërs,UITNODIGING AAN INWONERS OM VRYDAG NA DIE WATERVLEUEL SE OEFENING TE KOM KYKOpsomming...
27/05/2026

068/2026
27 Mei 2026
Geagte Oraniërs,

UITNODIGING AAN INWONERS OM VRYDAG NA DIE WATERVLEUEL SE OEFENING TE KOM KYK

Opsomming : Daar sal eerskomende Vrydag (29 Mei 2026) om 16:30 ’n lewendige oefening van die Watervleuel op die rivier gehou word, en inwoners word genooi om dit vanaf die Vluytjieskraal-brug te kom besigtig.

Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na die Orania Weerbaarheidsvereniging (OWV) se jaarlikse openbare veiligheidsoefening, wat komende Vrydag, 29 Mei 2026, om 16:30 vanaf die Vluytjieskraal-Noord-brug besigtig kan word. Dit sal goed wees as toeskouers beplan om teen ongeveer 16:15 reeds te arriveer, sodat die strekking van die oefening vooraf kortliks aan hulle verduidelik kan word en hulle niks mis wanneer dit om 16:30 begin nie.

Die hoë riviervlak is ideaal vir ’n wateroefening, en die brug gaan vir toeskouers ’n baie goeie uitsig bied.

Ons versoek dat toeskouers langs die pad parkeer (die gras langs die pad sal vooraf gesny word) en dan te voet tot op die brug stap. Daar sal ook OWV-vrywilligers op die brug wees met radio’s, wat dit vir toeskouers moontlik sal maak om die gesimuleerde situasie reg te verstaan en die verloop van die oefening goed te volg.

Wees asseblief versigtig vir normale voertuigverkeer op die brug.

Vriendelike groete,
Theuns Wessels
OWV Bestuurder

18/04/2026

Swem in pas, nog 'n lang pad om oor die rivier te kom. So doen ons fiksheidsoefening.

Omdat ons span almal vrywilligers is, is ons dankbaar aan werkgewers wat ons die tyd afgee, al is party van hulle onssel...
18/04/2026

Omdat ons span almal vrywilligers is, is ons dankbaar aan werkgewers wat ons die tyd afgee, al is party van hulle onsself!

Spanlede nog in werksklere besig met voorbereiding, maar hardste werk vir die dag was die V-formasie swem van 'n paar beseerde 'kannetjies' oor die rivier.

Lekker koud in die herfs maar in die pragtige natuur.

Hoër riviervlakke beteken dat ons areas met die boot kan verken wat ontoeganklik is met laagwater. Kennis van die rivier...
13/03/2026

Hoër riviervlakke beteken dat ons areas met die boot kan verken wat ontoeganklik is met laagwater. Kennis van die rivier en omliggende omstandighede verg deurlopende verkenning.

Party van ons steek ook sommer hand op vir 'n ding al word ons nie eers gevra nie...

Address

Orania
8752

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when OVDWatervleuel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share